Boer kry ’n Vrou. Jan van Staden. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Jan van Staden
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Эротическая литература
Год издания: 0
isbn: 9780624073703
Скачать книгу
braai, drink rooiwyn en sy is vol grappies. Ná ete sit hulle land en sand en gesels in die jacuzzi en geniet weer fantastiese seks. Dit is hemels as sy wydsbeen op hom sit en self die pas aangee en hy haar tieties suig dat haar tepels lank en styf staan.

      Teen eenuur die oggend gaan hulle bed toe en raak heerlik in mekaar se arms aan die slaap. Dit is egter van Marissa wat hy droom … en toe hy die oggend wakker word, dink hy amper dit is sy wat by hom in die bed is.

      Hy word vinnig styf toe hy Naomi se boude teen sy penis voel. Sy is verbasend nat en hy penetreer haar stadig van agter af soos hulle daar lepellê, en dan word sy met ’n glimlag wakker.

      8

      Dit is al middag wanneer Juan en Naomi by die waterval en swemgat aankom. Hy het vir Siena gevra om vir hulle ’n piekniekmandjie te pak en hulle is nou lus om lekker te ontspan nadat hulle heeloggend lekker baljaar het.

      Hy het haar eers skietbaan toe gevat om te sien of sy ’n geweer kan hanteer en sodat sy die gevoel daarvoor kan kry. Die .270 Sauer is baie akkuraat en sy het gesê sy wil graag ’n rooibokkie skiet.

      Hulle het met die Cruiser gery en sy het ’n pragtige trofeerammetjie geskiet. Sy was so opgewonde soos ’n kind. Sy geniet elke oomblik van die plaaslewe. Juan moes net keer of sy het ’n blouwildebees ook geskiet, maar die .270 se skootplasing moet perfek wees om daai taai bees te laat val en hy was nie lus om na ’n gekweste dier te soek nie. Hy het ’n slaghuis op die plaas en hulle het eers die rooibokkie vir Sam, sy slagter, gaan gee sodat hy dit vir Naomi kon bewerk.

      Dit is ’n warm, windstil middag by die waterval en swemgat. Juan het klaar ’n dubbelsponsmatras, kussings en komberse uitgegooi en die piekniekmandjie uitgehaal.

      “Jy het ’n lieflike plaas, Juan,” sê Naomi. “Dit lyk soos die paradys hier. Gaan ons Adam en Eva speel?” vra sy, maar wag nie op ’n antwoord nie en begin haar klere uittrek op die maat van die musiek wat uit die Cruiser se radio blêr. Juan raak skoon lighoofdig soos die bloed sy brein verlaat. Hy het geen weerstand nie en sy klere waai ook. Hy druk haar op die matras vas en sy gooi haar bene wyd oop. Hy raak skoon emosioneel as hulle met die voorspel begin. Hulle eet mekaar op asof hulle mal verlief is op mekaar, en die seks is teer en wonderlik. Ná ’n uur en ’n half se liefdemaak lê hulle moeg langs mekaar. Juan het ’n bottel aromatiese olie saamgebring en hy begin Naomi te masseer. Dit is fantasties om elke kurwe en ronding van haar lyf te ondersoek. Toe dit haar beurt is om hom te smeer, kan sy nie glo dat hy weer penorent is nie. “Genugtig, Juan, jy het ook geen einde nie. Viagra se moses! Wat maak ek nou met jou?”

      Sy smeer ekstra olie aan haar kwakkie. “Jou libido is heeltemal te aktief. Dit is hoekom die meisies so oor jou skinder in die dorp. Ek het agtergekom ek loop iets mis en het lank gewens jy vra my uit,” erken sy half skamerig as sy sy penis stadig in haar opdruk.

      Ná nog ’n wilde, uitbundige sessie vuurwarm seks moet hulle eers weer stil lê om asem te skep.

      “Janet het vertel Boer soek ’n vrou gaan ’n onderhoud met jou kom doen. Hoe voel jy daaroor?” vra Naomi waar sy langs hom lê.

      “Ek sal maar sien. Ek raak ouer en met my reputasie lyk dit nie of ek hier ’n vrou gaan kry nie. Dié wat ja sal sê, gaan dalk net agter my negeduim-mielie en my bankrekening aan wees,” skerts hy, maar weet dit kan die waarheid wees.

      “Mag ek jou iets vra? Maar moet my nie verkeerd verstaan nie.” Sy draai op haar sy en kyk na hom.

      “Jy mag,” antwoord hy en hy voel hier is iets aan die kom.

      “Hoekom doen jy wat jy doen? Ek meen, jou dinge met vroue. Is een vrou dan nie genoeg vir jou nie?”

