Ter wille van Talita. Helena Christina Hugo. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Helena Christina Hugo
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796318367
Скачать книгу
hy gesien dat daar ’n hart in die haantjie se lyf is, dat hy omgee vir sy oupa. Hy sal vir Emma sê hulle oordeel te maklik. Klein Herman kan nes Theuns van den Heever ook seerkry.

      Johan skakel sy selfoon aan. Daar is twee onopgeëiste oproepe en vier boodskappe. Een van die oproepe en een van die boodskappe kom van Emma. Die ander is almal van Theuns.

      Ses

      Dis laatmiddag toe Johan na die Van den Heevers oorstap. Hy bring die vyf kilogram rys wat Edwina vir die sopkombuis moet kook en sy gerusstelling. Theuns het toegegee. Talita en Danika se name kan op die Kersspellys bly, maar hy behou die reg om hulle enige tyd te onttrek indien die oefeninge te veel van hul skooltyd in beslag neem en/of die inhoud en aanbieding hom nie aanstaan nie.

      Johan was verlig, maar Emma het amper sy selfoon laat val toe sy die boodskap lees. “Moet daar altyd ’n kodisil wees!”

      “Dis om sy waardigheid te beskerm, Emma.”

      “Dis om jou onder sy duim te hou en die kinders op hulle senuwees.”

      “Ons sal sien. Ek moes my woorde vandag twee keer sluk. Ek gaan nie weer nie.”

      “Johan, wees realisties. Theuns is ’n manipuleerder, al het hy dit aangeleer om homself te beskerm.”

      “Ek sal nie dat die meisietjies benadeel word nie. Ek sal my oë oophou.”

      Emma het gesug. “Spyt kom altyd te laat.”

      “Jy’s reg, en ek het vandag weer besef dat ’n mens betyds moet regmaak. Ek sien dit altyd om sterfbeddens. Ek het dit by oom Maans ook ervaar. Herman en klein Herman het nie woorde nie. Hulle is bang, want hulle erf nie net die plaas nie, hulle erf ook die einde.”

      “Mense soos Herman raak so besig met die verantwoordelikheid wat hul besittings meebring dat hulle vergeet waar dit vandaan kom.”

      “Hulle het oom Maans afgeskeep en nou is dit te laat om te praat. Ek hoef dit nie vir hulle te sê nie. Hulle weet dit, selfs klein Herman. Daar is nog hoop vir hom, Emma.”

      “Sonder Rentia!” het Emma uitgeroep.

      Hy wou nog meer ter versagting van die jongman sê, maar sy het besig geraak met die voorrade vir die sopkombuis – lysies afgetik en sakke volgepak. Hy het haar gelos om te doen wat sy goed kan doen en studeerkamer toe gestap. Daar het hy agter sy lessenaar gaan sit en sy dagboek oopgemaak. Een afspraak vir môreoggend.

      Negeuur: George van der Merwe.

      Daarna doen hy huisbesoek. Hier is afgetredenes wat van hom verwag om hulle gereeld te besoek en hy doen dit met plesier. Sy gemeente is klein genoeg sodat hy darem kan byhou. Hy gaan selfs na huisgesinne wat nie by sy kerk inskakel nie. So het hy al gemeentelede gewen. Hy is nie bang om aan deure te klop waar hy nie welkom is nie. Noudat die sopkombuis weer aan die gang is, nooi hy hulle uit. Hulle gee nie om om saam te eet nie en al sit hulle eenkant, almal ken hulle. Dis ’n klein en hegte gemeenskap hierdie en dis juis sulkes wat die kerk in die een of ander stadium van hul lewe nodig kry.

      Dood, die groot gelykmaker, het hy geskryf op die los papier wat langs die dagboek lê.

      Hy het swartgallig gevoel ná die oggend by oom Maans, maar dit druis in teen sy geaardheid. Hy het sy oë toegemaak en gebid dat hy nie aan die dood moet dink nie, maar aan die lewe. Hy het die Bybel oopgeslaan en 1 Korintiërs 15 deurgelees. Hy het vers 55 neergeskryf: Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?

      Toe het hy gebid dat die Bezuidenhouts vrede moet vind.

      Hy het daarna ’n rustigheid ondervind wat hom op pad na die Van den Heevers bygebly het. Hoekom is hy dan senuweeagtig noudat hy op hul blinkgevryfde voorstoep staan? Hy ken die huis, hy weet wat om binne te verwag en hy bring goeie nuus. Waarom is hy huiwerig om die klokkie te druk? Is dit die stilte wat hom pla of die gestrooptheid van die stoep – eenkant ’n groen geverfde bank en verder nie eens ’n varing in ’n blik nie?

