Boer kry ’n Vrou. Jan van Staden. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Jan van Staden
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Эротическая литература
Год издания: 0
isbn: 9780624073703
Скачать книгу
Jy is wêreldwys en ek ’n preutse pastoriedogter.” Marissa probeer haar bes om te verduidelik, maar dit wil nie vir hom sin maak nie.

      “En hierdie naweek waarin jy jou begeertes met my gedeel het, ten spyte van my reputasie, beteken dit dan niks nie?” vra hy.

      “Juan, ek het besef ek is maar net soos die ander meisies. Ek bevredig myself ook wanneer ek ’n man se arms om my begeer. Ek het besef met my introverte geaardheid gaan dit moeilik wees om iemand te kry wat in my gaan belangstel. Julle manne soek net die wilde meisies wat jol en seks hê. Is dit nie so nie?”

      “Nou wat het jou dan laat besluit om my uitnodiging te aanvaar? Jy het mos geweet dat ek jou begeer en met jou liefde wil maak.” Hy praat nou reguit met haar.

      “Wil jy rêrig weet?” vra sy kop onderstebo.

      “Jy skuld my ’n eerlike antwoord, want ek is verlief op jou … ’n verbode liefde, soos jy sê.”

      “Ai tog, Juan, ek is ook verlief op jou en dit is hoekom ek myself die naweek gun, teen my beterwete. Ek begeer jou ook en besef dat, soos jy dit stel, dit ’n verbode liefde is. Maar ek moes jou net vir die naweek ervaar sodat ek die herinneringe vir die res van my lewe kan vertroetel.” Terwyl sy praat, gaan lê sy weer liggies op hom. Sy soen hom lank en innig.

      Juan voel dis nou sy beurt, hy het nóú lus om haar liefdesap te proe. Hy draai haar op haar rug. Haar gladgeskeerde heuwel blom in die middagson, haar tepeltjies is perfek gevorm in die klein sirkel van haar borste. Die kloosterkoekklere wat sy dra, het nog altyd hierdie skoonheid verberg, maar hier waar sy nou lê, is sy tien uit tien.

      Sy hande en mond vertroetel haar lyf van bo tot onder. Haar vel is sag soos satyn. Hy neem haar skaamlippies in sy mond en suig en lek haar klit. Hy weet hy mag haar nie vinger nie en daarom spring haar G-kol die liefkosing vry.

      “O, Juan, dit is baie, baie lekker,” hyg sy. Sy lê met toe oë en haar gesig weerspieël haar genot. Sy smaak heerlik, en hy begin haar borsies streel. Haar bene is wyd oop en die begeerte om haar te penetreer oorweldig hom. Al wat hom keer, is sy respek vir haar. Sy tel spoed op en haar klimaks weergalm weer deur die kloof.

      Dan ruil hulle rolle om en sy begin hom ’n blowjob gee. Sy sukkel om die kop van sy groot penis in haar mond te neem. Sy soen sy skag en knaters en hy gaan sy selfbeheersing nou heeltemal verloor. Sy druk sy voëlkop stadig in haar mond en sy knaters begin saamtrek. Hy voel hoe hulle vol pomp en hy kan dit nie meer keer nie. Sy saad skiet in haar keel af en sy stik amper oor dit net te veel is om te sluk. Haar gesig en bors is vol semen, en sy trek haar mond terug toe hy die laaste strale uitskiet.

      Hulle lê nog ’n rukkie in mekaar se arms voordat hulle oppak en huis toe gaan om weer in die jacuzzi te ontspan.

      4

      Juan en Marissa lê styf in mekaar se arms en gesels in die borrelbad. Hulle maak planne vir Boer soek ’n vrou, oor hoe om die huis te versier en al die kamers op te tooi. Die plaashuis het twaalf slaapkamers, elkeen met sy eie badkamer. Die leefvertrekke is oopplan, met ’n binnehof waar die kroeg en kuierareas is. Al die slaapkamers loop op die binnehof uit, behalwe sy suite, wat in ’n gang af is waar die gimnasium ook is. Elke meisie sal dus haar eie kamer hê. Elke kamer het ’n skuifdeur wat uitloop op ’n stoep wat reg rondom die huis strek. Om veiligheidsredes is die stoep met tralies toegebou en die opstal word deur ’n veiligheidsheining omring. Daar is ook ’n ondergrondse bunker wat met tonnels met die huis verbind is. In die middel van die huis is ’n uitkyktoring wat met ’n .50-kaliber-skerpskutgeweer toegerus is.

