Boer kry ’n Vrou. Jan van Staden. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Jan van Staden
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Эротическая литература
Год издания: 0
isbn: 9780624073703
Скачать книгу
het hy hom heeltemal oortref. Hy het ’n paar maal gekom toe hy haar klitoris en tepeltjies vertroetel het. Sy het dit onbeskaamd geniet, en dit het hom baie trots laat voel. Om dit sonder seks reg te kry sit nie in elke man se broek nie. Daarby het sy hom so lekker laat kry dat sy rugspiere byna in ’n spasma getrek het. Die vraag is nou net of sy dit inderdaad alles by hom geleer het. Indien nie, waar sou sy dit geleer het?

      Juan het haar lyfie gesoen, gemasseer en van hoek tot kant gestreel. Hy kan dit nou weer alles sien en hoor en proe soos dit gisteraand gebeur het. Hy weet sy sal ’n wonderlike vrou wees vir die man wat eendag haar liefde wen.

      Hy bekyk haar terwyl sy slaap. Sy lyk soos ’n prinses wat wag om deur die regte prins gesoen te word sodat sy deur sy liefde wakker gemaak kan word. Sy hart en verstand speel ’n rukkie Russiese roulette met hom, en dan besef hy hy sal haar moet laat gaan …

      Nadat hy ’n ruk na haar asemhaling gelê en luister het, begin hy stadig vorentoe en agtertoe beweeg, net om haar boudjies regtig te voel – dit is so sag en hemels teen sy maag en heupe. Hy vat haar tieties, voel saggies aan haar tepels en soen haar op haar skouers terwyl sy wakker word.

      Sy draai om in sy arms. “Jy is stout,” sê sy saggies met haar oë nog toe. Haar lippe trek syne soos magnete aan, en sy soen hom lank en innig terug.

      Dan ruk sy haar kop weg. “Haai jy, ek het nog nie eens tande geborsel nie!”

      “Jou lippe en asem proe nog steeds na ons liefdespel van gisteraand, pragtig,” sê hy.

      Marissa sug en hulle lê nog knus in mekaar se arms, haar borsies styf teen sy lyf.

      “Die meisies van Boer soek ’n vrou weet nie watter avontuur vir hulle wag met jou nie,” sê sy met toe oë. “Juan, belowe my net een ding: As jy ’n keuse gemaak het, moet jy vir altyd getrou bly. Daar is geen groter seer vir ’n vrou as haar lewensmaat haar verneuk nie.” Sy maak haar oë oop en kyk hom ernstig aan. “Dink jy jy sal ooit daai commitment kan maak? Anders moet jy dit eerder los.”

      “As sy soos jy gaan wees, Marissa, sal ek dit sonder twyfel doen en maklik so ’n belofte aan haar kan maak.”

      “Nee, Juan, jy kan my nie as maatstaf gebruik nie.” Sy druk haar bolyf regop en leun op ’n elmboog. “Dit sal onregverdig wees.”

      Sy hand begin oor haar lyf dwaal, oor haar boudjies … haar rug … haar bobeen … en dan vryf hy liggies oor haar hemelse heuweltjie en voel haar klit is styf en sy is sopnat.

      “Moenie, jy maak my nou net lus, asseblief,” keer sy, maar vat sy stywe voël stewig vas en begin dit vertroetel.

      Sy vinger beweeg op en af in haar nat slootjie. Genade, tot sy vinger is nou styf! Hoe dringender hy met haar klit speel, hoe intenser werk sy hom, totdat hulle albei ’n orgasme bereik wat hulle so laat skree van plesier dat selfs Bruno se getjank amateuragtig klink.

      Hulle lê ’n ruk stil en raak weer half aan die slaap. Dit is net ná agtuur die oggend toe hulle weer tot verhaal kom en besluit om koffie te gaan maak en in die jacuzzi te spring.

      Hulle loop albei kaal, en hy is verbaas dat sy nie skaam is en alles wil bedek nie. Sy peester bly styf en hy voel selfbewus as dit so rondswaai voor hom. Baie meisies het al gekla hy is te groot en maak hulle seer. Marissa se volmaakte boude en heupe swaai uitnodigend hier voor hom, en dit maak dit nog erger.

      “Word jou penis nooit slap nie, jong?” vra sy laggend. “Vandat ek hier gekom het, is hy styf.” In die kombuis vat sy dit weer stewig vas en gee dit ’n drukkie.

      “Dit is jou skuld, jou klein bokker, en jy weet dit,” skerm hy.

      Dit lyk na ’n lieflike dag buite, en Marissa laat dit nog beter lyk. Hulle het besluit hulle wil vandag eers gaan perdry en dan met die vierwieler na die waterval en swemgat ry om daar piekniek te hou. Juan geniet haar geselskap. Hy kan nie glo sy het so verander nie, want almal ken haar as stil en teruggetrokke. Die manne het altyd gesê as sy ’n penis sou sien, gaan sy dit toepak met klippe en die polisie bel.

