Ter wille van Talita. Helena Christina Hugo. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Helena Christina Hugo
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796318367
Скачать книгу
klein Herman. Vir die eerste keer was haar seun die toeskouer by ’n ernstige motorongeluk en nie die beseerde nie, en sy wou seker maak dat hy ’n les daaruit leer. Miskien kan hy dit as aanknopingspunt neem as hy eendag die kans kry om met klein Herman te gesels.

      “Wat dink julle was die oorsaak van verdeeldheid in die gemeente van die Korinte?”

      Theuns sit gereed met sy antwoord. “Naywer!”

      “Ja, en wat nog?”

      “Jaloesie.”

      “Twis.”

      “Wêreldsheid.”

      Die aand neem sy loop. Hulle deurtrap die gedeelte deeglik. Herman en Andrea is stil, maar luister met aandag. Theuns praat weer te veel. As voorbeelde van wêreldsheid haal Gerda Romeine 1:24-32 aan. Johan beklemtoon die nodigheid van groei in geloof, en dat Geesvervulde kinders van God hulle deur die Gees laat lei, nie deur selfsug en wêreldse begeertes nie. Hennie Gouws maak ’n waardevolle bydrae toe hy verklaar dat ’n mens nie vir die kerk moet werk om beloon te word nie. Theuns stem heelhartig saam. Hy verwag nie om geprys te word vir sy lojaliteit teenoor die gemeente, die predikant en die kerkraad nie. Sy verhouding met die Here is vir hom belangriker as sy gesin – en hulle is sy lewe.

      Johan sien hoe Gerda se oë rek. Haar mond gaan oop om iets te sê, maar sy doen dit nie. Bakker staar Theuns aan, sy lippe is saamgepers, sy vingers boor in sy arms wat hy voor hom op die tafel gevou het.

      “Die tyd het ons ingehaal,” sê Johan en maak sy Bybel toe. “As enigeen nog vrae het oor die gedeelte, bel my en maak ’n afspraak.”

      Vier

      Die nag slaap Johan sleg. Hy droom deurmekaar en bly so dors hy moet kort-kort opstaan om water te drink.

      “Dis Ragel en Tienie se feeskos,” troos Emma, wat ook ’n slag na die waterglas langs haar bed gryp.

      Die maaltyd was ryk en oordadig, maar dis Theuns wat die hoofrol speel in sy nagmerries. Hy het soos gewoonlik weer tot heel laaste by die kerk agtergebly – kastig gehelp vensters toemaak, maar so tydsaam dat hulle vanselfsprekend alleen was toe Johan die deur sluit.

      “Dominee het gehoor ek ry môre Vrystaat toe, maar ek moet dringend met Dominee praat voor iemand anders weer stories aandra. Dit staan in verband met my dogters. Dominee, hulle is my lewe. Ek wil en sal hulle nie op die spel plaas nie.”

      Theuns gebruik die vreemdste uitdrukkings en sy woordkeuse is nie altyd korrek nie, maar dié keer kon Johan nie sy verbasing wegsteek nie. “Wat bedoel jy, watter spel?”

      “George van der Merwe wil my ouerlike gesag ondermyn sodat hy kan bewys dat hy reg is, en dis nie goed vir hulle nie. Ek is hulle pa, nie George nie. Hy verwar hulle, erger nog hy …”

      Johan het hom nie gesteur aan die onafgeronde sin wat dramaties in die lug bly hang het nie. Hy het ook nie laat blyk dat George hom Dinsdag wil spreek nie. “Hoe laat wil jy kom?”

      “Voor agtuur as Dominee nie omgee nie. Ek moet Dinsdag op Bultfontein wees.”

      “Halfagt?”

      “Seweuur?”

      “Afgespreek.”

      Theuns het sy kenmerkende kniebuiging gemaak, sy hande biddend voor sy voorkop saamgeslaan, kastig nederig. Johan het gedink dis goed dat hy ook sy kant van die saak aanhoor. Maar vannag het hy gedroom Theuns stoot hom van die preekstoel af en skreeu hy verkondig kettery. Die gemeente is aan Theuns se kant. Hulle eis dat hy vir hulle preek. “Ons is vir Theuns van den Heever! Weg met Johan van Velden!” Bakker en Tienke, Gunther en Marta en sy liewe Emma is die enigstes wat hulle by hom skaar en langs hom kom staan.

      Toe hy wakker skrik, was sy mond so dor soos papier en moes hy dit ’n paar keer uitspoel voordat hy beter gevoel het. Hy het vir Emma gesê Theuns wil hom seweuur die oggend spreek, maar het niks van die nagmerrie vertel nie.

