Monument | Aanhaling wat menslikheid wys |
7.1Andrew Murray | |
7.2Jan Hofmeyr | |
7.3Jan van Riebeeck |
8Kies die woord uit kolom B wat by die aanhaling uit die gedig in kolom A pas. Skryf die lettersimbool van die korrekte antwoord in die antwoordkolom. (5)
Kolom A | Antwoord | Kolom B |
8.1ma’ lielak8.2groter as ’n sirkustent8.3bakgat aangetrek/ in sy plus-fours8.4Mies Victôria8.5spanspek | A.hiperboolB.enjambementC.ironie/sarkasmeD.metafoorE.Kaapse Afrikaans |
9Kies die korrekte antwoord om die stelling te voltooi. (1)
Die “reisiesbaan” (r. 13) is ’n metafoor vir …
A.die binneland van Suid-Afrika.
B.die Wes-Kaap.
C.die wedloop om die hele Afrika vir die Britse Ryk te kolonialiseer.
D.die Kaapstadse perdewedrenbaan.
10Watter woord in die sestet (r. 9–14) wys vir die leser dat die standbeeld van koningin Victoria in Kaapstad staan? Motiveer jou antwoord. (2)
11Verdedig die stelling dat die gebruik van “Mies” in r. 14 na rassisme verwys. (1)
12Kies die korrekte antwoord om die stelling korrek te voltooi en skryf dit neer. (1)
Die spreker lewer sosiale kommentaar op …
A.armoede
B.kolonialisme
C.die vermorsing van geld op sirkusse
D.kolonialisme en die mors van geld op duur monumente
13Hierdie gedig is ’n Italiaanse sonnet. Dui met ’n X of ’n √ aan of die eienskap wat hier gelys word, pas by die bou van ’n Italiaanse sonnet of nie. (6)
Eienskap | Ja | Nee |
13.1Die gedig bestaan uit veertien versreëls. | ||
13.2Daar is ’n oktaaf en ’n sestet. | ||
13.3Daar is ’n vaste rympatroon. | ||
13.4Die toepassing van die gedig is in die oktaaf. | ||
13.5Die oktaaf bestaan uit veertien versreëls. | ||
13.6Die rymskema vir die eerste kwatryn is abba, |
14Die interpretasie van en reaksie op ’n gedig hang af van die leser daarvan. Wat, dink jy, kan die kommentaar van elk van die volgende landsburgers oor hierdie gedig wees? Motiveer elke antwoord.
14.1iemand uit die noorde van die land (2)
14.2iemand uit die Vrystaat (2)
14.3iemand uit Engeland wat tans in Suid-Afrika woon (2)
15’n Monument of standbeeld word opgerig om ’n gebeurtenis of die bydrae van ’n persoon of persone te herdenk. Wat is jou mening oor die beskerming, beskadiging of vernieting daarvan deur die burgers van ’n land? Motiveer. (2)
16Voltooi die sinne deur die korrekte woorde uit die blok te kies:
spoggerig vir ewig verewig ontronding narre hansworse joggie jokkie ruiter |
16.1Jan van Riebeeck se nagedagtenis is _____________ in ’n standbeeld in Kaapstad. (1)
16.2Die persoon wat ’n perd in ’n wedren ry, is ’n _____________ (1)
16.3Wanneer die woord “huis” uitgespreek word as “hys”, noem ons die taalverskynsel _____________ (1)
16.4’n Afrikaanse woord vir “clowns” is _____________ (1)
16.5Wanneer iemand “bakgat” lyk, is hy _____________ (1)
17Skryf die naam van ’n monument in jou omgewing en waar dit is (of enige een waarvan jy weet) neer. Gee dan die rede waarom dié spesifieke monument opgerig is. (2)
[50]
SAMEVATTING/TOEPASSING
Historiese monumente en standbeelde wys ons op geskiedkundige gebeure, maar nie almal identifiseer op dieselfde manier met die geskiedenis wat hierdie simbole verteenwoordig nie.
VERRYKING
•Leerders google of doen naslaanwerk in die biblioteek oor die agtergrond van die Voortrekkermonument en elk van die standbeelde wat in die gedig genoem word.
•Maak ’n collage van die prente van die monument en standbeelde wat in die gedig vermeld word.
•Leerders gesels oor beroemde en/of bekende standbeelde en monumente van Suid-Afrika en van die res van die wêreld.
WENKE VIR ONDERWYSERS
•Leerders wat toegang het tot die internet kan berigte en artikels aflaai of koerantberigte bring oor standbeelde wat in die afgelope jare beskadig of verwyder is vir ’n klasbespreking.
Die berggans het ’n veer laat val deur Boerneef
(Bl. 13 in Vers en vlam)
WAAROOR GAAN DIE GEDIG?
Die spreker tel ’n veer op wat ’n berggans van ’n hoë krans by Wuppertal laat afval het. Hy verlang na sy geliefde. Hy stuur die veer na haar om vir haar te sê hoe lief hy haar het.
The speaker in the poem, who picked up a feather of a mountain goose in Wuppertal, misses his loved one. He sends the feather to her to tell her how much he loves her.
NOG WOORDVERKLARINGS
r. 1 veer (feather)
LEES DIE GEDIG
Die gedig is ’n sestet omdat dit uit ses reëls bestaan. As die gedig hardop gelees word, klink dit sommer soos woorde wat gesing sal kan word. Die besonderse klankrykheid in die gedig word verkry deur die rymskema aabbcc en die alliterasie en assonansie. Die vaste aantal lettergrepe van elke reël (agt, met die uitsondering van versreël 2, wat nege lettergrepe het) dra ook by tot die musikaliteit in die gedig.
Die inhoud wys hoe baie die spreker na sy geliefde verlang. Die paarrym en die berggans wat gewoonlik net een lewensmaat het, beklemtoon die spreker se verlange na sy geliefde met wie hy glo hy ’n hegte eenheid vorm.
Dit is duidelik dat die spreker tuis is in Wuppertal se omgewing. Hy weet byvoorbeeld hoe ’n berggansveer lyk en dat die berggans waarskynlik op die hoogste krans was en daar sy veer verloor het. Hy gebruik ook kontreitaal wat eie is aan daardie streek. Die geliefde ken heel moontlik ook die omgewing, want die spreker hoop dat sy die simbool van sy liefde (die berggansveer) sal herken en die boodskap wat hy daarmee aan haar wil oordra, sal verstaan.
ONDERRIGVRAE OOR DIE GEDIG
Met die gedig langs jou, beantwoord die volgende vrae:
1Voltooi: Die spreker het ’n _____________________________ opgetel. (1)
2Onderstreep die korrekte antwoord om die stelling te voltooi.
Die metafoor “my hart staan tuit al meer en meer” (r. 3) beteken:
A.die spreker se hart klop vinniger.
B.die spreker verlang al meer.
C.die spreker raak meer verlief. (1)
3Die spreker stuur iets vir sy geliefde.
3.1Wat stuur hy vir haar? (1)
3.2Waar het hy dit gekry? (1)
3.3Watter boodskap hoop hy dra hierdie geskenk aan haar oor? (1)
3.4Verduidelik watter simboliek hierdie geskenk inhou. (2)
4Skryf die rymskema neer. (1)
5Benoem die rympatroon. (1)
6Evalueer of die rympatroon die inhoud van die gedig ondersteun of nie. (2)