. . Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор:
Издательство:
Серия:
Жанр произведения:
Год издания:
isbn:
Скачать книгу
die gesprek vreemdelinge insluit, is die praatstyl meer formeel.

       Gaan soos volg te werk:

      Jou beplanning

       Beplan eers jou dialoog. Gebruik ’n kopkaart.

       Besluit watter woordeskat jy gaan gebruik. Skryf hierdie woorde neer.

      Terwyl jy skryf

       Geen aanhalingstekens word gebruik nie.

       Die sprekers se name is langs die kantlyn.

       ’n Dubbelpunt word na die name gebruik.

       Laat ʼn reël na elke spreker se woorde oop.

       Skryf jou dialoog in blokvorm.

      Nadat jy geskryf het

       Laat jou maats jou dialoog vir foute deurlees.

       Skryf dit netjies oor.

       Gee jou beplanning en finale dialoog in vir assessering.Formele assessering: Jou onderwyser kan jou dialoog formeel vir Taak 2 in kwartaal 1 assesseer.

      Leer die volgende woordeskat vir ’n klastoets.

132134.png

      Voorsetsels

       Hulle stap met komberse oor hulle koppe.

       Hulle ken die reuk van pampoen.

       Hulle gaan te voet deur die rivier.

       Hulle stap terug na hulle huise.

      Idiomatiese uitdrukkings met die woord “kat”

      die kat uit die boom kyk – om seker te maak van iets

      soos kat en hond baklei – baie erg met mekaar baklei

      katvoet loop – baie versigtig wees

      Diktee

       Die jongmanne leer hoe om te veg.

       Tradisionele gewoontes is baie belangrik in sekere kulture.

       Die inwoners hou jaarliks ’n groot fees.

132231.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       die dialoog as rolspel aanbied

       die regte taal gebruik

       beurte maak

       liggaamshouding gepas gebruik.

      Rolspeel jou dialoog

      Gebruik nou jou dialoog en rolspeel dit. Doen die volgende:

       Vorm groepies en besluit wie watter rol gaan speel.

       Besluit wie se dialoog julle gaan gebruik.

       Oefen die dialoog.

       Maak seker jy kan die woorde uitspreek.

       Gebruik liggaamshouding en gebare.

       Julle kan hulpmiddels soos stokke en klere ook gebruik. Wees net versigtig.

132426.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       taalkennis toepas.

      Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek.

      As jy sukkel, kan jy die Taalgids agter in die boek gebruik.

      Taal in konteks

      Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek.

      1.Kies die regte spelling van die woord tussen hakies. (2)

      a. Qina en Zama se (ma’s/maas) wag by die huis.

      b. Julle (moed/moet) baie mooi luister.

      2.Skryf die afkortings vir die skuinsgedrukte woorde neer. (3)

      a.Die geheime plek is iewers in Gauteng .

      b.Hulle baklei as gevolg van Awande.

      c.Hulle volgende stap is om ’n huis te bou.

      3.Skryf ’n Afrikaanse woord vir die Engelse woorde tussen hakies neer. (3)

      a.Awanda is (excited ) om vir Qina te sien.

      b.Hulle stap (very slow ) terug huis toe.

      c.Awande het (immediately ) na Qina se huis gehardloop.

      4.Kies die korrekte woord . (4÷2=2)

      a. Die jongmanne het nie ’n tekort (aan/in) kos nie.

      b. Hulle baklei (met/vir) stokke.

      c. Die pikswart kat het ’n tou (om/in) sy nek.

      d. Die koning stap eerste (binne/by) die vertrek in.

      5.Skryf die getal tussen hakies in woorde uit of vertaal die Engelse woorde in Afrikaans. (4÷2=2)

      a. Die broers was (1ste) by die geheime plek.

      b. Dit is koud, dit is (17) grade.

      c. Dit is nou (08:15) in die oggend.

      d.Qina en Zama het vir (two months ) op die berg gebly.

      6. Watter idiome word met die volgende illustrasies voorgestel? Skryf die idioom en betekenis neer. Albei idiome het die woord “kat” as basisvorm. (4)

mod3img.jpg

      7.Kies die korrekte woord tussen hakies.(4)

      a. (Wie vir/vir wie) kies Awande?

      b. Die tradisie (wat van/waarvan) ek julle vertel, is baie oud.

      c. Die land (van wat/waarvandaan) die koning kom, is Uganda.

      d. Awande is haastig om (sy/haar) geliefde te sien.

      Totaal: 20 punte

      Formele assessering: Jou onderwyser kan jou antwoorde formeel assesseer vir Taak 3 in kwartaal 1.

132718.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       ’n volksverhaal vir genot lees

       self ’n storie skryf.

      Lees, waardeer en verstaan ’n volksverhaal

      In jou Piekfyn Afrikaans Leesboek is verskillende kortverhale en volksverhale opgeneem, maar weet jy wat die verskil tussen ’n kortverhaal en ’n volksverhaal is? Kyk saam met ’n maat na die volgende tabel.

KortverhaalVolksverhaal
Dit sluit in moderne kortverhale soos satires, reisverhale, sketse, ensovoorts.Dit sluit in sprokies, mites, legendes, fabels, belewenisse en sages.
Het ontstaan as skriftelike literatuur.Het ontstaan as mondelinge literatuur wat van geslag tot geslag oorvertel is.
Kortverhale het verskillende doelstellings en temas.Die doel van volksverhale is om die gehoor te vermaak en om ’n lewensles te leer.
Kortverhale wissel van kort tot lank, die intrige en spanningslyn is duidelik en handelinge kom voor.Dit is baie kort, daar is min gebeure en maak hoofsaaklik van dialoog en handeling gebruik.
Karakters is gewoonlik mense en daar is gewoonlik een hoofkarakter en newekarakters.Karakters is sprokiesfigure, diere, dinge uit die natuur.
Dit kan in die verlede of teenwoordige tyd geskryf word.Dit word gewoonlik in die verlede tyd vertel.
Karakters het name wat

e-mail: [email protected]