      Hulle klim uit die jacuzzi en begin mekaar afdroog. Sy vat sy penis vas wat nou weer stokstyf is, en begin dit afdroog. “Is ons nie besig met ’n gevaarlike speletjie nie, Juan?” Haar ligblou oë is groot wanneer sy na hom opkyk. Dit is net een te veel vir hom en hy gryp haar en druk haar teen hom vas.

      Sy stoot hom stadig weg. “Ek het groot respek vir jou omdat jy jou beloftes gehou het,” sê sy. “Ek weet dit moet baie moeilik vir jou wees.” Haar mond is teen syne en sy gee hom ’n ligte soentjie. “Ek moes jou toets om te weet of jy tog wel respek sal hê, al sê ’n vrou nee.” Dan draai sy om sodat hy haar kan droogvryf met die handdoek. “Ek weet dit is wreed wat ek nou aan jou doen,” sê sy, “maar ek glo jy verstaan. Ek wil jou geniet in hierdie verbode omstandighede, want jy weet dat ons nie ’n kans gegun sal word om ’n egte verhouding te hê nie. My ouers se goedkeuring is baie belangrik vir my, al is ons hóé verlief op mekaar.”

      Juan probeer verstaan wat sy vir hom sê. Miskien werk ’n vrou se seksbrein heel anders as ons manne s’n. Sy brein sê as ’n meisie wil spyker, dan spyker ’n man haar. As sy haar lyf vir hom wil wys, dan spyker hy haar. Nou wat anders gebeur dan hier? Hier staan die mooiste lyfie voor hom, en hy mag net speel en nie spyker nie. Is Marissa besig om ’n speletjie met hom te speel? As sy wel speletjies speel, moet sy dit geniet, maar hy besluit daar en dan spyker gaan hy haar nog spyker, al is dit oor twintig jaar wanneer haar goedgekeurde mannetjie nie meer wil of kan nie.

      Hulle dag se bedrywighede begin en dit word gou ’n dag vol pret. Sy brein wil egter net nie van die seksding vergeet nie. Die middag se piekniek by die waterval en swemkuil is die hoogtepunt. Hulle swem kaal en gaan lê in die son om droog te bak, sy eers op haar magie. Die son blink op haar vel. Juan gaan lê bo-op haar en haar boudjies voel fluweelsag teen sy harde lyf. Hy druk sy ereksie tussen haar bobene in en beweeg dit op en af. Sy begin haar heupe ook ritmies beweeg.

      Sy vra hom om af te klim en hy dink o-hô, nou het hy finaal oortree. Haar stemtoon is egter kalm en bedaard: “Lê op jou rug,” beveel sy en gaan staan hande-viervoet oor hom. Haar borsies is bokant sy mond en hy suig een tepel dat sy kreun van plesier. “Dit is baie lekker,” sug sy en haar bolyf sak laer oor hom. “Ek gaan nou bo-op jou sit, maar jy mag niks doen nie.” Daar is ’n ondeunde vonkel in haar oë.

      Hy wonder wat haar plan nou is. Sy druk sy orgaan plat en gaan sit bo-op hom. Hy kyk af en sien sy meneer lê tussen haar skaamlippies. Sy kyk ook af en begin daarop konsentreer om stadig vorentoe en agtertoe met haar klit oor sy voël te vryf en te sorg dat dit nie inglip nie. Dit is hemels.

      Ná ’n paar minute begin haar heupe al hoe dringender beweeg en hy weet sy is sekondes van ’n orgasme af. Hy lê stil want as hy gaan beweeg, is hy in. Dan kom hulle tegelykertyd en hul gille eggo in die kloof. Straal vir straal spuit hy, tot teen haar gesig en oor haar borste voordat hy hom in haar mond druk en sy die laaste bietjie hanteer.

      Sy sak moeg langs hom neer en hulle raak rustig. Hy weet nie of hy alles sal kan verwerk wat tot dusver die naweek gebeur nie. Sy lewe voel skielik so leeg. Hy dink terug aan sy universiteitsdae en die meisie wat hy so liefgehad het en toe in ’n ander man se arms betrap het. Die herinnering oorweldig hom en hy voel hoe sy oë wasig word.

      Marissa voel sy hartseer aan en lig haar kop op. “Haai, Juan, wat is fout? Het ek iets verkeerds gesê?”

      “Nee, dis nie jy nie, pragtig. Dis net dat ek so na liefde smag. Ek bly daarna soek, maar dit voel of dit nie vir my bedoel is nie.”

      “Dit sal kom, Juan. Ek is so jammer. Jy sal wel liefde vind. Die regte een wag êrens vir jou. Ons moet jou vorm vir Boer soek ’n vrou voltooi sodat ek dit Maandag kan pos.”

      “Gaan dit dan beteken dat ons ná hierdie naweek taboe is vir mekaar? Dat ons dan net as vriende deur my suster kontak mag hê?” Juan voel steeds die knop in sy keel.

      “Ai, Juan, as dit maar net in ander omstandighede was, maar jy het ’n reputasie in hierdie dorp wat vir niks skrik nie. Ek weet nou hoekom jy doen wat jy gedoen het, maar almal sien dit