      “Theuns hou nie van stoepplante nie,” het Edwina een aand verklaar, haar hande in haar skoot saamgewring.

      “Sy ook nie, minder moeite vir haar,” het Theuns gesê.

      Edwina het nie gestry nie, net weggekyk. Danika het aan Talita gestamp, haar lippies dungepers. Johan het al gesien hoe sny Edwina gras. Sy is ’n flukse vrou en sulke vroue hou daarvan om plante in blikke en houers te versorg. Hy het dit egter nie gewaag om die gesprek in daardie rigting voort te sit nie, maar die gesin se Bybel oopgeslaan. Talita het dit met die intrapslag gaan haal – ’n groot Familiebybel oorgetrek met plastiek en duidelik gereeld in gebruik.

      “Ons glo aan huisgodsdiens, elke oggend en elke aand. Edwina moet waarneem wanneer ek weg is. As ek hier is, tree ek op as priester, soos dit hoort. Dominee sien, dis my werk, dit neem my dikwels van die huis af weg. Ek is ’n gesinsman. Dit pla my dat ek reis. Ongelukkig kan ek nie anders nie.”

      Theuns se woorde weergalm in sy ore.

      Ek is ’n gesinsman, ek is ’n priester, ek is ’n profeet, ek is ’n koning.

      Theuns beheer sy gesin met ’n ysterhand.

      Hoekom het hy nog nooit voorheen die tekens so duidelik gelees nie?

      Johan druk die klokkie met mening. Daar is ’n loergaatjie in die deur, ’n veiligheidshek en diefwering voor die vensters. Die klokkie lui asof in ’n leë huis, so klink dit. Maar die deur word feitlik onmiddellik oopgemaak. Dis Edwina.

      “Ek het Dominee deur die venster sien kom,” groet sy.

      “Middag, Edwina.”

      Sy sukkel met die veiligheidshek. “Skies, Dominee, die slot is stram.”

      Sy het klein, skraal hande wat lyk asof hulle nie sterk genoeg is vir stukkende slotte nie. Hy kyk ’n ruk lank voordat hy praat. “Kan ek help?”

      “Dominee, hy’t ’n slegte vangplek ontwikkel. ’n Mens moet weet hoe.” Sy ruk die hek na haar kant toe, maar die sleutel wil steeds nie draai nie. “Talita!” roep sy na agter.

      Die meisie verskyn asof sy gereed gestaan het. Sy sluit die hek met haar eerste probeerslag oop.

      “Dankie, my kind. Groet vir Dominee.”

      “Middag, Dominee.”

      Johan verwonder hom aan haar. Sy is engelagtig mooi, maar so inkennig sy tree dadelik agteruit. Dit maak hom ook ongemaklik. Hy is tog nie van plan om haar seer te maak nie, of is hy dalk so afstootlik vir haar? Hy hou die sak met rys na Edwina toe uit.

      “Die rys vir die sopkombuis. Emma stuur dit.”

      Sy gee dit vir Talita aan. “Vat dit kombuis toe. Mamma praat gou met Dominee.”

      Johan sien Danika om die hoekie loer. Hy glimlag vir haar en sy glimlag terug. Edwina beduie na die sitkamer. “Het Dominee tyd?”

      “Ek kan gerus ’n bietjie gesels.”

      Die sitkamer is smaakloos gemeubileer. Daar staan ’n kiaathoutstel wat Theuns by die Bezuidenhouts oorgeneem het. Die kussings is dieselfde groen as die gordyne. Die koffietafel het ’n gehekelde lappie oor, ’n groen glasbak presies in die middel, ’n geraamde “Onse Vader” met biddende hande in koper. Die afdruk teen die oorkantste muur trek Johan se aandag. Dis van ’n rooi sonsondergang met swart palmbome in die voorgrond en is seker veronderstel om te verfraai, maar dit versterk die neerdrukkendheid van die vertrek.

      “Dis nuut,” sê hy en wys na die afdruk.

      “Theuns het dit gekoop. Hy hou daarvan.”

      “En jy? Wat dink jy daarvan?” Johan kyk indringend na Edwina.

      “Dominee kan sit.”

      “Jy hou nie van die afdruk nie.”

      “Theuns hou daarvan.”

      Danika huppel skielik deur