Boer kry ’n Vrou. Jan van Staden. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Jan van Staden
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Эротическая литература
Год издания: 0
isbn: 9780624073703
Скачать книгу
is dalk die veiligste in hierdie stadium.

      Naomi is reeds daar toe Juan met die Cruiser voor die huis stop. Siena het haar ingelaat en haar kamer vir haar gewys.

      “Kleinbaas, hierdie vrou is mooi, maar sy kan vir jou moer! Eisj, daai muscles!” sê Siena met groot oë.

      Juan stap in en kry Naomi waar sy haar agter die kroeg tuisgemaak het. Sy blaai deur ’n jagalbum. Sy het ’n minirok aan wat haar broekielyn net-net bedek. Hy voel onmiddellik jags toe sy om die kroeg stap en hom hartstogtelik soen en dankie sê vir die uitnodiging.

      “Naomi, jy lyk absoluut pragtig,” sê hy. “Jy waag baie om so te lyk as ek naby is. Het jy van my reputasie vergeet?”

      “Het jy van myne vergeet? Die ystervrou van Louis Trichardt.”

      Juan lag lekker. “Ook weer waar, nè. Maar jammer, jong, ek het nog nie gestort nadat ek die manne gehelp draad span het nie,” sê hy, want hy ruik seker die ene sweet.

      “Geen probleem nie, Juan. Dit is mos hoe ’n ware man moet ruik,” sê sy sag. Sy het hom nog steeds om die nek beet. Haar bene druk teen syne en sy voël is stokstyf. Omdat hy so ’n grote het, is dit altyd sigbaar wanneer dit styf is. “Ek voel ek doen darem iets vir jou,” lag Naomi en maak groot oë vir hom.

      Hy bloos van oor tot oor en sy geniet dit. “Bloos jy? Dit is die eerste keer dat ek ’n man sien bloos. Genade, en dit nogal jy van alle manne! My hel, en jou hart klop soos ’n Lister-enjin,” lag sy hartlik, en dit breek die ys.

      “Jammer, Naomi. Dit is jou skuld. Jy lyk baie sexy … en ek weet nie hoe ek my gaan inhou nie, maar ek beloof om my bes te probeer.”

      “Ag toe, moet nou nie soos ’n tempeltros klink nie. Ons is lankal nie meer tieners nie,” terg sy.

      “Jy moenie alles glo wat die mense van my sê nie. In hierdie dorp weet hulle meer van my as wat ek van myself weet,” sê Juan ernstig.

      “En wat van Janet en Marissa? Dit gons in die dorp. Janet is bitterlik kwaad vir jou, maar verstaan hoekom jy Boer soek ’n vrou as uitweg kies.”

      “My vrek, het sy op jou skouer gaan huil? Ek het nie geweet julle is op speaking terms nie,” sê hy verras. “Maar ja, ek twyfel daaroor en is baie lus om eerder ’n aanbod te aanvaar om vir ’n sekuriteitsmaatskappy in Iran vir ’n jaar te gaan helikopter vlieg.”

      “Aggenee, jy is laf!” sê Naomi. “Kom ons vergeet van Janet. Ek gaan gou my kortbroek aantrek, dan wys jy my ’n bietjie die plaas.” Sy is die ene energie en Juan hou daarvan.

      Sy penis gaan weer soos ’n geelslang in sy broek te kere toe sy by hom aansluit in ’n denim-sjoebroekie en ’n halflyfbloes wat haar six-pack ten toon stel. Terwyl hy vir haar gewag het, het hy solank vir hulle vleis uitgehaal om vanaand in die maanlig te braai.

      “Nee o hel, Naomi, as jy die hele naweek so gaan lyk, sal jy al jou selfverdedigingstegnieke moet uithaal,” skerts hy. Hy besef dit was ’n fout om haar te nooi. Maar nou ja, hy wou mos nie alleen wees nie.

      Juan besluit om Naomi eers die plaas te gaan wys voor hy stort. Hulle sien heelwat wild in die boonste twee kampe. Hy het byna al die spesies, behalwe springbokke. Sy is in ekstase toe hulle ’n draai by die leeukamp maak.

      “Jy het ’n pragtige plek, Juan,” sê sy toe hulle weer by die opstal stilhou. “Ek is skoon jaloers.” Sy kyk hom skerp aan en druk haar vinger teen sy bors. “Weet jy, jy sal ’n goeie vangs wees as jy jou hart aan net een vrou kan gee.”

      Hy vat haar saggies in sy arms en druk haar teen hom sonder dat sy teëstribbel. “As ek net die regte vrou kan ontmoet,” fluister hy in haar oor. Sy wikkel haar los en hulle stap die huis binne.

      Hy sê hy gaan gou stort. Sy volg hom na sy slaapkamer waar hy eers skoon klere wil kry. Hy wonder wat nou aangaan. Wil sy saam stort?

      “En dit?” vra hy en beduie na haar tas wat langs sy bed staan. “Het Siena nie vir jou jou kamer gewys nie?”

