SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit. Hilda Lategan. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Hilda Lategan
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Кулинария
Год издания: 0
isbn: 9780624072348
Скачать книгу

      Gekookte ontbytgrane

      Alhoewel dit ’n eenvoudige proses is om ontbytgraan te kook, is sommige mense al so bederf met die beskikbaarheid van kitsontbytgrane dat hulle nie meer seker is hoe om pap te kook nie.

      Vir mense met ’n voedselallergie of -sensitiwiteit is dit soms onmoontlik om kitsontbytgrane te eet vanweë die verskeidenheid bestanddele wat tydens die prosessering daarvan gebruik word. Dit is ook moeilik om die droë ontbytgraan klam genoeg te kry wanneer geen of ’n beperkte hoeveelheid melk gebruik mag word. In sulke gevalle is dit geriefliker om gekookte pap as ontbytgereg te kies.

      Ontbytgrane kan in ’n kastrol op ’n stoofplaat gaargemaak word of in ’n geskikte houer in die mikrogolfoond berei word.

      Om pap in die mikrogolfoond gaar te maak:

      Gebruik ’n mikrogolfbestande bak met minstens twee keer die inhoudsmaat van die hoeveelheid meel en water. Meng die fyn meelsoorte met koue water totdat dit glad is en roer dan die kookwater by. Mikrogolf die pap volgens die aanwysings by elke papsoort totdat dit dik en gaar is. Roer die pap aan die begin elke 20-30 sekondes om klontvorming te voorkom. Onthou dat die mikrogolfmetode langer neem wanneer jy meer as ’n koppie per keer gaarmaak.

      Om pap op die stoof gaar te maak:

      Verhit die water tot kookpunt in ’n kastrol. Meng die fyn meelsoorte met koue water totdat dit glad is en roer dit geleidelik by die kokende water. Verlaag die temperatuur en laat dit prut totdat dit gaar is. Roer dit af en toe om aanbranding te voorkom.

      DIE RESEP OM 1 KOPPIE (250 ML) GEKOOKTE PAP TE MAAK

      Bokwietmeelpap (buckwheat flour)

      50 ml bokwietmeel; 50 ml koue water; 200 ml kookwater; ’n knypie sout

      Mikrogolf: 8-9 minute op medium.

      Stoofplaat: Prut 10-12 minute.

      Gortmeelpap (barley flour)

      50 ml gortmeel; 50 ml koue water; 200 ml kookwater; ’n knypie sout

      Mikrogolf: 5-7 minute op mediumhoog.

      Stoofplaat: Prut 8-10 minute.

      Boermannameelpap (mille t flour)

      30 ml boermannameel; 50 ml koue water; 200 ml kookwater; ’n knypie sout

      Mikrogolf: 9-10 minute op medium.

      Stoofplaat: Prut 12-15 minute.

      Hawermoutpap

      60 ml gerolde hawermout; 250 ml kookwater; ’n knypie sout

      Mikrogolf: 2½-3 minute op mediumhoog.

      Stoofplaat: Prut 3-5 minute.

      Hawermoutpap met hawersemels (oat bran)

      45 ml gerolde hawermout; 15 ml hawersemels; 250 ml kookwater; ’n knypie sout

      Mikrogolf: 5 minute op mediumhoog.

      Stoofplaat: Prut 4-5 minute.

      Taystee Wheat

      50 ml Taystee Wheat; 50 ml koue water; 200 ml kookwater; ’n knypie sout

      Mikrogolf: 3-5 minute op mediumhoog.

      Stoofplaat: Prut 7-9 minute.

      Mieliemeelpap/Kreemymeel

      50 ml fyn mieliemeel/Kreemymeel; 50 ml koue water; 200 ml kookwater; ’n knypie sout

      Mikrogolf: 4-5 minute op medium.

      Stoofplaat: Prut 7-9 minute.

      Braaipap/polenta

      50 ml growwe braaipapmieliemeel/polenta; 50 ml koue water; 200 ml kookwater; ’n knypie sout

      Mikrogolf: 8-10 minute op medium.

      Stoofplaat: Prut 10-12 minute.

      WENK: Laat week die meel oornag in 100 ml koue water. Voeg die volgende oggend 150 ml kookwater by. Die kooktyd sal dan korter wees.

      Sorghummeelpap (fyn meel)

      50 ml fyngemaalde sorghummeel; 50 ml koue water; 200 ml kookwater; ’n knypie sout

      Mikrogolf: 2½-3 minute op mediumhoog.

      Stoofplaat: Prut 3-5 minute.

      Sorghummeelpap (growwe meel)

      50 ml grofgemaalde sorghummeel; 250 ml kookwater; ’n knypie sout

      Mikrogolf: 10 minute op medium.

      Stoofplaat: Prut 10-12 minute

      WENK: Laat week die meel oornag in 100 ml koue water. Voeg die volgende oggend 150 ml kookwater by. Die kooktyd sal dan korter wees.

      Krummelpap

      LEWER 5 PORSIES

Vry van:KGMiEMeLSoK+P
Voedingstofanalise per porsie (± 200 ml):
862 kJ40,0 g CHO4,5 g proteïen1,8 g vet
0,6 g MOVS0,7 g POVS0,5 g VV2,3 g vesel

      375 ml water

      ± 2,5 ml sout na smaak

      500 ml gesifte mieliemeel (250 g)

      1.Verhit die water en sout tot kookpunt in ’n kastrol met ’n deksel. Stel die hitte op laag en gooi die mieliemeel in ’n hopie in die middel van die kastrol. Moenie roer nie. Sit die deksel op en laat vir 3-5 minute prut.

      2.Roer die meel en water met ’n vurk totdat die pap fyn en krummelrig is. Voeg ’n paar druppels kookwater by indien die meelmengsel te droog is. Plaas die deksel terug en laat die pap vir 40-50 minute stadig gaar word. Roer af en toe met ’n vurk.

      Kan ek dit bêre?

      Die pap kan vir 24 uur verkoel word en vir 30 dae in gebruiksporsies gevries word. Herverhit dit in die mikrogolf op mediumhoog nadat 10-15 ml kookwater vir stoomvorming bygevoeg is.

      Stywe mieliemeelpap

      LEWER 4 PORSIES

Vry van:KGMiEMeLSoK+P
Voedingstofanalise per porsie (± 200 ml):
776 kJ36,1 g CHO4,1 g proteïen1,6 g vet
0,5 g MOVS0,6 g POVS0,5 g VV2,1 g vesel

      500 ml water

      ± 2,5 ml sout na smaak

      350 ml gesifte mieliemeel (180 g)

      1.Verhit die water en sout tot kookpunt in ’n kastrol met ’n deksel. Stel die hitte op laag en gooi die mieliemeel in ’n hopie in die middel van die kastrol. Moenie roer nie. Sit die deksel op en laat vir 3-5 minute prut.

      2.Roer die meel en water met ’n houtlepel tot ’n stywe mengsel. Voeg nog ’n bietjie kookwater by as die mengsel te styf is. Plaas die deksel terug en laat die pap vir 50 minute stadig gaar word. Roer af en toe.

      Kan ek dit bêre?

      Die pap kan vir 24 uur verkoel word, maar bevriesing word nie aanbeveel nie.

      Melkkos met tapioka

      LEWER 3 PORSIES

Vry van:KGMiEMeLSoK+P
(•)(•)(•)
Voedingstofanalise per porsie (± 175-200 ml):
737 kJ30,7

e-mail: [email protected]