      Seker gister se Bybelstudie wat by hom gespook het, besluit hy toe hy sesuur onder die stort staan. Hy is saam met die voëls van vieruur af al wakker. Emma het langs hom gelê en snork en hy was weer dors genoeg om suutjies op te staan en dié keer kombuis toe te sluip. Hy het die ketel aangesit en tee gemaak, dit swart met ’n skyfie suur­lemoen in gedrink. In die studeerkamer het hy die gordyne oopgetrek en vir die voëls in die blompruim gekyk. Skemerdag het die tuin ’n sagte skynsel gegee.

      “Here, gee my wysheid vir hierdie dag,” het hy gebid.

      Hy het die Bybel oopgemaak by die boekmerk op die plek waar hy lees.

      Esegiël 34: Ek gaan optree teen die herders.

      Die opskrif het erg ooreengestem met sy droom.

      “Vader, as dit dan ek is wat verkeerd is, laat dit so wees,” het hy gebid.

      Hy het die hele hoofstuk gelees en besef dat die Here nie vir hom kwaad is nie, maar dat hy as herder ’n plig het om die Here se lammers te versorg. Dit het hom moed gegee, meer as wat hy verwag het. Theuns se bleek dogtertjies het voor sy geestesoog verskyn toe hy die profeet Esegiël se vermaning lees: Moet herders dan nie vir die kleinvee sorg nie?

      Daar is dissipline én dissipline, het hy besluit. Theuns is te streng met sy dogters. Hulle is so stil soos muise, maar hy pik gedurig op hulle. Hy hou hulle eenkant. Hy gun hulle nie die normale omgang met maats en ander volwassenes nie. Johan het maande aan hom gearbei om die meisietjies ten minste by die kategeseskool in te skryf. Dis hul tweede jaar en hulle kom goed reg, al mag hulle nie saamgaan na die jaarlikse piekniek op Lambertsbaai nie en al het Theuns alewig die een of ander beswaar teen die inhoud en aanbieding van die lesse.

      As hy op reis is, laat Edwina hulle toe om maats te sien – kinders wat hulle in die kategeseskool leer ken het. Talita en Danika gaan nie dagskool toe nie. Hulle word tuis onderrig. Edwina moet dit doen en Edwina het al voor Emma laat val dat sy bekommerd raak oor Talita wat in graad nege is. Sy het nie die vermoë om haar deur matriek te kry nie. Graad tien lê al soos ’n berg voor haar. Sy leer saam met haar dogters en soms snap hulle die uitkoms voordat sy die vraag verstaan. Sy wil hulle skool toe stuur, maar Theuns wil niks weet nie. Hy sal self inspring indien nodig, maar hy is nie alte geduldig nie en sy weet dit gaan hom frustreer.

      Edwina help by die kerk. Sy doen naaldwerk vir die Kermis se naaldwerktafel en sy kook vir die sopkombuis – net as Theuns uitstedig is, want hy het besware. Emma het probeer uitvind watter besware, maar Edwina praat dit weg. Sy is stil en eenkant en sy het nie vriendinne nie, behalwe miskien Gerda Schoonraad wat haar al omgepraat het om haar en haar dogters Lambertsbaai toe te vat sonder Theuns se medewete. Dis Gerda wat Edwina by die vrouediens betrek het en wat haar besoek – selfs wanneer Theuns tuis is. Sy het voor Emma laat blyk dat Edwina te sag is vir Theuns. Dit is nie nuus nie. Die dorpsmense praat oor die vreemde Van den Heevers, al kon niemand nog met iets konkreets vorendag kom nie – net dat Theuns besitlik, jaloers en streng is en dat Edwina en die meisies blykbaar daarby aangepas het. Die meisietjies is so pynlik skaam en teruggetrokke – veral Talita. Sy kyk jou selde in die oë.

      Theuns se onverdraagsaamheid van gister het by Johan vasgesteek. Hy is gewoonlik geduldiger met hulle. Gister het hy sy frustrasie openlik op hulle uitgehaal. Sou dit die jaarlikse piekniek wees of het die Kersspel hom omgekrap?

      Johan besef dat hy te lank onder die stort staan toe Emma aan die badkamerdeur hamer. “Ek het vir jou ontbyt gemaak sodat jy iets in jou maag kan kry voor Theuns jou kom aanvat.”

      Dis twintig oor ses. Hy sal moet vinnig afdroog en aantrek om Emma nie teleur te stel nie. Sy het vir hulle die tafel gedek.

      “Die Le Roux’s het gebel. Hulle kom môreaand hier oorslaap. Nou nie ’n bus vol Vrystaters nie. Darem twee mense teen driehonderd rand elk.” Emma lyk moeg.

      “Is jy seker die gastehuis raak nie te veel vir jou nie?”

      “Dis die einde van die seisoen, Johan. Van nou af gaan dit rustiger.”

      “Jy werk