Vers en Vlam. Ilna Stander. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Ilna Stander
Издательство: Ingram
Серия: Best Books Studiewerkgidse
Жанр произведения: Учебная литература
Год издания: 0
isbn: 9781776070138
Скачать книгу
die gedig sien die spreker die droë rivierbedding in die lig van die weerligstraal. Dit is ’n droë weerligstraal omdat dit nie reën gaan bring en die droogte gaan verlig nie. Die rivierbedding word gelykgestel met ’n verrimpelde vel: ’n vel wat nie meer glad is nie, maar vol plooie.

      Hierdie gedig is baie klankryk. Die “r”- en “v”-alliterasie herinner aan die geluid van die donderweer.

      ONDERRIGVRAE OOR DIE GEDIG

      Met die gedig langs jou, beantwoord die volgende vrae:

      1Verduidelik die kontras in die titel. (2)

      2Onderstreep die allitererende klanke in reël 1: (2)

      droë weerligstraal

      3Wat is die funksie van die alliterasie van die volgende klanke in die gedig?

      3.1“r”-klank (versreël 1–3) (1)

      3.2“v”-klank (versreël 2–3) (1)

      4Onderstreep die antwoord wat NIE pas NIE:

      “die verrimpelde vel van ’n rivierbedding” is ’n voorbeeld van …

      A.’n vergelyking.

      B.’n metafoor.

      C.personifikasie. (1)

      5Verduidelik die metafoor “die verrimpelde vel van ’n rivierbedding”. (1)

      6Waarom kan “verrimpelde vel” as ’n voorbeeld van personifikasie beskou word? (2)

      7Hierdie gedig is ’n haikoe.

      7.1Slaag dit as ’n haikoe? Omkring die korrekte antwoord. (1)

      Ja / Nee

      7.2Motiveer jou antwoord by 5.7.1 deur die volgende paragraaf oor die uiterlike kenmerke te voltooi.

      Die gedig bestaan uit drie reëls. Die eerste reël het ____________

      lettergrepe, die tweede reël ____________ lettergrepe en die derde reël

      ____________ lettergrepe. (3)

      7.3Motiveer jou antwoord by 5.7.1 deur te verduidelik na watter natuurverskynsel die gedig verwys. (1)

      [15]

      SAMEVATTING/TOEPASSING

      “droë weerligstraal” is ’n geslaagde haikoe. Die weerligstraal is in teenstelling met die droë rivierbedding wat dit verlig.

      Soms gebeur dinge nie soos wat ’n mens verwag dit moet gebeur nie. Weerlig, byvoorbeeld, bring nie altyd reën nie en ’n rivier het nie altyd water in nie.

      VERRYKING

      Probeer nou self ’n haikoe skryf oor iets wat jy in die natuur waarneem. Hou die uiterlike kenmerke in ag en probeer ’n teenstelling in jou beeld inbou.

      WENKE VIR ONDERWYSERS

      Hoe om ’n haikoe te skryf:

      •www.creative-writing-now.com/how-to-write-a-haiku.html

      •www.litnet.co.za/kompetisie-skryf-die-groot-afrikaanse-haikoe

      •www.storiewerf.co.za/skryf/skryf_haiku.htm

      •www.youtube.com/watch?v=MfzrAk6EV9c

      Inligting oor droë weerlig/donderstorms:

      •www.wisegeek.com/what-is-dry-lightning.htm

      •www.livescience.com/32357-what-is-a-dry-thunderstorm.html

      die barbaar deur T.T. Cloete

      (Bl. 21 in Vers en vlam)

      WAAROOR GAAN DIE GEDIG?

      In teenstelling met die gemiddelde mens se persepsie van ’n barbaar, beskryf die digter die barbaar as ’n gesiene en vooraanstaande persoon. Hy is ryk en leef ’n gemaklike lewe en is heeltyd in die openbare oog. Juis omdat hy so bekend is en nie soos die stereotipe barbaar verwaarloos lyk nie, is hy onherkenbaar.