      Baie mense spot Juan en noem sy lodge Die Fort. Maar nadat ses boere die afgelope paar jaar in die omgewing vermoor is, het hy besluit eerder bang Juan as dooie Juan. Hy het tegnici gekry wat vir hom ’n kringtelevisienetwerk geïnstalleer het wat elke hoek van die huis monitor, asook die krale en stalle waar ongeveer vyfduisend beeste in buiteposte gehou word. Veediefstal is ’n groot kopseer vir die boere.

      Juan het ’n Robbertson-helikopter waarmee hy die wild dophou en die grense van sy plaas patrolleer. Hy doen ook wildtellings vir die boere in die omgewing. Hy het so vierduisend vyfhonderd hektaar omheinde wildkampe en die huis is goed ingerig vir jagters uit die buiteland. Daar is ook ’n jagkamp met tente vir besoekers wat in die natuur wil bly. Biltongjagters maak so twee persent van sy kwota uit; die res is oorsese jagters en die geld wat hy daaruit maak, is maar van die wisselkoerse afhanklik.

      Dit is in hierdie woon- en werkomgewing dat Juan ’n vrou moet probeer kry, een wat die plaas saam met hom kan bestuur en ’n liefde vir die omgewing sal hê. Hy het ’n plaasvoorman, Johan Ahlers. Johan se vrou, Anette, is sy persoonlike assistent wat die akkommodasiegeriewe en die lodge vir hom bestuur.

      “Marissa, as ek nou so aan alles lê en dink, weet ek ons sal ’n lys van vereistes moet opstel vir die meisies wat vir my wil skryf in Boer soek ’n vrou.” Hy druk haar weer saggies teen hom vas en soen haar.

      Sy wikkel haar los toe sy voel sy geelslang soek weer gat. “Hei, gedra jou!” berispe sy hom. Sy droog haar hande af en tel sy tablet op wat langs die jacuzzi lê. “Oukei, sal ek begin?” vra sy dan. Sy maak die Word-program oop en hulle begin met die dinkskrum.

      •Sy moet van die plaas- en buitelewe hou.

      •Sy moet tegnies, administratief en finansieel aangelê wees.

      •Sy moet goed met mense kan werk om die gaste te hanteer.

      •Sy moet bereid wees om ’n professionele jagter te word.

      •Sy mag nie allergies wees vir bloed of vleis nie.

      •Sy moet kan bak en brou.

      •Sy moet ’n swaarvoertuiglisensie hê. (Wel, dit is ’n wens …)

      •Sy moet ’n ligtevoertuiglisensie hê. (Sal haar stuur vir ’n gevorderde 4x4-kursus.)

      “Waar gaan jy dié supervrou optower?” vra Marissa toe hulle klaar is.

      “Êrens daar buite loop daar dalk ’n los gelukkie. Maar nou moet ons eers ’n lys van my persoonlike vereistes maak.”

      •Sy moet atleties gebou wees.

      •Sy moet mooi voete hê.

      •Sy moet mal wees oor liefde maak en van kinky seks hou.

      •Sy moet getrou wees.

      •Sy moet ’n humorsin hê.

      •Sy moet ’n nudis wees, of net hou van kaalgat wees.

      •Sy moet mal wees oor aanraking.

      Sy hand dwaal na Marissa se liefdesnessie en hy vryf saggies daaroor. “En sy moet ’n mooi koekie hê …”

      “Jy is lekker laf en jy maak my lus.” Marissa bloos en hyg liggies as hy haar klit vertroetel.

      “... en sy moet die lyf en lippe van ’n godin hê,” sê hy wanneer hy haar saggies in sy arms neem.

      Juan besef die naweek staan einde se kant toe en hy moet die geleentheid met Marissa benut, want sy het dit duidelik gestel dat hul verhouding ná die naweek niks meer as ’n platoniese vriendskap sal wees nie.

      “Haai, kom ons gaan maak kos,” sê sy en wikkel haar uit sy omhelsing.

      Sy peester staan nou weer soos ’n tentpaal orent en hy is so lus dat hy dit sommer in die borrelbad se dreinpyp sal indruk.

      Marissa merk dit, draai om en kom sit wydsbeen oor hom. Haar nat lyf voel sag in sy arms wanneer sy hom omhels. Sy druk haar tieties, met stywe tepels, teen sy gesig en hy neem een daarvan in sy mond. Hy begin lek en suig asof hy nog nooit gespeen is nie. Eers die een, dan die ander.

      Haar onderlyf begin dringender reageer. Sy probeer haar kwak teen sy penis vryf en hy glip amper in, want sy is papsopnat. Hy probeer kophou, maar sy is besig