Boer kry ’n Vrou. Jan van Staden. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Jan van Staden
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Эротическая литература
Год издания: 0
isbn: 9780624073703
Скачать книгу
alt=""/>

      7

      Juan en Marissa maak die res van die week allerhande plannetjies om ongesiens by mekaar uit te kom, want haar pa-hulle kom eers volgende week terug. Sy speel die speletjie nog voluit en hulle geniet mekaar en vry en spyker vir ’n vale terwyl hulle nog kan. Hy het haar vertel dat hy by Stoffeltjie gehoor het haar pa het die polisie gevra om haar op te pas, daarom bly sy die res van die tyd eerder by Yvonne, want dit sal dinge makliker maak. Wanneer Juan kom kuier en hulle wegglip plaas toe, lê sy tot buite die dorp plat op sy kar se agtersitplek. Dit word ’n prettige speletjie om die skinderbekke van die dorp te fnuik.

      Juan en Marissa benut elke oomblik en dit maak hulle nogal moeg. Hulle slaap maar min. Toe die naweek aanbreek, besluit hulle dat sy tot Sondagoggend by hom sal kuier, want haar ouers kom Maandag terug. Hulle jaag die wêreld vol met die 4x4, swem, eet en maak liefde, alles in die wete dat die einde van hul warmbloedige sessies in sig is. Toe Marissa die Sondagoggend in ’n tranedal daar wegry, het Juan ook sy hart uitgehuil. Wat die toekoms inhou, weet nugter.

      Juan hoor niks weer van Janet nie. Dit voel vir hom of sy lewe sy doel begin verloor en of alles stilstaan. Hy kom min in die dorp en mis Marissa. Hulle het beloof om nie kontak met mekaar te maak alvorens hul gevoelens gekalmeer het nie.

      Een oggend is hy besig om beeste te dip toe sy selfoon skielik lui. Sy hart gaan staan toe hy sien dit is Marissa se nommer. Gelukkig antwoord hy op ’n formele manier, want dit is dominee Van Graan se stem. Die dominee deel hom saaklik mee dat hy hom wil spreek. Juan se moer is onmiddellik suur; hy het nie lus vir Dominee se stront nie. ’n Mens sou sweer sy kinders is met die hand gemaak en nie met sy penis nie. Iemand het seker weer gaan staan en skinder.

      Terwyl hy die aand aantrek om die afspraak om sewe-uur na te kom, begin sy selfoon skril lui. Dit is ’n baie oulike stemmetjie aan die ander kant wat sê dat sy van kykNET se admin-departement is en sê sy bel om hom in te lig dat sy aansoek suksesvol was en dat hy een van die boere is wat gekies is om aan die nuwe reeks van Boer soek ’n vrou deel te neem. Hulle sal hom weer kontak om ’n afspraak te maak vir ’n onderhoud.

      Juan lui af met gemengde gevoelens en vat die pad na dominee Van Graan se huis. Op pad soontoe bel hy vir Stoffeltjie. “Hei, Hottie, het jy vir Dominee vertel van my en Marissa?” val Juan met die deur in die huis.

      “Hei, my bru, ek het niks met jou eskapades uit te waai nie. En nee, dit was nie ons nie, promise,” lag hy. “Die priester gaan jou slinger strip, my broer,” vryf hy dit in.

      Toe Juan om tien voor sewe voor Dominee se huis stilhou, sien hy Marissa kom na hom aangestap. Hy sien die spanning op haar gesig en klim uit. Op daardie oomblik verskyn Dominee in die deur en hulle besef hulle sal nie kans kry om met mekaar te praat voordat hulle die huis binnegaan nie. Sy groet hom en sê hy moet inkom. Hulle volg Dominee na sy studeerkamer. Met Marissa se boudjies hier voor hom kry hy ’n knop in sy keel as hy daaraan dink dat hy haar dalk nooit weer sal kan bykom nie.

      Marissa gaan sit in die een hoek en Dominee beveel Juan om op die stoel in die ander hoek te gaan sit.

      “Ek het vandag ’n ontstellende oproep van broer Van Schalkwyk gekry en ek wil absoluut op jou en Marissa se integriteit staatmaak,” begin Dominee die gesprek.

      Juan weet dadelik hier kom groot bollie.

      “Vraag nommer een: Kuier julle by mekaar?” vra Dominee en kyk reguit na Juan. “Ek het klaar Marissa se weergawe en wil hoor wat joune is.”

      Fokkit, nou sal hy mooi moet dink. Hy wonder wat sy haar pa vertel het. Hy weet sy wil hom nie teleurstel nie.

      “Dominee, Marissa is die rugbyspan se fisioterapeut. Ek het my rug seergemaak in die wedstryd teen Mbombela en het haar by haar spreekkamer gaan sien. Ek glo nie dit kan as kuier beskou word nie, want ons is groot genoeg om dit as volwassenes te hanteer,” sê hy saaklik.

