Boer kry ’n Vrou. Jan van Staden. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Jan van Staden
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Эротическая литература
Год издания: 0
isbn: 9780624073703
Скачать книгу
Haar naam moes eerder Delila gewees het – sy weet hy kan haar nie weerstaan nie.

      Janet snak na haar asem as hy haar met mening beetkry. Hy besef sy werk is klaar vir die dag, want hierna gaan bedkaskenades vir die res van die dag op sy program wees.

      Juan voel wel ’n skuldgevoel teenoor Marissa, maar Janet gee hom nie veel kans nie. Sy druk hom op ’n baal voer vas, gaan staan wydsbeen oor hom en druk sy penis in haar doos in. Sy gaan sit so hard op sy knaters dat hy ’n soutsmaak in sy mond kry en sy ry hom dat die grasstingels in sy agterent opdruk.

      Hulle kom dat die biesies bewe. Sy val moeg op hom neer en hulle lê ’n rukkie stil.

      “Is dit waar dat jy by Marissa kuier?” vra Janet.

      Juan se hart slaan bolmakiesie toe sy dit vra, want as sy dit weet, hoeveel ander nog? ’n Mens kan ook fokkol in die dorp doen, dan weet almal daarvan.

      “Waar hoor jy dit?” vra hy kamstig verbaas.

      “Doret het in die haarsalon vertel sy het gesien hoe jy Marissa in haar spreekkamer soen,” verduidelik sy.

      “Doret?”

      “Ja, man, Marissa se ontvangsdame. Moet jou nie nou onnosel hou nie.”

      “Hallo, ’n soen omdat sy my ’n guns gedoen het beteken nie ek kuier by haar nie. Jy weet mos sy is die rugbyspan se fisio, en ek het my rug seergemaak in die laaste wedstryd,” verdedig hy hom.

      “Probeer jy die kloosterkoekie verlei, Juan? Dominee sny jou trul morsaf as jy sy dogter verlei, en jy behoort dit te weet. Is jy mal?”

      Hulle staan op en staan huis se kant toe. Juan besef opnuut sy liefdeslewe is ’n volslae fiasko. Hy het ’n skelm verhouding met sy rugbypel se vrou én hy verlei die dominee se dogter, wat die dorp se lieflingskind is. Hy het ’n reputasie wat tot by die Limpoporivier strek.

      Janet is ’n absoluut beeldskone vrou en hy is mal oor haar lyf. Maar hy is ook mal oor Marissa! Hy sal doodeenvoudig moet besluit wat hy in die lewe wil hê, want hy soek iemand permanent aan sy sy wat aan sy behoeftes en lewenswyse voldoen … en waar de hel gaan hy so iemand kry?

      Juan skink vir hom en Janet elkeen ’n dop whiskey. Sy is reeds kaal en wragtig … sy is nou eenmaal fantasties gebou. Maar sy’s allemansvrou.

      Sy help hom uittrek. Hy neem haar in sy arms en begin al sy liefdesfrustrasies op haar uithaal. Hy spyker haar in al die style in die boek wat die kuiervertrek hom toelaat. Dan sak hulle uitgeput in die jacuzzi neer.

      “Wat het oor jou lewer geloop, Juan?” vra Janet. “Jy het my nog nooit so bevredig nie. My poesie wéét hy is vandag gebruik,” lag sy met blink oë.

      Hy kyk haar lank aan en wens sy was syne, want sy het dieselfde temperament as hy. Maar hoe vertrou jy so ’n mooi vrou? Hoe gaan dit voel om haar met iemand anders te sien? As hy daaraan dink dat Janet terug na haar huis gaan, en haar man of iemand anders liefkoos daai pragtige lyf, kry hy ’n brandgevoel in sy bors.

      “Het jy en Jan nou al vrede gemaak?” vra hy haar. Toe Juan haar laas gesien het, het Janet hom vertel dat hulle tydelik uitmekaar is. Sy skud haar kop stadig en hy begin die gevoel kry dat sy vandag nie om dowe neute hier is nie. Sy skuif nader aan hom en hy voel sy voël begin weer lewe kry. Sy kom sit wydsbeen oor hom.

      “Sal jy met my trou as ek vir Jan los?” vra sy sonder om te blik of te bloos.

      Hierdie een het Juan al lankal verwag en dis ’n versoek wat hom slapelose nagte gee, want as jy by ’n getroude vrou betrokke raak, gaan daai vraag kom!

      Sy druk weer sy stywe piel stadig in haar in. Juan is sprakeloos, al het hy dit verwag. Die intieme oomblikke wat volg, maak sy hart sag en hy moet hard konsentreer om helder te dink.

      Nadat hulle rustig geraak het en stil in mekaar se arms lê, vertel hy haar. Met sy lippe teen haar oor sê hy dat hy vir Boer soek ’n vrou ingeskryf het, dat hy deur dié proses moet gaan om sy lewe weer reg te ruk.

