SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit. Hilda Lategan. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Hilda Lategan
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Кулинария
Год издания: 0
isbn: 9780624072348
Скачать книгу
g vesel

      65 g tapioka

      100 ml kookwater

      500 ml laevetmelk

      1 kaneelstokkie

      10 ml suiker

      ’n knypie sout

      2,5 ml vanieljegeursel (opsioneel, kan tartrasien en/of karamel bevat)

      1.Laat week die tapioka vir 30 minute in die kookwater.

      2.Verhit die melk en kaneelstokkie saam tot kookpunt en roer die geweekte tapioka en enige weekwater by die kokende melk. Verhit die mengsel weer tot kookpunt, roer en kook vir 5 minute sonder om dit te laat aanbrand, totdat die tapioka deurskynend en die melk verdik is. Roer die suiker, sout en geursel (indien jy dit gebruik) by die gaar mengsel.

      3.Sit die melkkos met kaneelsuiker voor.

      Kan ek dit bêre?

      Die melkkos smaak die lekkerste wanneer dit pas berei is, maar dit kan vir 24 uur verkoel word. Bevriesing word nie aanbeveel nie.

VOORSTELLE EN VARIASIES•Melkkos met sago: Vervang die tapioka deur dieselfde hoeveelheid sago.•Vervang die melk deur laktosevrye melk, byvoorbeeld Parmalat Easy Gest, dan is die gereg laktosevry maar nie melkvry nie.•Vervang die melk deur sojamelk, dan is die gereg melk- en laktosevry maar nie sojavry nie.•Vervang die melk deur klappermelk of rysmelk, dan is die gereg melk- en laktosevry.

      Ontbytdrankies

      Ontbytdrankie

      LEWER 1 PORSIE

Vry van:KGMiEMeLSoK+P
Voedingstofanalise per porsie (± 250-300 ml):
1 074 kJ40,1 g CHO10,0 g proteïen5,3 g vet
1,6 g MOVS1,0 g POVS2,7 g VV3,3 g vesel

      125 ml laevetmelk

      75 ml koue water

      1 middelslag-piesang, geskil en in skyfies gesny (100 g sonder skil)

      5 ml suurlemoensap

      50 ml Futurelife Smart Food “Original” (25 g)

      ’n paar druppels vanieljegeursel (opsioneel, kan tartrasien en/of karamel bevat)

      1.Plaas die melk, water, piesang, suurlemoensap, Futurelife en geursel (indien jy dit gebruik) in ’n versapper en verpulp tot glad en skuimerig. Gooi die drankie in ’n glas en drink dadelik.

      Kan ek dit bêre?

      Die drankie behoort gedrink te word sodra dit gemeng is en sal mettertyd uitskei.

VOORSTELLE EN VARIASIES•Gebruik die Futurelife Smart Food in die geur van jou keuse. Indien die aarbeigeur gekies word, kan die piesang deur aarbeie of bessievrugte van jou keuse vervang word.•Vervang die Futurelife Smart Food deur ProNutro Wheat-free indien jy ’n koringvrye drankie verkies.

      Vrugtesmoothie

      LEWER 4 PORSIES

Vry van:KGMiEMeLSoK+P
(•)(•)(•)
Voedingstofanalise per porsie (± 200 ml):
701 kJ24,5 g CHO5,6 g proteïen2,7 g vet
0,7 g MOVS0,1 g POVS1,9 g VV4,3 g vesel

      250 g vars veselvrye mango, in blokkies gesny (± 400 g met die skil en pit)

      250 ml ongegeurde laevetjogurt

      250 ml laevetmelk

      115 g-blikkie grenadellamoes (± 4 vars grenadellas)

      15 ml vars suurlemoensap

      koue water

      1.Plaas die mango, jogurt, melk, grenadellamoes en suurlemoensap in ’n versapper. Voeg koue water by soos nodig en verpulp tot glad en skuimerig. Gooi die drankie in ’n glas en drink dadelik.

      Kan ek dit bêre?

      Die drankie behoort gedrink te word sodra dit gemeng is en sal mettertyd uitskei.

VOORSTELLE EN VARIASIES•Vervang die mango deur ander geel vrugte, soos papaja of nektariens.•Vervang die vrugte deur aarbeie of vars of bevrore bessievrugte, soos bloubessies, appelliefies, frambose of moerbeie.•Vervang die jogurt deur sagte tofu en die melk deur sojamelk of klappermelk. As sojamelk en tofu gebruik word, is die drankie melk- en laktosevry maar nie sojavry nie.•Vervang die grenadellamoes deur lemoen- en/of mangosap sonder preserveermiddels, soos LiquiFruit of Ceres. Vars lemoensap kan die vrugtedrankie vinniger laat uitskei.

      Beet-en-wortelsmoothie

      LEWER 2 PORSIES

Vry van:KGMiEMeLSoK+P
Voedingstofanalise per porsie (± 200 ml):
755 kJ35,5 g CHO2,6 g proteïen0,0 g vet
0,0 g MOVS0,0 g POVS0,0 g VV6,3 g vesel

      150 g rou beet, afgespoel, dun geskil en in blokkies gesny (± 2 bete)

      200 g rou wortels, geskraap en in skyfies gesny (± 2 wortels)

      100 g appel, ontkern en met die skil in skyfies gesny (1 appel)

      ’n duimlengte vars gemmerwortel, geskil en gekap

      250 ml appelsap sonder preserveermiddels, bv. LiquiFruit of Ceres

      koue water

      1.Plaas die beet, wortel, appel, gemmer en appelsap in ’n versapper. Voeg koue water by soos nodig en verpulp tot glad en skuimerig. Gooi die drankie in ’n glas en drink dadelik.

      Kan ek dit bêre?

      Die drankie behoort gedrink te word sodra dit gemeng is en sal mettertyd uitskei.

VOORSTELLE EN VARIASIES•Gee hierdie drankie met tuiskoms namiddag vir die kinders in plaas van suikerbelaaide koeldrank. Hiermee kry die kind dan reeds ’n goeie porsie groente in!

      Groensmoothie

      LEWER 2 PORSIES

Vry van:KGMiEMeLSoK+P
Voedingstofanalise per porsie (± 200 ml):
577 kJ30,2 g CHO0,6 g proteïen0,0 g vet
0,0 g MOVS0,0 g POVS0,0 g VV3,2 g vesel

      200 g groen appels, ontkern en met die skil in skyfies gesny (± 2 appels)

      ¼ middelslag- Engelse komkommer, met die skil in skyfies gesny (± 40 g)

      2 selderystingels met blare, afgespoel en gekap (± 20 g)

      ’n duimlengte vars gemmerwortel, geskil en gekap

      250 ml appel- of peersap sonder preserveermiddels, bv. LiquiFruit of Ceres

      koue water

      1.Plaas die appel, komkommer, seldery, gemmer en appel- of peersap in ’n versapper. Voeg koue water by soos nodig en verpulp tot glad en skuimerig. Gooi die drankie in ’n glas en drink dadelik.

      Kan