'n Lewe voor God. Stephan Joubert. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Stephan Joubert
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796321343
Скачать книгу
die regte pad na God toe? Spreuke sê dit is heel eenvoudig: Maak maar net jou ore oop en luister na God. Dan stap jy op sy pad. Ware kennis en insig kom net van die Here af. Daarom moet ’n mens maar elke oggend by sy voete gaan sit en die pad vra. Jy moet elke keer opnuut hoor wat die regte pad is wat jy moet bewandel.

      Wanneer ’n mens by die Here die pad gaan vra, weet jy Hy sal die regte koers aanwys. Hy sal jou reg lei. Hy sal sorg dat jy nie verdwaal en agter verkeerde dinge aanloop nie. Dit waarborg God swart op wit in sy Woord. Hy sal jou op hierdie pad veilig bewaar. Wat ’n belofte! Gryp hierdie kans met albei hande aan.

      Here, ek kom vra in Jesus se Naam vandag die regte pad by U.

      3 MAART Lees Spreuke 3:1-10

      Vertrou die Here met jou hele lewe

      Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou op die regte pad laat loop (6).

      Spreuke is ’n boek propvol praktiese geloofslesse wat jou leer wat om te doen en wat nie. Dit verduidelik aan jou watter versoekings jy moet systap en hoekom. Ook wat jy moet sê, en wanneer jy moet stilbly. Kom ons leer vandag een van hierdie belangrike lesse.

      Wyse mense is mense wat die Here vertrou met die besonderhede van hulle lewe. So leer Spreuke 3:6. Moenie vir een enkele oomblik dink jy is sterk of slim genoeg om self jou lewe te beplan nie, want jy is nie! Jy weet nie hoe nie. Jy is te swak. Jy sal verdwaal en die spoor byster raak. Doen iets beters as om self die kastaiings uit die vuur te probeer krap: Vertrou op die Here, selfs wat die heel kleinste dingetjies in jou lewe betref. Soek by Hom raad wanneer jy oor ’n beroep moet besluit. Vra na God se wil as jy wonder of jy met iemand vriende moet maak, of nie. Klop aan om raad by die hemelse deure as jy die een of ander nuwe projek in die Naam van die Here wil aanpak.

      Kyk altyd op na God. Laat Hy jou lei deur sy wysheid. Dien Hom met oorgawe. Dan staan jy elke dag vierkant in die lig van God se genade.

      Here, leer my om al die besonderhede van my lewe aan U toe te vertrou.

      4 MAART Lees Spreuke 4:1-9

      Wysheid wen elke keer

      Die wysheid kom eerste (7).

      Wysheid wen altyd. In elke resies breek dit die lint voor al die dwaashede van hierdie wêreld. Mense wat op wysheid se pad stap, het die kuns om te lewe bemeester. Hulle weet wat om te doen en hoe om te leef. Hulle leer al van kleins af om reg te luister sodat hulle God se stem kan hoor. Hulle leer ook in die proses om na hulle ouers te luister. Trouens, die kenmerk van sulke mense is dat hulle altyd die goeie raad van ander ter harte neem.

      Ons leef in ’n wêreld waar mense se waarde afneem namate hulle ouer word. Dit is jammer, want mense se waarde voor God neem juis toe hoe langer hulle op sy pad wandel. Ouer mense beskik oor ’n skatkis vol kennis en wysheid. Hulle is rolmodelle en mentors wat vir ander die pad aandui. Daarom moet die jonges by hulle kom leer.

      Kom wysheid eerste in jou lewe? Wen dit al die dwaashede wat jy elke dag rondom jou sien en hoor? Kom dit eerste in jou optrede teenoor jonk en oud? Weerspieël jou doen en late dit? Indien nie, skryf dan dadelik in by die Here se skool van wysheid. Dit is nog nie te laat nie!

      Here, laat my leer by mense wat wysheid het.

      5 MAART Lees Spreuke 5:1-6

      Versoekings het ’n naam en ’n adres!

      Die slegte vrou se lippe drup van die heuning … (3).

      Sonde is nie iets abstraks nie. Nee, dit het gewoonlik ’n naam en ’n adres. Spreuke waarsku daarom gereeld teen mense met die verkeerde naam wat by die verkeerde adres bly – verleidelike vroue wat in Doodloopstraat woon!