      Soos hy verwag het, neem sy aanstoot en beskuldig hom dat hy haar net gebruik het. Hoe absurd, as hy terugdink aan hoe sy hom die eerste maal verlei het.

      Dit was die Sondagmiddag ná haar 23ste verjaardagpartytjie die vorige aand, waar hulle mekaar dadelik gevind en baie gedans en gesels het. Sy was in ’n stadium lekker gekletter en hy het nog nooit die begeerte gehad om ’n dronk vrou te spyker nie. Sy wou hom toilet toe lok nadat sy sy gulp oopgetrek en hom onder hande geneem het. Hy het sy hande vol gehad om te voorkom dat die ander partytjiegangers iets agterkom.

      Juan het weggeglip, want dit was ’n geval van hoe later hoe kwater. Toe hy die volgende middag ná kerk lekker kaalgat in die jacuzzi begin ontspan, het die hek by die pad se alarm afgegaan en hy het op die kameramonitor gesien dit is sy. Hy het oopgemaak en die hekke en deur by die huis oopgelos sodat sy kon inkom en teruggeklim in die jacuzzi. Hy het geweet hoekom sy hier is, want sy aanvaar nie nee vir ’n antwoord nie.

      Sy het stadig ingestap gekom met ’n paar bloedrooi hoëhakskoene en ’n roomkleurige jas aan. Hy het sommer geweet dat sy niks onder aanhet nie. Haar hare was gekrul en het tot in haar nek gehang. Haar grimering was lig, want met haar volmaakte vel het sy nie veel nodig nie.

      Sy het ’n paar tree van die jacuzzi gaan staan, die jas stadig uitgetrek en haar perfekte modellyf ontbloot. Juan se hart het in sy keel geklop. Sy was gladgeskeer en haar klit het duidelik tussen haar skaamlippe vertoon. Haar hele lyf het seks geskree. Hy het al baie vroue kaal gesien, maar sy het net daardie ietsie ekstra gehad.

      Sy het haar hoëhakskoene uitgetrek terwyl sy hom die hele tyd in die oë kyk. Daarna het sy ingeklim, afgesak en hom ’n blowjob gegee wat sy oë laat traan het. Sy het op die hoek van die bad gaan sit, haar bene wyd oopgegooi en hy het haar volmaakte vrouwees begin vertroetel. Hulle het van die jacuzzi tot in die sitkamer, die kombuis, sy kamer, die gym en die hele pad terug tot in die jacuzzi seks gehad in al sy gedaantes. Hulle kon net nie genoeg van mekaar kry nie.

      Nou is dit drie jaar later, sy is ’n ander man se vrou maar sy wil hóm hê … en hy weet sy aanvaar nie nee vir ’n antwoord nie.

      Toe Juan en Janet die aand ná ’n woeste sessie seks rustig in mekaar se arms lê, dink hy aan Marissa en wonder hoekom dit nie sy kon wees wat hy as lewensmaat verower nie. Hoekom moet daar altyd iemand buite jou bereik wees?

      Daar bly dus net die een kans in sy lewe oor, en dit is Boer soek ’n vrou.

      “Janet, wat jou vraag van vroeër betref: Jy weet ons sal mekaar vernietig as ons eers met mekaar getroud is,” sê hy. “Ek en jy is nie die tipe wat aan een mens getrou kan bly nie. Ons sal altyd bly hunker na die volgende seksavontuur met iemand anders.”

      Hy voel hoe sy verstyf. “Moenie verskonings soek nie, Juan. Jy het my gebruik en ek wil my pond vleis terugeis. Jy sal met my trou, want ons is tog lief vir mekaar.” Sy gryp hom vas en begin huil.

      Ag jinne tog, hier kom groot stront en hy het dit al lankal voorspel.

      “Ek gaan Jan van ons verhouding vertel en hom vir ’n egskeiding vra,” stotter sy deur haar snikke.

      “As jy dit doen, gaan jy ons al twee verloor. Wees realisties, Janet! Ons huwelik sal nie hou nie. Jy kan nie ons geluk op sy ongeluk bou nie.”

      “Beteken dit alles dan niks vir jou nie?” snik sy voort.

      “Janet, wat van Charl, Piet en Fanus? Die manne práát by ons paarties. Jy het al met al drie in die bed gespring. Die dorp is klein en hierdie tipe manewales bly nie geheim nie. Ek besef my streke het my reputasie vernietig. Ek het vir Boer soek ’n vrou ingeskryf om my lewe weer reg te ruk en ’n toekoms te bou. Of dit gaan werk, sal net die tyd leer.”

      Dit lyk of die bloed uit haar gesig vloei. “Jy sal nog terugkruip na my toe, meneer.” Sy spring op, trek haar klere aan, klap die deur met ’n moerse lawaai toe en jaag in ’n stofwolk weg.

      Juan het ’n hol kol op sy maag, want hy weet ’n vrou wat verwerp voel, kan