SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit. Hilda Lategan. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Hilda Lategan
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Кулинария
Год издания: 0
isbn: 9780624072348
Скачать книгу
is en sal mettertyd uitskei.

VOORSTELLE EN VARIASIES•Vervang die appels deur vars pere.•Vervang die komkommer deur jong murgpampoentjies.•Voeg jong beetblare of babaspinasieblare by.

      Warmsjokoladedrankie

      LEWER 2 PORSIES

Vry van:KGMiEMeLSoK+P
(•)(•)(•)
Voedingstofanalise per porsie (± 250 ml):
611 kJ17,0 g CHO7,5 g proteïen4,9 g vet
1,5 g MOVS0,2 g POVS3,2 g VV0,6 g vesel

      20 ml kakaopoeier

      10 ml mielieblom

      10 ml suiker (opsioneel, kan vervang word deur versoeter van jou keuse)

      100 ml water

      400 ml laevetmelk

      vanieljegeursel na smaak (opsioneel, kan tartrasien en/of karamel bevat)

      1.Meng die kakaopoeier, mielieblom en suiker of versoeter saam tot glad. Voeg ’n bietjie van die water by en meng tot ’n gladde pasta. Roer die oorblywende water by en mikrogolf vir 1-2 minute op mediumhoog (70% krag) totdat die mengsel kook en verdik. Roer tussenin sodat die mengsel egalig verdik.

      2.Roer die melk by die warmsjokolademengsel. Mikrogolf dit weer vir 1-2 minute op medium-hoog (70% krag) totdat die drankie stomend warm is. Roer die geursel by die sjokolade-mengsel, indien jy dit gebruik, en klits tot skuimerig. Sit die drankie stomend warm voor.

      Kan ek dit bêre?

      Die drankie behoort gedrink te word terwyl dit nog warm is.

VOORSTELLE EN VARIASIES•Voeg 10 ml kitskoffiepoeier in stap 1 by vir ’n mokka-drankie.•Vervang die melk deur verminderdevet-klappermelk, dan is die drankie melk- en laktosevry.•Vervang die melk deur sojamelk, dan is die drankie melk- en laktosevry maar nie sojavry nie.

      Nartjiestroop

      LEWER 800 ML KONSENTRAAT

Vry van:KGMiEMeLSoK+P
Voedingstofanalise per porsie (± 50 ml konsentraat):
390 kJ21,6 g CHO0,3 g proteïen0,0 g vet
0,0 g MOVS0,0 g POVS0,0 g VV1,0 g vesel

      500 ml varsuitgedrukte nartjiesap

      300 g suiker

      1.Plaas die nartjiesap en suiker in ’n kastrol en verhit oor lae hitte totdat die suiker opgelos het. Verhit die stroop tot kookpunt, maar moenie verder kook nie. Verwyder van die hitte.

      2.Giet die warm stroop in gesteriliseerde glasbottels, verseël en laat afkoel. Bêre die nartjie-stroop in die yskas.

      3.Meng 50 ml konsentraat met 150 ml yskoue water.

      Kan ek dit bêre?

      Die konsentraat kan vir twee maande verkoel word.

VOORSTELLE EN VARIASIES•Lemoenstroop: Vervang die nartjiesap deur lemoensap.•Pomelostroop: Vervang die nartjiesap deur pomelosap. Voeg nog 100 g suiker by indien nodig.

      Limonade

      LEWER 1,5 LITER KONSENTRAAT

Vry van:KGMiEMeLSoK+P
Voedingstofanalise per porsie (± 50 ml konsentraat):
154 kJ9,0 g CHO0,0 g proteïen0,0 g vet
0,0 g MOVS0,0 g POVS0,0 g VV0,0 g vesel

      ½ suurlemoen se skil (± 15 g)

      250 g suiker

      1 liter water

      250 ml vars suurlemoensap

      1.Sny die skil van die suurlemoen baie dun af.

      2.Plaas die suiker in ’n kastrol en verhit oor lae hitte totdat die suiker opgelos het. Voeg die suurlemoenskil by, verhit tot kookpunt en laat prut vir 3 minute. Verwyder die skil en roer die suurlemoensap by. Giet die warm limonade in gesteriliseerde glasbottels, verseël en hou verkoel.

      3.Meng 50 ml konsentraat met 150 ml yskoue water.

      Kan ek dit bêre?

      Die konsentraat kan vir twee maande verkoel word.

      Ystee met vrugtesap

      LEWER 2 LITER

Vry van:KGMiEMeLSoK+P
Voedingstofanalise per porsie (± 250 ml):
291 kJ16,9 g CHO0,1 g proteïen0,0 g vet
0,0 g MOVS0,0 g POVS0,0 g VV0,1 g vesel

      2 rooibosteesakkies

      1 gewone of Earl Grey-teesakkie

      1 liter kookwater

      1 liter LiquiFruit- of Ceres-vrugtesap, bv. appelsap

      300 g suiker

      1.Plaas die teesakkies in ’n geskikte houer, giet die kookwater oor en laat trek totdat die tee koud is. Verwyder die teesakkies.

      2.Roer die vrugtesap by die koue tee en verkoel tot yskoud.

      3.Sit die ystee onverdun voor saam met ys.

      Kan ek dit bêre?

      Die ystee kan vir vyf dae verkoel word.

      Kamilletee met vrugtesap

      LEWER 750 ML

Vry van:KGMiEMeLSoK+P
Voedingstofanalise per porsie (± 250 ml):
187 kJ10,6 g CHO0,2 g proteïen0,0 g vet
0,0 g MOVS0,0 g POVS0,0 g VV0,1 g vesel

      2 kamille-teesakkies

      2 heel naeltjies

      500 ml kookwater

      125 ml vars lemoensap of onversoete appelsap

      125 ml onversoete appelsap, bv. LiquiFruit of Ceres

      1.Plaas die teesakkies en naeltjies in ’n geskikte houer, giet die kookwater oor en laat trek totdat die tee koud is. Verwyder die teesakkies en naeltjies.

      2.Roer die vrugtesap by die koue tee en verkoel tot yskoud.

      3.Sit die ystee onverdun voor saam met ys.

      Kan ek dit bêre?

      Die ystee kan ’n dag lank verkoel word indien vars lemoensap gebruik word, maar dit kan vir vyf dae verkoel word indien die vars lemoensap deur appelsap of verwerkte lemoensap vervang word.

      Sop

      Sop kan vullend en voedsaam wees. Dit bied veral in die wintermaande ’n welkome afwisseling as die hoofgereg vir middag- of aandete.

      Vries sop in enkelporsies vir gebruik as ’n ligte ete