'n Lewe voor God. Stephan Joubert. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Stephan Joubert
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796321343
Скачать книгу
hy hoekom sy dit doen. “Dit dra geen vrugte nie,” sê sy.

      “Nee, jy’s verkeerd, kyk net al die vrugte aan die takke wat oorhang aan my kant van die muur,” sê die buurman. Toe die vrou oor die muur loer, sien sy dat dit regtig so is.

      Ons moet besef dat die lewe nie net om onsself en ons eie geluk draai nie. Ons moet ophou vra wat ander mense vir ons kan doen en ’n slag begin vra wat ons vir ander kan beteken. Soos Boas, moet ons toelaat dat mense op ons voorstoep genade en brood vind. Selfs al sien ons nie die resultate van ons pogings aan hierdie kant van die graf nie, moet ons elke dag goeddoen aan ander. Kyk net wat het Boas se goeie dade hom op die ou end in die sak gebring: ’n nuwe vrou en ’n seun uit wie koning Dawid later gebore is!

      Mense wat agter God aanstap, leef tot voordeel van hulle bure, kollegas, vriende en die kerk. Laat jou lewe dan ook hierdie week ’n ryk en goeie oes oplewer. Laat ander mense voordeel put uit hulle kontak met jou!

      Christus, laat my vrugte dra vir ander.

      15 FEBRUARIE Lees Markus 10:13-15

      Die kleintjies is die grootste!

      “Laat die kindertjies na My toe kom …” (14).

      Dalk koester jy mooi herinneringe oor jou kinders of kleinkinders se geloofsbelewenisse. ’n Kennis het eenmaal vertel van ’n jong familielid wat die ou Hallelujalied: “As die lewenstorme woedend om jou slaan” verander het na: “As die lewe storm, moet jy woedend om jou slaan.” ’n Ander outjie het die ou Gesang 47: “Op berge en in dale” verander na: “Oom Bertus se sandale.”

      Kinders se geloof is ongekunsteld en opreg. Hulle onskuld maak hulle meer opreg en eerlik as wat grootmense ooit kan wees. Dit is jammer dat ons ons drome so gou langs die harde pad van die lewe verloor: dat ons ons vertroue in mekaar, en dikwels ook in God, verloor. Ons het lankal verleer om die onmoontlike van God en van ander te verwag, wat nog te sê, goeie dinge!

      Jesus is lief vir kinders … Is dit dan nie hoog tyd dat jy ook agteruit begin groei en weer ’n kind begin word nie? Daar is soveel vreugde in die lewe te vind wanneer jy weer jou kinderskoene aantrek. Gaan leer gerus ’n slag by die kleintjies. Dan tel jy regtig onder die geseëndes van die Here. Dan laat Hy jou altyd baie naby aan Hom toe.

      Here Jesus, laat my weer soos ’n kind voor U leef!

      16 FEBRUARIE Lees Markus 10:35-45

      Vergeet ’n slag van goeie sitplekke!

      “Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees …” (43).

      Armoede is oral rondom ons. Baie mense leef onder die broodlyn. Vigs dra ook by tot hierdie ellende. Daar is miljoene weeskinders in Afrika as gevolg van vigs en ander siektes.

      ’n Mens kan nooit jou rug draai op swaarkry nie; nie as jy ’n gelowige is nie. Die Here se kinders het ’n hart vir ander mense – veral vir dié in nood. Jesus sê in Markus 10 dat sy soort mense nooit hardloop vir die voorste en die beste sitplekke nie. Nee, hulle staan agter in die ry. Hulle bedien ander mense. Jesus se mense is vriende met die armes en die uitgeworpenes. Gelowiges deel gedurig lewende brood en gewone brood aan sulke mense uit. Want die liefde van die Here vra dat jy nie net vir ander jammer sal voel nie, maar hulle ook daadwerklik sal help. Jy hoef ook nie ver te soek om hulle raak te loop nie. Daar is altyd gelowiges rondom ons wat swaar kry. Ons mag hulle nooit aan hulle eie lot oorlaat nie. Dan is ons konings en koninginne in plaas van dienaars en dienaresse. Ware grootheid beteken juis dat ons ander se laste op ons eie skouers sal dra. Nou toe!

      Jesus, Here, maak my oë en my hande oop vir ander se nood.

      17 FEBRUARIE Lees Lukas 9:46-48

      Word weer klein én belangrik

      “Elkeen wat hierdie kindjie in my Naam ontvang, ontvang My, en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het” (47).