      “En wat het sy by jou op die plaas gaan soek?” gee Dominee hom nie eens kans om asem te skep nie.

      “Sy was saam met my suster daar, want my rug was in spasma. Sy het my in ’n professionele hoedanigheid besoek en ons was ook nie alleen nie,” verduidelik hy en wonder of die kans wat hy hier waag met Marissa se weergawe gaan klop.

      “Het sy een aand saam met jou gaan uiteet?” vra dominee Van Graan.

      “Nee en ja, Dominee. Dit was ná die wedstryd teen Polokwane en ons almal het in ’n groep gegaan. Ek sal erken dat ek vir haar betaal het want, met groot respek gesê, sy is die ordentlikste mens wat ek ken,” praat hy amper die waarheid.

      “Het jy haar by geleentheid in haar spreekkamer gesoen?”

      Juan weet waar kom die vraag vandaan. “Ja, Dominee. Dit was net ’n soentjie op haar wang uit dankbaarheid vir alles wat sy vir ons doen.”

      “Jy ry die respekstorie van jou nou holrug, broer. Marissa se weergawe is dat jy haar probeer soen het,” karring Dominee weer. Broer se moer, dink Juan.

      “Ek is jammer as ek te voor op die wa was, Marissa,” sê hy en kyk na haar. Trane blink in haar oë en hy voel soos ’n hond.

      “Die laaste vraag voor jy gaan, broer.” Dominee leun vorentoe. “Het julle by mekaar geslaap?”

      Juan is nie bang nie en kyk hom reguit in sy oë. “Nee.”

      “Ek kry die gevoel dat julle vir my iets wegsteek. Net julle twee sal weet wat die waarheid is.” Dominee kyk hulle onderlangs aan en staan op. “Juan, is jy verlief op Marissa?”

      Die vraag boul Juan onderstebo. Hy kyk na Marissa. Ag, Here, help asseblief. Kyk hoe mooi is sy! Hoe kan hy nou wil staan en lieg? Sy oë skiet vol trane. “Ja, Dominee, ek is baie verlief op haar en dit is die heilige waarheid,” sê hy sonder om om te gee wat haar pa daarvan dink. “Maar ek weet sy sal nooit u wense teëgaan nie, want u haat my.”

      Hy staan op en loop uit sonder om op dominee Van Graan se reaksie te wag.

      Juan sit eers ’n rukkie stil in sy kar voor hy kan ry. Die volgende oomblik is Marissa langs sy deur. Hy draai die venster af.

      “Ek is so jammer, Juan,” sê sy. Haar oë is ook vol trane. Sy draai om en vlug in die huis in.

      Juan ry stadig weg en bid dat die Here hierdie beker by hom sal laat verbygaan. So baie mense dink as die vleeslike lus jou prioriteit in die lewe is, glo jy nie in God nie. Seks en molestering is aan die orde van die dag in die Katolieke kerke en die Vatikaan. Predikante word van hul amp onthef as gevolg van hul spykerkaskenades. Wie is dominee Van Graan om hom te veroordeel!

      Daardie nag slaap hy min. Toe hy die volgende oggend opstaan, bel hy vir Naomi en vra haar om die aand saam met hom te gaan uiteet. Naomi is een van die dorp se prokureurs wat haar eie praktyk het. Sy behartig hoofsaaklik skeisake en is self so ’n jaar of wat gelede geskei. Sy maak nie ’n geheim daarvan dat sy geen stront van ’n man vat nie en nooit weer sal trou nie. Dit pas hom. Hy is verbaas toe sy die uitnodiging aanvaar.

      Later die dag besluit hy om nog ’n kans te waag. Dit is mos naweek en hy is nie lus om alleen te wees nie. Hy bel haar weer en vra of sy nie lus is om sommer die hele naweek op die plaas te kom kuier nie. Sy klink baie entoesiasties en sê sy sal haar kantoor sommer vroeër sluit en dan so teen drie-uur se kant by hom wees.

      Juan en Naomi was nog net een aand saam by ’n dans. Sy het in daardie tyd ’n aanrandingsaak van hom hanteer en het hom toe sommer so uit die bloute gevra of hy die aand iets doen. Sy is ’n donkerkop met groen oë en is fris en atleties gebou, want sy doen liggaamsbou en is vier tot vyf aande ’n week in die gym. Sy is egter nog steeds baie vroulik en het al ’n paar Bikini Babe-kompetisies gewen. Hy dink sy skrik van die manne ook maar af, want sy is baie goed met selfverdediging en bied ook klasse daarin aan.

      Juan voel hartseer en eensaam met Janet en Marissa so skielik uit sy lewe. Daar is egter nie juis tyd vir trane nie, die tyd haal hom in, want dit is al halfdrie en hy moet nog gaan bad en sorg dat hy ordentlik lyk voor sy kom. Hy weet nie wat om