Boer kry ’n Vrou. Jan van Staden. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Jan van Staden
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Эротическая литература
Год издания: 0
isbn: 9780624073703
Скачать книгу
rus, het hy gevoel hoe haar rug styf trek, maar sy het nie sy hand weggestoot nie. Ná ’n paar sekondes beweeg haar hand saggies agter sy arm verby en beland so reg op sy stywe knop. Sy het weer verstyf en hy het ’n salige glimlag op sy gesig gekry.

      “Juan, gedra jou, jy is in die kerk! Het jy geen skaamte nie?” het Marissa gefluister, maar steeds nie sy hand weggestoot nie. Hy het haar been ’n moedswillige drukkie gegee, en toe knyp sy hom en besef hy hy moet dinge nou nie te ver vat nie.

      Ná die diens het hy buite vir haar gewag. Sy het reguit na hom toe gestap en hy het amper op sy rug geval toe hy sien sy glimlag.

      “Nee maggies, Juan, daar is geen salf aan jou te smeer nie! Jy is net flippen stout!” het sy gesê.

      Hy het al sy sjarme ingespan. “Nou kom kuier dan die naweek by my. Asseblief, Marissa?” het hy gevra. “Ek smeek jou. As jy nee sê, gaan ek net hier op my knieë voor jou staan.”

      “Moet jou nie simpel hou nie, Juan. En as ek ja sê, wat dan?”

      “Dan kuier ons net lekker. Ek belowe,” het hy gepleit.

      Sy het lank na hom gekyk. Sy hart het in sy keel geklop en sy onderlyf het onrustig geraak. Sy het so pragtig gelyk waar sy met skrefiesoë na hom gekyk het.

      “Oukei, maar jy moet belowe om jou te gedra,” het sy ernstig gesê.

      Hy het haar vasgegryp en haar in die rondte geswaai. Gelukkig het die meeste mense al gery.

      2

      Juan staan stadig op van die klip waarop hy gesit het. Die son begin sy kop onder die kombers intrek vir die nag en hy sal moet aanstaltes maak. Ook ’n bietjie nadink oor hoe hy hom sal moet gedra, want Marissa het dit duidelik gemaak sy kom met haar eie kar sodat sy kan huis toe gaan as hy nie sy hande tuis hou nie.

      Hulle het altyd gesê in die weermag is blouvitrioel in die troepe se koffie gegooi om hul libido’s in toom te hou. Wat hy die naweek daarvoor kan gebruik weet hy wragtig nie, want sy was baie beslis: géén seks of toenadering nie.

      Bruno, sy boerboel, kom na hom aangehardloop en spring teen hom op. “My ou honne, as jy maar net uit jou hondewêreld kon raad gee oor wat ek moet doen om my lewe rustig te kry,” sê hy vir die hond wat hom op sy hakke huis toe volg.

      Die huis is donker en ruik lekker. Hy het lekkerruikgoed by Dischem gaan koop wat sy huishulp orals in die huis geplaas het. Hy sit die ligte aan en klap gou ’n biertjie voor die TV voor hy gaan stort. Hy het al ’n paar keer die 4x4-program Safari op kykNET gekyk. Nie sleg nie, behalwe dat hulle hopeloos te veel advertensies vir Boer soek ’n vrou wys. Juan het die vorige reeks gekyk, maar wragtig nie weer nie. Sy suster, Yvonne, wou hom al inskryf daarvoor en het die aansoekvorm wat sy op die internet opgespoor het vir hom gebring. Maar sy moed het hom begewe en hy het dit opgeskeur. Sy was baie kwaad vir hom, maar hy weet hy sal vou voor daai kamera. As daar nou een ding is wat hy nie kan doen nie, is dit toneelspeel.

      Nadat hy die biertjie klaar gedrink het, stap hy na die kamer wat hy vir Marissa laat regkry het. Dit het ’n en suite-badkamer en die mure, gordyne en beddegoed is alles donkerpienk. Of dit die warm kleur is weet hy nie, maar skielik hardloop sy verbeelding met hom weg. In sy geestesoog sien hy Marissa kaal op die bed lê en sy libido rev tot in die rooi. Sal ’n vrou ooit besef wat sy aan ’n man doen?

      Hy klim onder die stort in, sy grootmeneer nog kliphard en punt in die wind. Net toe die seep lekker tussen sy bene skuim, lui sy selfoon en sy hart ruk in sy keel. Sê nou net dit is Marissa wat sê sy wil nie meer kom nie?

      Hy maak die krane toe en loop kaal na sy foon. Dis Janet se nommer. Hy antwoord, en sy is die ene trane aan die ander kant. Sy en haar man, Jan, het ’n uitval gehad en hy het na sy ouers in Polokwane gery. Sy vra tussen die snikke deur of sy die naweek by hom kan kom deurbring.

