Ter wille van Talita. Helena Christina Hugo. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Helena Christina Hugo
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796318367
Скачать книгу
lyk ook meer na hom, waar Talita haar ma uitgeknip is.

      “Goeiemiddag, Dominee.”

      Haar handdruk knyp nogal.

      “Dag, Danika. Hoe gaan dit vandag?”

      “Goed. My pa is nie hier nie, nou kan ons koekies bak.”

      “Danika!” wil Edwina keer.

      “Dis nie ek nie, Mamma het gesê …”

      “Sal Dominee koffie drink?”

      “Dankie, dit sal lekker wees.”

      Johan kan nie onthou of hy al hier was as Theuns nie by is nie. Vandag neem hy sy kans waar om Edwina uit te vra. Al draai Theuns in sy spore om en daag skielik op, hy het rede.

      “Gaan sê vir Talita,” por Edwina.

      Die kind is traag om te loop.

      “Dit lyk soos Hawaii,” sê Johan en wys na die prent.

      Danika knik oordrewe. “Hulle het ’n vuurspuwende berg en dis so warm soos die hel. Dis hoekom die meisies daar kaal dans. Hulle kry warm.”

      Edwina bloos, maar Johan lag. “Wie sê so, jou pa?”

      “My ma, en ons mag nie vir hom sê nie, anders sal hy weer ons gatvelle aftrek.”

      “Danika, jou mond gaan met seep uitgewas word!”

      Edwina klink dreigend, maar haar oë lag.

      “Mamma sal tog nie.”

      En weg is Danika.

      Edwina druk haar handpalm teen haar voorkop. “Die kind steek my in die skande.” Sy kyk op. “Sy sal dit nie waag met haar pa nie.”

      “Sy’s ’n klein grapjas. Sy wil mense laat lag.” Johan onthou hoe sy Sondagoggend vir Theuns probeer oortuig het dat sy net haar toontjies oor die drumpel van die konsistoriedeur het.

      “Sy’s moedswillig. Sy toets ’n mens. Theuns kan dit nie verdra nie.”

      “En dan kry sy pak?”

      Edwina kyk op en kyk dan na die lelike rooi afdruk teen die muur. Daar is swart kringe onder haar oë en haar wange is ingeval. Sy lyk siek en maer, verpluk soos ’n verdwaalde hoendertjie. Hoe oud is sy? Hy kan nie raai nie. Iewers in haar veertigs? Hy sal op die kerk se lidmaatskapslyste moet gaan kyk. Johan sit effens vorentoe en praat sag met haar.

      “Ek is hier om te luister, nie om te oordeel nie.”

      “Dominee, hy …”

      Haar moed begeef haar, haar mond bewe.

      “Edwina, wat is dit?”

      “Dominee, hy kom uit ’n streng huis, sy pa … sy pa was wreed. Dis Theuns wat van gatvelle praat. Dit kom van sy pa af.”

      Sy haal diep asem en byt haar onderlip vas. Johan wag.

      “Hy slaan hulle, vir haar die meeste. Sy het Sondag behoorlik deur­geloop en ek … Ek praat nou uit die huis uit, maar ek kan nie meer nie.” Dit lyk asof sy tot tien tel voordat sy voortgaan. “Theuns raak rasend as hulle hom nie respekteer nie. Hy vergeet dat kinders na-apers is. Hy eien hom woorde en dinge toe wat hy ons nie gun nie. Danika is sy kind. Sy leer by hom – en dan wil hy haar afransel. Talita het haar Sondag weer uit sy greep losgeskeur en toe storm hy op my af.”

      “Slaan hy jou? Lig hy sy hand vir jou ook?”

      Edwina kyk hom reguit aan toe sy haar langmoubloes se boonste twee knope losknoop en oor haar skouers laat afsak. Die bloedkolle en ou kneusplekke om haar halslyn spreek boekdele.

      Vader, wat gaan hier aan? Hoe is dit moontlik?

      “Edwina … Hoe lank is dit al aan die gang?”

      Sy trek haar bloes reg, maak dit weer netjies vas. “Deesdae kry ek die gevoel dat hy my wil dood hê.”

      “Gister? Is dit dié dat jy nie by die Bybelstudie was nie?”

      “Hy’t my in die kamer toegesluit. Die kos het op die stoof verbrand. Hy’t dit met potte en al op die komposhoop gegooi. Toe bak hy vir hom eiers. Ons het nie geëet nie. Later, teen sesuur se kant, het hy vir my oopgesluit, omdat hy ’n skoon hemp in die klerekas moes kry … vir die kerk. Die Here het hom deur die Bybelstudie wat julle gedoen het, van skuld en sonde oortuig. Hy’t toe weer by my kom huil, op sy knieë gesmeek om vergewe te word, gesmeek dat ek by hom moet bly, hy sal hom regruk.”

      Johan kan sy ore nie glo nie. Edwina – wat altyd dweep met haar wonderlike man wat so goed vir hulle sorg, hy doen homself tekort, haar man wat so onselfsugtig is, hy sal deur vuur loop vir haar en sy dogtertjies – kla hom aan van mishandeling?

      “Dominee, ek weet nie watter kant toe nie. Dis net ons … Ons teer op mekaar. Ek kan dit nie meer vat nie.”

      Oplossings maal deur sy kop, lang gesprekke met Theuns, reguit woorde, sensuur, inperking, egskeiding. Edwina en die meisies kan in die kothuis op die pastorie-erf kom woon totdat alles afgehandel is. Sy moet ’n klag van aanranding by die polisie indien. Die man hoort agter tralies. Johan maak keel skoon en skuif hom reg. Voordat hy sy saak kan stel, is dit Edwina wat praat.

      “As hy net die kinders wil toelaat om skool toe te gaan en vir my om my uit te leef hier in die huis.” Haar gesig is betraand, maar sy is vasbeslote. “Ek sal hom nóóit verlaat nie. Ek kan nie.”

      “Edwina, jou lewe is in gevaar.”

      “Ek kan nie sonder hom leef nie, Dominee.” Sy pluk ’n sakdoek uit haar roksak, vee haar trane af en blaas haar neus. Sy is skielik weer Edwina van den Heever, in beheer van haar emosies en redelik afsydig. “Dominee, praat met hom oor die kinders. Dis al wat ek vra.”

      “Dit het ons reeds gedoen en miskien het hy jou ook laat weet wat hy besluit het.”

      “Oor die Kersspel?”

      “Hulle mag deelneem.”

      “Ja, ek is só dankbaar en die meisies is opgewonde. Ek gaan aanbied om te help met die maak van die kostuums. Talita het gesê hulle soek mammas wat kan naaldwerk doen, en ek kan. Ek sal enigiets doen om Theuns trots te maak op my. Dis ’n deurbraak dat hy ingewillig het. Dis gebedsverhoring.”

      Johan het nie die moed om haar te vertel dat Theuns ’n voorwaarde aan die deelname heg nie. Miskien het hy haar ook ingelig, en dis nie vir haar ongewoon nie. Dis deel van sy beskermingsdrang, dis al, sou sy sê.

      “As dit goed gaan met die Kersspel, sal hy sien dis beter dat hulle skool toe gaan. Ek het net graad tien. Ek kan hulle nie verder leer nie, en Theuns wil dit nie insien nie.”

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4AAQSkZJRgABAQEBLAEsAAD/4Q80RXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUA AAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAAagEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdp AAQAAAABAAAApAAAANAALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9