      Het jy al in die stilligheid gewonder wie die belangrikste in die hele wêreld is, of dalk in God se oë? Wel, nou het jy uiteindelik die antwoord: Die heel grootste van almal is nie een van die profete nie. Ook nie Moses of Elia, Dawid of Salomo nie. Nee, dit is ’n kind! Jesus self sê so. Nie eens die Nuwe Testamentiese geloofshelde soos Paulus of Petrus kwalifiseer vir die posisie van die grootste gelowige in die heelal nie. Nee, klein kindertjies, die heel onbelangrikste lede van die huisgesinne van daardie tyd, is die belangrikste in God se oë. Nie omdat hulle geloof so groot is nie. Nee, Jesus kies kinders uit omdat hulle so nederig is. Hulle kyk op na God. Hulle buig voor Hom. Kinders kyk ook op na grootmense. Hulle is bereid om die minste te wees. Nee, hulle is sommer outomaties die minste omdat hulle die kleinste en die swakste in die huishouding is. Almal is groter en sterker as hulle. Almal troon bo hulle uit.

      Het jy al weer ’n kind geword? Kyk jy op na ander soos wat Jesus van jou verwag? Respekteer jy ander wat kleiner en onbelangriker as jy is? Wat sê jou werkers van jou, of daardie mense agter die winkel se toonbank? Sien hulle jou as een van die Here se kindertjies wat nog respek vir ander het? Of nie? Nou ja, gaan val nou dadelik agter in die ry in. Jesus hou daar vir jou plek. Hy wil hê jy moet groot wees in jou eie klein-wees.

      Here Jesus, leer my om klein te word.

      18 FEBRUARIE Lees Matteus 12:33-30

      Skuil by die Een wat die sterkste is

      “Aangesien Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom” (28).

      Dit help partykeer om sterk mense aan jou kant te hê, nie waar nie? Dink maar net hoeveel keer op skool die sterkste ouens die beste daaraan toe was; hoe hulle die gewildste was en die meeste vriende rondom hulle gehad het. Om in die teenwoordigheid van krag te wees, laat swak mense gewoonlik veilig voel. Dit gee hulle moed om vir die lewe tong uit te steek.

      Wel, as jy op hierdie einste oomblik op soek is na iemand wat baie sterk is om jou op te pas, dan is jy op die regte plek as jy by Jesus kom wegkruip. Niemand is sterker as Hy nie. Toe Hy aarde toe gekom het, het Hy die “sterk man” (v 29) kom aanvat en al sy wapens in ’n oogwink vernietig. Satan was immers die koning van die sondige wêreld. Niemand het dit gewaag om met hom te sukkel nie. En toe stap Jesus hier op Satan se terrein in en slaan hom daar in die woestyn drie keer pens en pootjies onderstebo. Daarna het Jesus keer op keer sy demone uitgeknikker as Hy hulle in mense raakgeloop het.

      Jesus is sterker as die sterk man. Hy is die kampioen van die heelal. Want Hy het Satan en die dood en die sonde kom aanvat en hulle almal gewen. Praat van krag! Kom skuil daarom vandag by Jesus. Hy sal jou beskerm teen alle aanslae van die Bose. Hy sal jou lewe bewaar, nou en vir altyd!

      Here Jesus, ek het u groot krag vandag bitter nodig.

      19 FEBRUARIE Lees Romeine 16:1-2

      Oop harte vir mekaar

      Ek beveel ons suster Febe wat diaken is in die gemeente in Kenchreë, by julle aan (1).

      In die vroeë kerk was daar ’n groot netwerk van vriendskap wat gelowiges in staat gestel het om by ander gelowiges tuis te gaan sonder dat hulle mekaar eens geken het. Omdat daar nie hotelle in daardie tyd was nie en omdat herberge maar berugte plekke was, was mense afhanklik van die gasvryheid van ander wanneer hulle in vreemde stede of dorpe gaan oorbly het. In daardie tyd het plaaslike Christene mekaar egter gehelp deur reisende gelowiges van briewe te voorsien wat hulle kon saamvat na gelowiges in ander stede. Hulle sou help met slaapplek en kos. Paulus volg so ’n strategie wanneer hy nou vir Febe, ’n kerkleier in Kenchreë, een van die hawedorpies van Korinte, aanbeveel by die gelowiges in Rome. Hierdie vrou is op pad na Rome toe; daarom neem Paulus die vrymoedigheid om die Christene wat daar bly, te vra om haar goed te ontvang en gasvryheid aan haar te bewys.

      In ons tyd moet ons steeds oop harte en oop hande vir mekaar hê. Ons as Christene moet altyd bereid wees om medegelowiges te help en van die nodige te voorsien as hulle swaar kry. Selfs daardie gelowiges wat ons nie op die naam ken nie, is steeds ons broers en susters in die Here. Ons is mekaar se bloedfamilie; daarom