      Hy troos haar eers en sê dan hy het die naweek kuiergaste.

      “Is dit weer een van jou slette wat kom kuier?” vaar sy uit.

      “Asseblief, Janet, kalmeer. Verstaan net dat ek ook ’n lewe het,” sê Juan en druk die foon dood, want hy is nou wragtag nie lus vir haar tirade nie. Wie dink sy is sy? Sy is beslis ’n groter slet as wat enige van sy ongetroude bedmaatjies is. Hy sal een of ander tyd mooi moet nadink oor Janet. Sy dink hy moet spring as sy op sy knoppie druk.

      Juan sit sy selfoon neer en klim terug in die stort. Wat sal hy nou met Janet bodder? Marissa kom netnou en dit gaan ’n ongekompliseerde naweek sonder seks wees. Hy begin sommer “Verbode vrugte” van Robbie Wessels sing.

      So tussen sy wipplank-emosies en singery deur sweer hy hy hoor iets. Hy maak die krane toe en luister. Waar is Bruno? Hy droog hom vinnig af en loop net so kaalgat na die voorhuis. Sy stywe peester swaai soos ’n hond se stert heen en weer. Hy loop baie kaal as hy alleen by die huis is. Dit gee hom ’n gevoel van vryheid en as hy lus het om te masturbeer is daar nie klere in die pad nie. Hy moet tog in oefening bly.

      Juan loer eers by die lodge se gimnasium in. Niks nie. Dan loop hy in die gang af voorhuis toe.

      “Aaaaaaaa, my vrek!” skree hy en skrik sy gat af as hy skielik trompop in Marissa vasloop. Sy skrik net so groot en hy soek na iets om homself mee te bedek. Daar is niks nie en hy gryp toe maar vir haar vas. Haar oë is so groot soos pierings.

      “Goeie genade, Juan! Ek het geklop en toe niemand oopmaak nie, het ek gevoel die deur is nie gesluit nie en toe kom ek in. Ek is jammer!” Sy bloos bloedrooi.

      Die volgende oomblik bars hulle albei uit van die lag. Juan besef hy staan nat en kaalgat teen die meisie vir wie hy belowe het daar gaan die naweek geen seks wees nie.

      Sy kyk na hom en wys met haar vinger na onder. “Juan, hy is styf en as jy nog nader gaan staan, gaan hy ’n gat maak waar daar nie een is nie.” Sy kyk hom met ’n ondeunde glimlag aan. “Hy lyk groter as daai aand in die parkeerterrein.” Dan draai sy vinnig om. “Gaan trek jou klere aan. Ek wag in die sitkamer,” sê sy oor haar skouer.

      Juan draai om en loop die gang af. Hy kyk om en betrap haar dat sy omgedraai het en sy boude dophou.

      “Wow, sexy boudjies,” sê sy met haar hande in die sye.

      Hy besef hy het skuins gedraai en sy meneer staan steeds punt in die wind. Hy glip vinnig by sy kamer in. Sy hart bons in sy keel. Dit is nie die Marissa wat hy ken nie. Waar is daai skaam meisie van drie maande gelede?

      Hy kam sy hare en trek ’n PT-broek en ’n T-hemp aan. Hy stap sitkamer toe. “Kom ek gaan wys jou waar jy slaap,” sê hy en stap vooruit.

      Hy los haar in die kamer en loop na die kroegvertrek om die braaivleisvuur aan die gang te kry. Die jacuzzi se temperatuur voel net reg.

      Ná ’n halfuur kom sy ingestap. Sy lyk pragtig in ’n moulose bloesie en denim-sjoebroekie. O wetter … as haar pa haar nou moet sien, onterf hy haar.

      “Witwyn of rooiwyn, skone dame?” vra hy om die ys te breek.

      “Rooi, natuurlik. Wie drink nou witwyn as jy om ’n braaivleisvuurtjie kuier?” Sy kyk hom van onder haar wimpers aan. “Ek was gisteraand by Yvonne,” sê sy geheimsinnig. “Ons het lekker van jou geskinder, en ek dink ons voel dieselfde oor jou. Dit is nou wat jou leefwyse aanbetref.”

      Hy hou op wyn skink en sit die bottel langs die glas neer. Hy weet nie of hy trots of suur moet wees omdat meisies hom met sy suster bespreek nie. Dis seker ook nou nie so ’n vreemde ding nie, want Yvonne is een van die prokureurs op die dorp.

      “Daai sussie van jou is baie lief vir jou,” sê Marissa.

      “En mag ek weet wat sê julle as julle van my praat en nie met my nie?”

      “Kom ons ontspan eers en los die ernstige gesprek vir later.” Sy glimlag nou heel nonchalant.

      Die volgende uur of