      “Het sy jou dan nie gesê nie? Ek het haar gevra om my goed in jou kamer te sit, want ons gaan saam slaap,” boul sy hom uit.

      Sy knieë word lam en hy gaan sit op die kant van die bed. “Is jy nou ernstig, Naomi?” vra hy verbaas.

      “Jip! Ek gaan jou opgebruik die naweek. ’n Vrou het ook behoeftes en die manne in die dorp is skrikkerig vir my. Kom, moenie so onskuldig lyk nie!” Sy kyk hom aan met tienduisend sterre in haar oë. “Take it or leave it,” sê sy dan parmantig, en hy gryp haar, druk haar op die bed vas en soen haar dat haar ore tuit.

      Hy begin met haar vroetel, maar sy keer. “Kom ons gaan stort eers,” sê sy.

      Hy trek haar op en hulle begin mekaar uittrek. Dit is een te veel vir hom toe sy kaal voor hom staan. Haar lyf is ferm en gespierd soos dit ’n liggaamsbouer betaam. Haar tieties is bolletjies en haar poesie vertoon klein en styf in haar mik. Hy het nou net een begeerte, en dit is om sy piel diep in haar in te druk.

      “Naomi, asseblief! Ek sal later vergoed vir die voorspel, maar ek begeer jou nou met ’n brandende passie,” sê hy.

      Sy gaan lê agteroor op die bed en sy voël voel of hy wil bars van lus. Sy lyk klein en sy piel is ’n boomstomp. Hy buk en vou sy mond om haar skaamlippe. Sy wil eers nie, maar sy lippe is reeds oor haar klit. Sy wil eers wal gooi omdat sy nie gestort het nie, maar die oomblik toe hy dit proe, is daar geen keer meer nie. Sy smaak na pure seks en hy begin lek en suig. Haar klit is ook nou stokstyf. Sy begin ruk en hy besef sy is baie sensitief daar. Sy een vinger gaan styf in as hy haar G-kol soek, en hy besef sy is rêrig klein. Hy skuif ná ’n rukkie op en druk sy voëlkop teen haar lieflike gleuf. Hy druk sy piel stadig in en sy maak haar bene wyd oop. Hy werk hom in en uit en al hoe dieper. Sy is gelukkig baie nat. Haar naels boor in sy skouers en sy hyg na asem. Sy maak haar oë oop.

      “O vrek, Juan, dis lekker! Ek het dit baie lanklaas gevoel,” sê sy as hy hom stadig, stadig inwerk. Haar doos is fantasties styf en hy besef die wrywing gaan al sy beheer toets. Hy begin nou vinniger gaan, met kort ritmiese hale. Hulle klou mekaar vas as hulle deur die momentum meegesleur word. Hy voel hoe sy bewe en hy besef sy gaan nou enige tyd kom. Sy gooi haar bene om hom en probeer ’n gil onderdruk toe sy soos ’n vulkaan uitbars. Hy voel die krag in haar arms as sy hom vasgryp, en dan eers begin hy weer ritmies in en uit beweeg.

      “Juan, ek kom baie vinnig en soms aanhoudend,” hyg sy. Hy voel hoe sy voëlkop haar G-kol vind en hy konsentreer daarop tot sy weer jubelend kom.

      “Sjoe, maar jy is groot,” snak sy na asem. “Dis onbeskryflik lekker, maar jy sal saggies moet werk, anders gaan ek seer wees ná die naweek. Ek is nie gewoond daaraan nie. Gelukkig het ek ’n botteltjie KY-jellie saamgebring om te help,” sê sy half skaam.

      Juan begin weer stadig en intens met kort steke. Toe hy voel sy gaan vir die vierde keer kom, laat waai hy en pomp haar so vol dat die kom by haar vagina uitborrel. Die hele deken is sopnat en haar boudjies blink van die sap. Sonder om te huiwer sak hy af en lek haar tot in haar holletjie. Sy wil keer, maar dis te lekker vir haar. Hy geniet dit ook en kan nie ophou daarmee nie. Hy soen haar van kop tot tone en sy giggel as hy haar onder haar voete soen … aha, sy is kielierig daar!

      Juan moet hom van haar losskeur en hy gaan draai die stortkrane oop. Hulle klim in en hy begin haar was en soen elke plek wat hy was oor en oor. Sy vat sy ereksie vas en was dit dat dit rukkend in haar hand rondspring.

      “Jy is baie erg, meneer, en ek is mál daaroor,” sê Naomi.

      Juan tel haar op en sy gooi haar bene om hom. Sy druk sy piel stadig in haar terwyl sy aan hom hang. Hy druk haar in die hoek van die stort vas met sy hande onder haar boude. Hy penetreer haar weer met kort hale en sy kom drie keer voor hy voel dat hy dit ook nie meer kan inhou nie. Wanneer hulle klaar gekom het, hang hulle moeg aan mekaar en hy soen haar of hy nooit weer wil ophou nie.

      “Wow, ek dink ek het ’n hele week se gym-sessie agter die blad,” hyg sy as hulle tot verhaal kom.

      Hulle