SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit. Hilda Lategan. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Hilda Lategan
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Кулинария
Год издания: 0
isbn: 9780624072348
Скачать книгу
die dieetvoorskrif en maaltydplan, met al die beperkinge, in ’n positiewe lig as deel van ’n gebalanseerde behandeling en leefwyse.

      Spesiale geleenthede

      KUIER EN UITEET

      •Volg die riglyne soos uiteengesit onder “Wenke om jou maaltydplan meer prakties te maak”.

      •Wanneer jy uiteet of vir ete genooi word, is dit ’n goeie idee om die restaurant vooraf te besoek of die gasvrou te skakel en vas te stel of jy ’n plaasvervanger vir ’n bepaalde gereg kan saamneem.

      KINDERPARTYTJIES

      Kinderpartytjies kan steeds prettig wees as jy die volgende riglyne volg:

      •Kies ’n interessante tema, vrolike dekor en ’n kleurryk gedekte tafel met mooi houertjies vir die eetgoed.

      •Beplan die eetgoed rondom die kind se voedselallergie of -onverdraagsaamheid en vul die eetgoed vir die ander kinders aan soos nodig. Verduidelik aan die kind watter eetgoed vir hom of haar toelaatbaar is.

      •Wanneer jou kind na ’n partytjie genooi word, is dit raadsaam om die gasvrou vooraf te vra wat jy vir hom of haar kan saambring; sodoende maak jy seker dat jou kind die partytjie geniet en niks daarvan oorhou nie.

      KOSPAKKIES EN PADKOS

      •Tuisgemaakte geregte is soms die enigste veilige keuse vir mense met ’n voedselallergie of -onverdraagsaamheid omdat die keuse van wegneemetes en snoeperye in sommige gevalle beperk en selfs twyfelagtig is.

      •Die verskeidenheid van resepte in hierdie boek bied uitkoms vir ontbyt, ligte en hoofmaaltye, muffins, broodjies en snoeperye.

      Voedselallergieë en -onverdraagsaamheid – die sosiale dilemma

      Buitestanders tree nie altyd positief op teenoor mense met ’n voedselallergie of -onverdraagsaamheid nie. Ek weet van mense wat, weens ander mense se negatiewe opmerkings, aan druk toegegee het om wel verbode voedsel te eet en daarna ure en selfs dae lank siektesimptome moes verduur.

      Indien jou allergie of sensitiwiteit deur kundige en verantwoordelike persone soos ’n geneesheer of dieetkundige of deur mediese toetse vasgestel is en positiewe behandeling voorgestel is, bly dit jou keuse maar ook verantwoordelikheid om daarby te hou en ferm standpunt in te neem as ander dit as “niks” wil afmaak. Elkeen het keuses in die lewe wat ook deur ander gerespekteer behoort te word.

      Voedingstofanalise

      Die voedingstofanalise van die resepte is met behulp van ’n rekenaarprogram ontleed volgens die inligting van die voedingswaardes in die volgende bronne: South African Food Composition Database (SAFOODS), insluitend inligting van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR) se “Food Composition Tables” (1991); bygewerkte inligting met betrekking tot groente en vrugte (1998); en bygewerkte inligting met betrekking tot beesvleis, melk en eiers (1999/2000).

      Afkortings

°Cgrade Celsius (metrieke eenheid vir temperatuur)
CHOkoolhidraat
cmsentimeter (metrieke eenheid vir lengte)
ggram (metrieke eenheid vir gewig)
kgkilogram (metrieke eenheid vir gewig)
kJkilojoule (metrieke energie-eenheid)
mgmilligram (metrieke eenheid vir gewig)
mlmilliliter (metrieke eenheid vir volume)
mmmillimeter (metrieke eenheid vir afstand)
MOVSmono-onversadigde vetsuur
POVSpoli-onversadigde vetsuur
VVversadigde vette

“Vry van”-afkortings
Kkoring
Ggluten
Mimielies
Eeier
Memelk
Llaktose
Sosoja
K+Pkleur- en preserveermiddels

      Ontbytgeregte en -drankies

      Ontbyt is ’n baie belangrike maaltyd van die dag. As jy ’n gesonde ontbyt eet, sal jy waarskynlik teen tienuur nie so rasend honger wees nie en agterkom dat selfs jou konsentrasievermoë en energievlakke gedurende die oggend beter is. Kies ’n ontbyt volgens jou omstandighede, voedselallergie of -sensitiwiteit. As jy behoorlik beplan, sal dit soveel makliker wees om jou voedselkeuses vir elke maaltyd, ook vir ontbyt, te maak.

      ’n Tipiese ontbyt kan bestaan uit:

      Styselryke kos soos:

      •Kitsontbytgraan of gekookte pap.

      •Brood, kraakbeskuitjies of ’n muffin.

      •Die styselkos van aandete soos rys, pasta of aartappel.

      Proteïenryke kos soos:

      •Melk of jogurt.

      •’n Plaasvervanger vir melk, byvoorbeeld soja-, rys- of klappermelk.

      •Kaas, eiers, gaar peulgewasse soos gebakte bone in tamatiesous of lensies, of neute.

      •Een van die proteïengeregte.

      •Vrugte, vrugtesap en/of groente soos tamatieskyfies.

      Jy kan ook ’n smaaklike ontbytdrankie berei van bestanddele wat gewoonlik deel van jou ontbyt is, soos ontbytgraan, melk, vrugte en ’n bietjie yswater. Sien ook die resepte vir smoothies.

      Ontbytgeregte en -drankies

Naam van geregVry van:K = Koring; G = Gluten; Mi = Mielies; E = Eier; Me = Melk; L = Laktose; So = Soja; K+P = Kleur- en preserveermiddels
KGMiEMeLSoK+P
Bokwietmeelpap(•)
Gortmeelpap
Boermannameelpap(•)
Hawermoutpap(•)
Hawermoutpap met hawersemels(•)
Taystee Wheat
Mieliemeelpap/Kreemymeel
Braaipap/polenta
Sorghummeelpap (fyn en grof)
Krummelpap
Stywe mieliemeelpap
Melkkos met tapioka(•)(•)(•)
Ontbytdrankie
Vrugtesmoothie(•)(•)(•)
Beet-en-wortelsmoothie
Groensmoothie
Warmsjokoladedrankie(•)(•)(•)
Nartjiestroop
Limonade
Ystee met vrugtesap
Kamilletee met vrugtesap