      Te veel mense maak hulle skuldig aan sondige seksuele verhoudings. Gesellinklubs, slegte webtuistes op die internet en maklik bekombare sondes maak dat baie mans en vroue gereeld in die Bose se lokvalle beland. Dit is lewensgevaarlik. Hoekom? Omdat dit ’n mens se lewe vernietig. Al lyk die verbode vrugte voor die tyd so aanloklik, moet jy net vir ’n oomblik dink hoe sleg en bitter daardie einste vrugte ná die tyd gaan proe. Dit gaan jou hele lewe vergiftig. Jy stap op die pad van die dood as jy na ’n sondige verhouding in Doodloopstraat toe stap. Jy speel met alles wat heilig en mooi en goed is as jy selfs net vir ’n oomblik toegee aan hierdie versoekings. Moenie! Dink mooi wat jy doen! Tree asseblief met wysheid op.

      Bid vandag dat die Here jou sal bewaar teen al die verkeerde paaie wat kruis en dwars oor jou lewenspad kronkel.

      Grote God, ek smeek U om my te bewaar teen sonde.

      6 MAART Lees Spreuke 6:6

      Wees fluks

      Gaan kyk na die mier, luiaard (6).

      Interessant dat die Spreukeboek nie te negatief oor rykdom is nie. Anders as baie ander Bybelboeke meen Spreuke dat armoede gewoonlik aan mense se luiheid te wyte is. Dit is hulle eie skuld omdat hulle heeltyd met handjies gevou rondsit. Hulle sal liewer nog ’n bietjie sluimer en slaap as om hulle moue op te rol en hard te werk. Hulle sal liewer agteroorsit sodat ander die werk kan doen as om in te spring en self iets reg te kry. Geen wonder nie dat armoede hulle dan soos ’n dief in die nag oorval.

      Moenie lui wees en op jou louere rus nie. Leer by die klein miertjies wat hard werk in die somer sodat hulle in die winter genoeg kos kan hê. Jy het ’n verantwoordelikheid om hard te werk, want die Here verwag dit van jou. Hy het jou nie geskep om ydel en verveeld rond te lê nie. Gryp die kanse aan wat die lewe jou bied, al is dit min. Maar benut dit.

      Die Here se eer is op die spel. Jy is ’n lewende advertensie vir Hom. As jy jou geleenthede nie benut nie, weerkaats jy bitter min van God se goedheid en grootheid. Trek jou sokkies op en laat staan jou luiheid. Dan hoef jy nie bakhand rond te staan en te bedel nie.

      Christus, dankie dat ek kan werk.

      7 MAART Lees Spreuke 7:1

      Wyse mense luister en leef

      Maak wat ek vir jou sê jou eie, my seun … (1).

      Omdat die kerk soms nalaat om aandag te gee aan gelowiges se gedagtewêreld, gee baie kerkmense aan hulle verbeelding vrye teuels. Dan droom hulle wat hulle wil en waaroor hulle wil. Die resultaat is dikwels skrikwekkend. Dit lei maklik tot die skepping van ’n privaat wêreld wat heeltemal anders daar uitsien as die beeld wat hulle na buite toe uitstraal. Baie mense droom veels te maklik in die geheim oor seks met iemand anders buite hulle huwelik. Of hulle raak verslaaf aan pornografie op die internet omdat hulle daar in hulle verbeelding skelmpies owerspel kan pleeg. Ander mense bou weer lugkastele oor iets soos die Lotto omdat hulle elke keer wanneer hulle daardie kaartjies koop, “sien” hoe hulle wen en wat hulle met al daardie geld gaan maak. Dit lei gou tot verslawende gewoontes. Slegte gedrag wat jou lewe verwoes, begin in jou gedagtes! Die prentjies wat jy daar skep en die drome wat jy daaromheen bou, beïnvloed jou hele lewe.

      Leer vandag by Spreuke om sonde te systap. Laat God jou gedagtes beheer. Dink reg, dan doen jy ook die regte dinge.

      Here, maak my vry van verkeerde gedagtes.

      8 MAART Lees Spreuke 8:1-21

      Wysheid praat

      Dit is Wysheid self wat roep (1).

      Wysheid is ’n vrou! Ja, die Spreukeboek stel wysheid voor as ’n vrou wat langs die lewenspad stelling inneem. Haar droom is om die wêreld te verander met haar “handelsware”.

      Wysheid se taak: Om almal wat by haar verbystap te roep om by haar te kom leer.

      Wysheid se “handelsware”: insig, kennis, waarheid, verstand en ’n vol en vervulde lewe op die Here se pad.

      Waarom moet mense by Wysheid kom koop? Omdat haar “handelsware” meer werd is as goud en silwer. Dit bied aan elkeen nuwe lewe.

      Wysheid se vyande: hoogmoed, verwaandheid, haat, slinkse woorde en ’n verkeerde lewe.

      Die uitkoms vir