Gister is verby. Juanita Aggenbach. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Juanita Aggenbach
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Контркультура
Год издания: 0
isbn: 9780798176330
Скачать книгу
situasie.

      “Ek verstaan,” sê hy. “Die borgaansoeke is eerste ding in die oggend. Jy en jou ma moet maar albei daar wees. My kantoor is by die hof, kom sien my voor die sitting, so halfnege. Die hof begin negeuur.”

      “Ons sal daar wees.”

      Sy skakel ontvangs. “Probeer my oggendafsprake skuif na Martinette toe. Ek het dringende sake wat my aandag verg.”

      Sy onderdruk die skuldgevoel wat in haar opstoot. In haar hele onkologieloopbaan het sy nog nooit so iets aangevang nie.

      Teen vyfuur is Liam se bed by die kliniek bespreek en die duisende rande oorgeplaas om sy plek te verseker. Sy ontvang ’n e-pos met ’n lang lys items wat gepak moet word vir sy ver­blyf daar.

      Die druk verkeer huis toe skeel haar nie. Die tyd alleen doen haar goed. Sy kan steeds nie glo die polisie wou haar nie toe­laat om Liam te sien nie. So asof sy as ma ook gestraf moet word omdat haar kind gearresteer is.

      Amara staan in ’n kortbroek en kaalvoet ’n sny brood en smeer toe sy by die huis instap. Dit laat Althea skielik wens sy het haar eie sorgvrye skoolkinddae meer waardeer.

      “Hallo,” groet sy opgewek.

      Amara kyk vlugtig oor haar skouer. “Hi.”

      “Hoe gaan dit?”

      “Goed.”

      Goed . . . As dit goed gaan, gaan dit seker goed?

      “Het jy ’n lekker dag by die skool gehad?”

      “Ja.” Steeds die rug en die koue stem.

      As sy haar sonde nie ontsien nie . . . “Waar is Ouma?”

      “Kamer toe.”

      Laat sy haarself verwyder voor sy die bot kind met ’n pan oor die kop slaan. Haar moeder lyk darem bly om haar te sien.

      “Ek dog ek hoor jou stem,” sê sy en maak die tydskrif toe waarin sy geblaai het.

      “Hallo, Moeks.”

      “Roelof het gebel en gesê ons moenie vir hom wag vir ete nie. Hy werk laat.”

      “Dis goed so.” Hy wil haar natuurlik vermy. “Wat eet ons van­aand? Ek is rasend honger.”

      “Ek gaan vir ons tongvis bak, met baba-aartappeltjies en patats.”

      “Dit klink verruklik.”

      “As jy honger is, kan ek sommer dadelik begin. Die aartappels en patats is reeds klaar.”

      Sy loop agter haar moeder aan kombuis toe.

      “Moeks, ek wil hê ons moet die saak teen Liam terugtrek môreoggend. Dan vat ek hom na ’n rehabilitasiesentrum toe. Ek het reeds met die aanklaer gepraat. Hy wil ons halfnege daar hê.”

      “Dis goed so, my kind.”

      Amara kom verby met ’n toebroodjie op ’n bordjie.

      “Jy moenie nou te veel eet nie,” sê Althea. “Ouma maak sole.”

      “Ek weet.” Amara stap aan.

      Althea kyk die kind agterna toe sy die trappe op loop. Moet sy haar aanpraat? Sy is tog nie lus vir ’n bakleiery nie. Nie vandag nie.

      “Wat is dit met Amara?” vra sy eerder haar ma.

      “Een van die kinders by die skool se ma het blykbaar vir Liam sien dwelms koop. Sy het haar kind daarvan vertel en toe vertel dié vir die ander kinders Amara se broer is ’n wasted drug addict.”

      Althea knyp die vel tussen haar oë. “Good grief.”

      Haar moeder vryf oor haar arms asof sy koud kry. “Amara het voorgegee dit pla haar nie.”

      “Ek gaan gou boontoe.”

      Sy klim die trappe twee-twee op en klop aan Amara se deur wat op ’n skreef oopstaan. “Kan ek inkom?”