      Juan besluit om haar ook sy lewensverhaal te vertel. Van sy liefdesteleurstelling op varsity wat sy hart gebreek het en wat hom laat besluit het dat hy van toe af sy pond vleis uit die ontroue Eva-geslag sou kry om te vergoed vir die pynlike verraad wat hy moes ervaar. Maar dat dit hom nou ingehaal het. Hy vertel haar van Marissa, want sy ken sy storie met Janet, soos hy afgelei het. Die ander vroue op sy kerfstok maak nie meer saak nie.

      “Mag ek nog iets intiems vra?” sê Naomi toe Juan klaar vertel het. “Sal jy my ’n kans gee as Boer soek ’n vrou nie ’n oplossing vir jou probleme is nie?”

      Sy vang hom totaal onverhoeds en hy lê ’n ruk stomgeslaan. Dan sit hy regop. “Ek verstaan nie, Naomi. Jy is ’n suksesvolle prokureur met ’n belowende praktyk. My vereiste is dat my vrou aan my sy op die plaas moet wees. Ek kan nie verwag dat jy alles sommer so moet prysgee nie … en wat van my reputasie?”

      Sy kyk eers ’n rukkie na haar vingernaels voordat sy haar oë na hom opslaan. “En as ek jou sê ek is bereid om alles vir jou op te offer as jy vir ewig aan my getrou kan bly, dat ek jou sal liefhê en jou sal help om jou verlede te begrawe … Sal jy my dan kan leer liefhê?” vra sy vol afwagting.

      “Ja. As jy my kan aanvaar met al my foute van die verlede en as jy ook aan my trou beloof en my die liefde sal gee wat ek vra. Jy weet seks is vir my belangrik en my vereistes op dié terrein is hoog. Ek wil dit elke dag hê, en meer as een keer ’n dag as ek die kans het,” sê Juan.

      “Beloof my net jy sal alles gee vir die meisies wat oor jou pad kom met Boer soek ’n vrou. As dit ten spyte daarvan nie werk nie, onthou … ek sal daar wees. Maar jy moet eerlik met jouself wees,” sê sy en neem hom in haar arms. Hy rol op sy rug om, met haar koel, gladde lyf wat van sy dye afgly tot waar hy stokstyf gereed is, en hulle het die teerste liefdesessie van die hele naweek.

      9

      Juan is saam met Sam in die beeskamp toe sy selfoon lui. Dit is die vrou van kykNET en sy deel hom heel formeel mee dat die regisseur, die aanbieder en ’n kameraspan Woensdagoggend op die plaas sal wees. Omdat dit ’n hele entjie van Johannesburg is, bied hy aan dat hulle daar kan oorslaap.

      Nadat alles gereël is, bel hy Yvonne en vra of sy ook sal kom. Sy belowe niks, maar sê sy sal sien wat sy kan doen.

      Hy is ’n senuweewrak as hy daaraan dink dat hy nie ’n goeie toneelspeler is nie. Wat hy voor daai kameras gaan kwytraak, kan sy hele toekoms weer bedonner. Almal onthou mos altyd die slegte dinge van jou en vergeet die goeie, veral die volksvaders van die kerk wat Boer soek ’n vrou kyk.

      Juan begin twyfel aan die hele storie en is sommer vies dat Yvonne hom omgepraat het om in te skryf. Maar hy besef dat hy nou pens en pootjies in die ding is en besluit om die beste van die saak maak, want hy weet hy móét ’n vrou kry. Hy is moeg daarvoor om van die een gat na die ander te spring en niks te bereik nie. Maar dit vat nog nie die hol kol op sy maag weg nie.

      Maandag het hy ’n slapelose nag gehad en teen Dinsdag is sy senuwees aan flarde, veral toe Yvonne laat weet dat sy nie haar draai gaan kry nie. Hy herinner haar daaraan dat sy en Marissa hom belowe het dat hulle hom sal bystaan.

      Dan breek Woensdagoggend aan. Dit is ’n volmaakte, windstil, warm dag in die Bosveld. Teen twintig oor tien ry ’n Toyota-dubbelkajuitbakkie en ’n Fortuner by die hekke in. Juan stap uit om almal te verwelkom en sien heel eerste ’n mooi blondekop raak.

      Freddie Burger, die regisseur, stel hom voor en dan volg Alida Beukes, die nuwe aanbiedster. Sy is pragtig en vriendelik en het ’n lyfie wat perfek by ’n blondine pas.

      “Hallo, Alida, gaaf om jou te ontmoet,” sê Juan. “Jy is pragtig. As jy nie getroud is nie, kan ek mos nou kortpad vat en sommer vir jou kies.” Hy voel haar sagte hand in syne en daar is ’n roering in sy broek.

      Sy lag met ’n paar volmaakte, spierwit tande. “Nee, nee, so maklik gaan dit nie wees nie, Juan. Mag ek jou maar op jou naam noem?”

      Juan voel onmiddellik gemaklik met haar