Dit is mos nie wat sy wou hê nie! Wat van haar maagdelikheid? Wat as hy in haar gaan kom? Juan is skoon lam van die skok.
Sy klou egter aan hom vas en ry hom dat die water oor die kant spat. Sy piel is nou diep en vol in haar. Dit voel hemels. Dit voel of hy droom as Marissa sonder waarskuwing kom en gil: “Oe, dis lekker, Juan! Moenie ophou nie! Asseblief, ek gee nou nie meer om nie. Ek kan nie meer voorgee nie!”
“En wat van jou maagdelikheid, my lief?” vra hy versigtig.
“Ag, te hel daarmee,” hyg sy, en hy kan sy ore nie glo nie.
Hy vertroetel haar klit met sy duim. Sy ry hom of sy besig is om ’n wilde hings vrye teuels te gee. “Ons gaan heelnag deur liefde maak,” fluister sy in sy oor. “Dit is mos wat jy wou gehad het.”
Juan voel hoe haar spiere weer saamtrek en hy laat hom ook gaan. Hulle kom dat amper die helfte van die jacuzzi se water in die drein om die bad beland. Sy ore en hart sing van plesier.
Daarna sit hulle ’n ruk lank stil in mekaar se arms. Maar kort voor lank begin Juan se penis weer stuiptrekkings kry, want dit is steeds styf in haar. Dit is onvermydelik dat hulle deur ’n tweede ronde van genot sal gaan.
Eers ná ’n halfuur kom hulle weer tot verhaal en besluit hulle hulle is nou honger. Dit is groot pret om kaalgat en vrolik vleis te braai, pap en sous te maak en nie hul hande van mekaar af te hou nie.
Ná nog ’n marathon-liefdemaaksessie lê hulle uitgeput op die matras, en Juan vra Marissa hoe sy oor hom voel en oor die feit dat sy haar maagdelikheid verloor het.
“Alles in die lewe gaan oor besluite, Juan,” sê sy. “Ek het in die oomblik van passie besluit om my heeltemal vir jou te gee en ek moet vrede maak daarmee.” Sy praat rustig. “Daar is niks wat ek op die oomblik meer begeer as vir jou nie. Jy het eendag onder bespreking gekom toe Yvonne by my gekuier het. Sy het voorgestel dat ek en sy een naweek hier by jou op die plaas kom kuier. Nadat sy vertrek het, het my pa gesê hy sal my onterf en afskryf as ek ooit naby jou kom, laat staan nog verlief raak op jou. Ek het ten spyte daarvan verlief geraak op jou en baie aande oor jou gedroom en gemasturbeer. Veral ná die aand in die parkeerterrein toe jy jou nie kon gedra nie. So, jy moet verstaan, asseblief. My ouers en familie beteken vir my alles, en dit maak dit moeilik.” Sy praat nou sag en hy sien die hartseer in haar oë.
“Dink jy dit sal help as ek met jou pa gaan praat?”
“Jy ken hom. Dit sal dinge net vererger,” keer sy. “As jy wil, kan ons gereeld skelm ontmoet. Al is dit al hoe ons mekaar weer te siene gaan kry. Jy ontmoet dalk met Boer soek ’n vrou jou lewensmaat en dan gaan ek definitief terugstaan, hoe moeilik dit ook al sal wees.”
“Nog ’n ding,” vra hy. “Ons het nie veilige seks gehad nie. Sê nou jy raak swanger?”
“Moenie bekommerd wees nie, ek het die Pil al so drie maande gelede begin drink. Ek het tóé al beplan om met jou liefde te maak. En nog ’n ding … ek respekteer jou dat jy my versoek gehoorsaam het toe ek in die begin gevra het jy moet my nie penetreer nie. Dit was net ’n toets en jy het dit geslaag. Daarom het ek in die jacuzzi besluit genoeg is genoeg.” Juan kyk haar stil aan. Hy besef weer dat almal behoeftes het en dat dit ons nie rêrig sleg maak nie. Marissa het in ’n pastorie grootgeword en tog ook uiteindelik maar geswig voor die begeertes van die lyf. Hy gaan nie skuldig voel nie.
Nee, skuldig sal hy beslis nie meer voel nie.
5
Met slegs herinneringe oor van die heerlike naweek, kom Juan, Marissa en Yvonne Dinsdagaand ná die rugbyoefening by Yvonne se huis bymekaar sodat hulle hom kan help om vir Boer soek ’n vrou in te skryf.