      “Ek moet leer.”

      Soos water van ’n eend se rug, besluit Althea toe sy op die bed langs haar dogter gaan sit. Sy kan haar nie nou laat afsit deur ’n koue skouer nie.

      “Ouma het my vertel wat by die skool gebeur het.”

      Amara kyk woordeloos na haar. Net haar gewonde oë verklap haar gevoelens.

      “Ek is jammer jy word ook by hierdie ding ingesleep.”

      “Ja, wel. Hy’s my broer.”

      “Dit beteken nie jy moet vir sy nonsens boet nie.”

      “Partykeer dink ek ek haat hom.”

      Dit maak Althea seer om dit te hoor. “Ek kan verstaan dat jy so voel. Maar ek het reeds vir hom plek gekry by ’n baie goeie rehabilitasiesentrum. Hy sal gesond word. Jy sal weer jou broer terugkry.”

      Amara knik, duidelik onoortuig.

      “Jy is duxleerling. Wat jou broer doen, kan nie wegvat van wie jy is nie.”

      “Tog doen dit.”

      Die trane in Amara se oë laat iets in Althea opstaan. “Dan moet jy beheer daaroor neem. Jy kan nie vir Liam die mag oor jou lewe gee nie. Jy is jou eie mens.”

      Sy kom hard oor, sy weet. Sy wíl nie hard wees nie, maar wat anders moet sy doen? Sy kan nie toelaat dat die kind op ’n hoop gaan lê en haarself jammer kry nie. Dit het niemand nog ooit êrens gebring nie.

      “Vergeet van jou broer, ek sal met hom deal.” Althea staan op. “Leer jy maar net.”

      Hoofstuk 7

      “Ek het vir Liam plek gekry by ’n kliniek,” sê sy toe Roelof uit­eindelik die aand by hulle kamer instap. “Ek kan hom reguit van die hof af soontoe neem.”

      Hy woel sy das los. “Hoeveel kos dit hierdie keer?”

      “Maak dit saak?”

      Hy gaan sit om sy skoene uit te trek. “Seker nie. Jy gaan in elk geval doen wat jy wil doen.”

      “Hoekom maak jy dit so moeilik, Roelof?”

      “Ek gaan nie oor en oor hierdie gesprek hê nie, Althea. Doen wat jy wil.” Hy staan op en verdwyn by die badkamer in.

      Sy kyk na die mediese artikel wat sy besig was om op haar tablet te lees. Maak die blad toe. Dit kon tog nie haar gedagtes weglei van Liam wat in ’n sel lê nie.

      Sy loop badkamer toe. “Sê vir my, Roelof, as ek dan dinge so verkeerd hanteer in jou oë, hoe sou jý die situasie hanteer?”

      Hy spoeg tandepasta uit en spoel sy mond met water skoon. “Ek het nie nou lus vir ’n skoorsoekerige vrou nie. Ek is moeg.”

      “Nee, regtig. Ek doen mos alles verkeerd. Sê jý vir my wat ek met Liam moet doen.”

      Dit lyk eers of hy haar nie gaan antwoord nie.

      “Hou op om Liam op te piep,” sê hy oplaas. “Hy is ’n volwasse man wat verantwoordelikheid moet neem vir sy besluite.”

      “So, jy sou nie die saak terugtrek nie?”

      “Nee.”

      “En wat van sy borg? Sou jy dit ook nie betaal het nie?”

      “Nee.” Hy druk by haar verby kamer toe.

      “Moet hy vir ewig daar lê en krepeer?”

      “Hy moet my bel. Hy moet sy ouma om verskoning vra vir wat hy aan haar gedoen het. Hy moet sê hy is jammer, hy het ’n fout gemaak. Hy het ’n probleem en hy het hulp nodig.”

      “Hy hét ’n probleem. Ons weet dit tog?”

      “Hý moet dit ook weet. En dit lyk my hy gaan dit nie weet voor dit hom iets kos nie.”

      Dit is seker so. Sy kan net nie