a. Die (veld/velt) se gras is netjies gesny.
b. Die aflosatleet het die (stokie/stokkie) laat val.
c. ’n Lastige (flieg/vlieg) draai om die atleet.
d. Die (atleete/atlete) moet goed opwarm voor die resies.
3.Verdeel die skuinsgedrukte woorde in lettergrepe . Skryf of die lettergrepe oop of geslote is. (2)
a.Die laerskool is die naaste.
b.Mbulani geniet wedlope .
4.Skryf die regte vorm van die skuinsgedrukte woorde neer. (5)
a.Nie al die atleet is fiks nie, hulle is onfiks deelnemers.
b.Hoe hoog jy spring, hoe suksesvol kan jy wees.
c.Die klein span sit eenkant en ontspan.
5.Verander die stelsin in ’n vraagsin . Die skuinsgedrukte woorde moet die antwoord wees. (1)
Die beamptes het ’n rekenaar gebruik om die wenspan te bepaal.
6.Skryf die sin oor in die verlede tyd . (1)
Die vraagtekens blom stralend.
7.Skryf die sin oor in die toekomende tyd . (1)
Die byeenkoms vind Saterdag plaas.
Totaal: 20 punte
Formele assessering: Jou onderwyser kan jou antwoorde formeel vir Taak 3 in kwartaal 1 assesseer.
In hierdie aktiwiteit gaan jy
bekendstellingskonvensies gebruik
jouself bekend stel
’n storie vertel.
Stel jouself bekend
Jy gaan later in die jaar (Module 15) op ’n meer formele manier leer hoe om iemand bekend te stel. Oefen solank op ’n meer informele manier. Doen die volgende:
Sê wie jy is en waar jy bly.
Waarvan hou jy?
Wat het jy die afgelope vakansie gedoen en waarna sien jy hierdie jaar uit?
Doen die volgende as jy praat:
Praat duidelik en nie te vinnig nie.
Maak seker jy spreek die woorde reg uit.
Storievertelling
Jy gaan ook in Module 6 leer hoe om ’n storie reg te vertel. Vertel nou ’n storie vanuit jou eie ervaring oor ’n atletiekbyeenkoms wat jy bygewoon het. Doen die volgende as jy die storie vertel:
Kyk hoe jy staan.
Praat duidelik, teen ’n goeie tempo en spreek die woorde reg uit.
Jy kan ook gebare gebruik.
Sport is deel van ons lewe. Miskien was jou oupa of ouma ’n beroemde sportman of -vrou! Daar is mense wat so baie van sport hou dat hulle dit elke dag wil doen en daar is mense wat dit glad nie wil doen nie. Waar pas jy in? Neem jy deel aan sport omdat die skool sê jy moet of omdat dit vir jou lekker is?
Luister na en lees ’n gedig oor ’n goeie Suid-Afrikaanse atleet. Jy gaan ook vrae oor die gedig moet beantwoord. Skryf later self ’n gedig.
In hierdie module gaan ons aktiwiteite rondom sport doen. Leer van jeugverhale en van Jasper se spykerskoenedroom. Berei dan ook die gedeelte vir hardoplees voor.
Oefen vlug- en soeklees en beantwoord vrae oor die storie. Gebruik dan jou taalkennis oor skryf- en leestekens asook lidwoorde.
In hierdie aktiwiteit gaan jy
na ’n gedig luister
die gedig bespreek
vrae oor die gedig beantwoord
idiome en vergelykings reg gebruik.
Luister na ’n gedig
Jou onderwyser gaan ’n gedig vir jou lees. Luister goed, want julle gaan die gedig bespreek.
Preluister
Wat is jou gunstelinggedig? Hoekom hou jy van die gedig?
Lees julle gunstelinggedigte vir mekaar.
Beskryf die prentjie by hierdie gedig.
Gaan die gedig oor ’n man of vrou? Hoekom sê jy so?
Watter sport dink jy doen die persoon?
Tydens luister
Luister nou goed terwyl jou onderwyser die gedig lees.
Postluister
Gesels oor die volgende:
Het jy van die gedig gehou? Hoekom sê jy so?
Oor wie gaan die gedig? Hoe weet jy dit?
Watter prys kry ’n wenner by die Olimpiese Spele?
Kan iemand bene van staal hê? Gee ’n rede vir jou antwoord.
Kies die regte antwoord: As jou gesig “strak” is, dan wys jy hoe jy voel/wys jy nie hoe jy voel nie.
Beurtlees: Maak nou beurte om die gedig te lees.
Prelees
Wie is die digter?
Waarom dink jy het die digter hierdie gedig geskryf?
Vinniger, Hoër, SterkerOpgedra aan Matthews Batswadi vir sy prestasie gedurende die apartheidsjare.1Goud wink vir hom2in die pylvak.3Nes ’n oopkelk blom4bly sy gesig strak.5Staalbene rek6maak plek vir meer7in ’n finale strek.8Oplaas kom die eer.9Stralend vereer10en trots gebou.11Mynwerker van weleer.12Ons vir jou, ons vir jou! | BesprekingTitel: Die Olimpiese Spele se leuse (slogan).Subtitel: Gee ’n agtergrond oor wie die gedig gaan.r. 1: Die medalje as jy eerste kom.r. 2: Die laaste gedeelte voor die wenpaal.r .3: Soos ’n blom wat oopmaak en blom.r. 4: Wys nie hoe hy voel nie.r. 5: Bene is goed geoefen.r. 6: Begin vinniger hardloop.r. 7: Die laaste paar meter voor die wenpaal.r. 8: Kry uiteindelik erkenning. (Get acknowledgement)r. 9: Glimlag en is baie bly.r. 10: Hy staan trots, is nie skaam nie.r. 11: Die werk wat hy gedoen het.r. 12: Aanhaling uit “Die Stem” |
(Jax Pretorius. Ongepubliseer)
Beantwoord die volgende vrae oor die gedig.
1. Uit hoeveel versreëls bestaan die gedig?
2. Vul die antwoord in: Die gedig het . . . strofes en . . . versreëls.
3. Skryf die rymwoorde in elke strofe neer.
4. Skryf die woord in versreël 2 neer wat bewys hy hardloop na die wenpaal.
5. Watter werk het Matthews Batswadi gedoen?
6. Verduidelik wat met die woord “goud” in versreël 1 bedoel word.
7. Kies die regte woord. Die vergelyking in versreël 3 beteken . . .
a. hy het altyd ’n blom saamgedra.
b. sy gesig is vol konsentrasie soos ’n blom wat stip na die son kyk.
c. die toeskouers gooi