Kenmerke van ’n gedig | Gedig 1 | Gedig 2 | Gedig 3 |
Titel | |||
Digter | |||
Rympatroon | |||
Tipe ritme | |||
Aantal versreëls | |||
Aantal strofes | |||
Hoeveel versreëls het elke strofe? | |||
Het die gedig ’n tema of boodskap? | |||
Hoe sal jy die gedig se atmosfeer beskryf? |
In hierdie module gaan jy van tradisies leer.
Luister na ’n drama wat vertel hoe ’n tradisie iewers in Afrika ontstaan het. Luister aandagtig vir inligting voordat jy vrae beantwoord.
Oefen jou leesbegrip en lees ’n kortverhaal oor ’n Ndebele-tradisie. Lees ’n gedig oor iemand van Finland. Jy gaan ook jou kennis van voornaamwoorde uitbrei.
Gebruik jou taalvaardighede en skryf ’n dialoog tussen karakters in ’n kortverhaal. Voer hierdie dialoog op.
Doen ’n hersieningsoefening oor spelling en idiomatiese taal. Sluit die module af met die lees van ’n volksverhaal uit jou Piekfyn Afrikaans Leesboek en beantwoord vrae daaroor.
In hierdie aktiwiteit gaan jy
na ’n drama luister
oor die drama gesels
vrae oor die drama beantwoord
voornaamwoorde reg gebruik.
Preluister: Voorspel waaroor die teks gaan.
Kyk na die prentjie. Gesels met jou maat oor die volgende:
Wie dink jy is die persoon in die illustrasie? Waarom sê jy so?
Wat doen die persoon? Gee redes vir jou antwoord.
Watter dier sit voor die tafel?
Waarom dink jy is hierdie dier vasgemaak?
Die volgende woordverklarings gaan jou help om die teks beter te verstaan.
inboorling (native) – oorspronklike inwoner van ’n land, streek
smul (tuck in) – lekker eet, die ete geniet
verantwoordelike (responsible) – dit is sy werk
Tydens luister
Jou onderwyser gaan ’n drama, “ ’n Nuwe tradisie”, voorlees. Jy moet aandagtig vir inligting luister. Doen die volgende:
Luister eers net as jou onderwyser die drama lees.
Daarna gaan jy die vrae deurlees.
Jou onderwyser gaan dan die drama weer voorlees. Lees dan die drama saam met jou onderwyser.
Maak notas soos jy luister.
Beantwoord dan die vrae in jou werkboek.
’n Nuwe tradisie
Agtergrond:
Iewers in Afrika. Die inheemse stam hou ’n fees vir hulle koning.
Karakterlys:
Indoena : Koning se raadgewer. Hy reël ook die fees. Ongeveer 49 jaar oud.
Koning : Die koning van die inheemse stam. Ongeveer 50 jaar oud. Hy is baie streng. Almal is bang vir hom.
Indoena : So ja, alles moet nou net goed gaan. Dit is die koning se dag.
Koning : Indoena, is alles reg? Ek soek nie probleme nie.
Indoena : Ja, my koning. Kyk, die tafel kreun onder die lekker kos.
(’n Pikswart kat kom skielik onder die tafel uit, spring op die tafel en begin smul aan die vleis. Die koning se glimlag verdwyn.)
Indoena : (Verskrik en bang) Jammer, Koning. (Blitsvinnig vang hy die kat.)
Koning : Maak die kat aan die paal vas! Hier, vat hierdie riem! Hy sal daar bly tot die fees klaar is.
Indoena : So ja, nou kan ons aangaan met die fees. Sorg dat daai kat elke jaar vasgemaak word. Dit is nou ’n tradisie vir hierdie fees!
(Henry October. Ongepubliseer)
Postluister: Beantwoord die volgende vrae oor die luisterteks.
Vrae oor die inhoud
1. Vir wie word die fees gehou? (1)
2. Skryf twee dinge neer wat die kat gedoen het voordat hy gevang is. (2)
3. Watter kleur was die kat? (1)
4. Waaraan is die kat vasgemaak? (1)
5. Vir hoe lank is die kat aan die paal vasgemaak? (1)
Wat dink jy?
6. Kies die regte antwoord. (1)
’n Indoena is iemand . . .
a. wat vir ’n koning raad gee.
b. wat die kos maak.
c. wat ’n kat vang.
7. “Die leser weet in watter land die tradisie begin het.”
a.Is hierdie sin waar of onwaar ? (1)
b. Skryf ’n woord neer om jou antwoord te bewys. (1)
8. Beskryf in jou eie woorde wat die volgende sin beteken: (2)
“. . . die lang tafel wat kreun onder die gewig van al die eetgoed.”
9.Voltooi die volgende sin: Die koning se glimlag het verdwyn, want hy . . . (1)
Wat dink jy van die storie?
10. Watter tradisie het die mense begin volg? Skryf jou antwoord in twee sinne. (2)
11. Dink jy dit is reg dat die kat aan ’n paal vasgemaak word? Gee ’n rede vir jou antwoord. (1)
Totaal: 15 punte
Gesels in groepe:
Watter tradisies (vaste gewoontes) het julle familie?
Stem jy saam met julle tradisies? Waarom sê jy so?
Sal jy die tradisies vir jou kinders leer? Hoekom sê jy so?
Taal in konteks: Voornaamwoorde
Lees In ’n neutedop en die Taalgids om meer van voornaamwoorde te leer.
Voornaamwoorde
’n Persoonlike voornaamwoord staan in die plek van die selfstandige naamwoord. Byvoorbeeld: Die seun se hande is vuil. Hy moet sy hande was.
Onpersoonlike voornaamwoord kom gewoonlik by natuurverskynsels voor. Byvoorbeeld: Dit reën. Dit gaan sneeu. Daar word vertel dat tradisies lankal begin het.
Besitlike voornaamwoord dui besitting aan. Byvoorbeeld: Dit is my boek. Dit is myne. (Wenk: Vra die vraag: wie se?)
Die betreklike voornaamwoord het betrekking op (relates to) die selfstandige naamwoord vroeër in die sin. Dit tree ook as skakelwoord (conjunction) op. As ’n voorsetsel saam met die voornaamwoord gebruik word, moet