      Unlike the average person’s perception of a barbarian/savage, the poet describes a distinguished and prominent person as a savage. He is rich and lives a comfortable life and is constantly in the public eye. Because he is so well known and not the stereotypical uncivilised person, he is unrecognisable.

      NOG WOORDVERKLARINGS

      r. 1 barbaar (barbarian, savage): onbeskaafde, wrede mens

      r. 1 onherkenbaar (unrecognisable): wat nie herken kan word nie

      r. 2 soggens (in the morning): in die oggend

      r. 2 lessenaar (desk): studeer- of werktafel

      r. 3 koerante (newspapers): nuusblaaie

      r. 7 skare (crowd): ’n menigte mense

      r. 11 geoefende (practised): deur oefening so gekom

      r. 14 aramisseep (scented soap made by Aramis): seep van ’n uitsoekreeks vir die vooraanstaande man

      r. 20 voorsitter (chairperson): die persoon in beheer van die vergadering

      r. 23 lyfwagte (bodyguards): persone verantwoordelik vir die veiligheid van ’n belangrike persoon

      r. 24 ongewapen (unarmed): sonder wapen

      r. 26 struike (shrubs): bosse

      r. 28 selde (rarely): net af en toe

      r. 28 vrye tyd (free time): tyd vir jouself, sonder enige verpligtinge

      r. 31 agterplaas (backyard): deel van die erf aan die agterkant van die huis

      r. 34 vooraanstaande (prominent): vername, belangrike persoon

      r. 36 bediendes (domestic workers): huishulpe

      r. 40 inkomstebelasting (income tax): belasting deur die staat gehef op jou inkomste

      LEES DIE GEDIG

      Moenie dat die 43 reëls jou afskrik nie!

      Die digter sê dat die barbaar onherkenbaar is, maar dan noem hy tog eienskappe waaraan die barbaar herken kan word. Hierdie eienskappe is egter ironies, want dit is nie eienskappe wat die definisie van ’n barbaar as iemand wat onbeskaaf/onopgevoed of wreed is, ondersteun nie. Dit raak duidelik in die gedig dat die barbaar onherkenbaar is omdat hy uiterlik verfynd optree, maar dat hy eintlik ’n barbaar is omdat hy materiële rykdom en aansien najaag. Alhoewel die persoon baie bekend is en die voorsitter van komitees en organisasies is, doen hy dit om raakgesien te word en nie omdat hy werklik aan ander se belange dink of vir hulle omgee nie. Alles wat hy doen, is sodat hy meer openbare aansien kan verdien en deur mense raakgesien kan word.

      Die rympatroon is gebroke rym. Die enigste twee reëls wat doelbewus rym, is die eerste twee en die laaste twee. Dié reels is ook ’n herhaling wat beklemtoon dat die barbaar onherkenbaar is omdat hy hom so met die “regte” dinge omring.

      Daar is geen hoofletters of punktuasie (leestekens) in die gedig nie. Dit sluit effektief aan by die idee dat die persoon ’n barbaar is. ’n Gedig is tog iets kultureels en verfynds, maar hierdie gedig het geen “verfynde” elemente soos strofes, hoofletters of punktuasie of rym nie. Selfs elemente soos beeldspraak is baie beperk.

      ONDERRIGVRAE OOR DIE GEDIG

      Met die gedig langs jou, beantwoord die volgende vrae:

      1Pas die eienskap in kolom B by die beskrywings wat op die barbaar van toepassing is in kolom A. (5)

Kolom AAntwoordKolom B
1.1netjiese lessenaar (r. 2)A.skynheilig
1.2lei optogte (r. 6)B.georden
1.3reis internasionaal ekonomiese klas (r. 9)C.ryk
1.4glimlag met ’n geoefende gesig (r. 11)D.nie altyd spandabelrig nie
1.5hy het ’n stywe bankrekening (r. 18)E.leier

      2Die barbaar “lees koerante