Dit is vir Juan moeilik om sy hande van Marissa af te hou. Net die aroma van haar nabyheid ontsenu hom. As hy na haar kyk, sien en ruik hy haar lyf. Op ’n stadium skuur hy teen haar aan met sy stywe knop. Sy draai om en gee hom ’n speelse klappie.
“Hei, is daar iets tussen julle twee?” vra Yvonne skerp.
“Hoekom vra jy, Sus?” wil Juan weet.
“Geen twee mense kyk so die hele aand na mekaar sonder dat daar ‘iets’ is nie. Dink julle ek is onnosel? Kom, uit met die waarheid!” beveel Yvonne.
Marissa raak rooi in die gesig en gaan sit.
“Daar is niks om te sê nie, Sus,” sê Juan. “Kom ons gaan aan. Hier is my vereistes. Kyk of jy daarmee saamstem,” probeer hy die onderwerp vermy.
“Nee, Juan, so maklik is dit nie. Uit daarmee!” Yvonne verseg om bes te gee. “Julle speel met vuur, Marissa, en jy, van alle mense, behoort dit te weet!”
“Wat wil jy hê moet ek sê, Yvonne? Jy weet ek kan nie my gevoelens wegsteek nie. Daarvoor ken jy my te goed,” verdedig Marissa haar.
“Juan, wat de hel het jy nou weer aangevang?” tier Yvonne voort. “Jy speel met mense se gevoelens! Is Marissa jou jongste slagoffer?”
“Yvonne, asseblief, dit is nie net sy skuld nie,” skerm Marissa.
“So, dan slaap julle wragtig saam. Jou pa sal jou en Juan vermoor as hy dit moet weet!” Yvonne gaan sit langs Marissa. “En jy, mannetjie, kan jy nie vir een oomblik jou gulp toehou nie?” sê sy vir Juan. “Nou verlei jy my vriendin ook nog. Hoeveel gaan daar nóg wees?”
Marissa begin saggies snik. “Ek is lief vir hom, al sê jy wat, Yvonne. Ek weet dit sal nooit werk nie … nie met my pa nie.”
Juan kan dit nie meer hou nie. Hy trek Marissa op en druk haar teen hom vas. Hier het ek nou lekker opgefok, dink hy.
“Hoe lank gaan dit al aan, Boet?” vra Yvonne.
“Maak dit saak, Sus? Ons weet dit sal nooit kan uitwerk nie,” antwoord hy. “Haar familie sal my nooit aanvaar nie en ons het vrede gemaak daarmee.”
“Nou wat is julle planne vorentoe? Julle twee pollevink en rol in die bed rond, maar wil ook Boer soek ’n vrou se tyd mors?” vra Yvonne met ’n tikkie sarkasme.
“Ons het besluit, hoe moeilik ook al, dat dit die oplossing is vir ons verbode liefde,” sê Marissa.
“Ai-ai-ai, julle speel met vuur en ek hoop nie julle verbrand julle vingers nie! Maar kom ons gaan voort,” sê Yvonne beslis. “Jou lyf en gesig behoort ’n goeie bate te wees vir die program, Boet. Maar vir die meisies beteken dit moeilikheid … om nie eens te praat van daai ding tussen jou bene wat net heeltyd gat soek nie. Jy sal jou moet gedra, want dit klink of hulle weer vyf meisies na die boere se plase toe gaan stuur. En jy kan nie eens jou hande van één afhou nie.”
“Sus, Marissa is nou my maatstaf. As daar enigeen soos sy is, belowe ek jou ek trou met haar en sweer ewige trou.”
“Nee, Juan, ek het vir jou gesê dit is nie reg nie,” sê Marissa en wys haar vinger na hom, “nie teenoor die meisies nie. Elke vrou het haar eie eienskappe.”
Juan wens sy wil daai vingertjie tussen haar bene druk en dan in sy mond sodat hy weer haar liefdesap kan proe … eisj!
Dit is al laat wanneer hulle die vorms vir Boer soek ’n vrou ingevul het en Juan stel voor dat hy agter Marissa aan ry tot by hulle huis om seker te maak sy is veilig. Marissa is al in haar kar wanneer hy Yvonne groet.
“Jy is ’n bliksem, weet jy?” sê sy. “Ek weet jy gaan vanaand by haar slaap, want dominee Van Graan is mos met vakansie.”
“Koebaai, Sus. As jy nie my suster was nie, het jy al lankal