Rivierplaas: Alba Bouwer-omnibus. Alba Bouwer. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Alba Bouwer
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Учебная литература
Год издания: 0
isbn: 9780624056119
Скачать книгу
skape moet hy elkeen betaal. Almal kry lootjies, almal, net nie ou Joas met die wit knolletjies nie. As ou Joas soggens begin skeer, sit hy ’n handjie vol droë bessiepitte in sy linkerkies, en elke keer dat hy ’n skaap opjaag en die arms vol wol in die baal gaan gooi, haal hy ’n bessiepit uit sy linkerkies en sit dit in die bruin leersakkie aan sy gordel. In die middag as hulle uitval, tel oom Jan dan ou Joas se bessiepitte, net soos hy almal se lootjies tel. En ou Joas skeer altyd elke dag die meeste skape. Die eerste keer toe daardie vier skeerders op Rivierplaas gekom het, het hulle saam met oom Jan agter die huis gaan hurk om akkoord te maak, en daardie dag het ou Joas sy bessiepitte gewys en van daardie dag af kry ou Joas nooit lootjies nie. Almal weet dit en almal dink dis goed so en almal op Rivierplaas is met ou Joas die danigste van al die skeerders.

Alba-20-066.tif

      Die skêre sing almal saam: “Ghwier, ghwier, ghwier,” en Alie en Lulu staan eers ’n rukkie stil in die waenhuisdeur en kyk na die wol wat so voor elke skeerder oor die skaap afrol en na die kapkar wat agter diep in die waenhuis ingestoot is en na die groot diep wolbale wat elkeen aan vier rieme van die breë balke van die waenhuis afhang. Alie en Lulu se skaduwees maak ’n donker plek in die deur se sonkol, en ou Joas lig sy kop met die wit knolletjies op en trek sy ogies nou: “Lumela, Motlalimoya,” sê hy vir Alie. “Lumela kleinnooientjie,” sê hy vir Lulu. Ou Joas noem Alie altyd op haar Basoeto-naam, wat beteken Kind van die Storms, want Alie is in ’n groot donderstorm gebore, het ou-Melitie haar vertel. Dan buk ou Joas weer en hy vou-vou sy skêr oop en toe oor die dik wol op die skaap se maag.

      Onder in die ry staan Jantjies op om sy skêr te gaan slyp. Langs die waenhuis is die ronde slypsteen wat tussen twee paaltjies hang met die slingertjie eenkant aan. Jantjies gooi eers ’n bietjie water uit die dopemmertjie op die slypsteen en dan draai hy die slinger met een hand, en met die ander hand hou hy die skêr mooi plat teen die slypsteen. “Ka-tjier, ka-tjier, ka-tjier,” sê die slypsteen. Dan voel Jantjies so effens langs die kant van die skêr en hy gaan weer op sy plek teen die muur in die waenhuis sit.

      “Alie,” sê oom Jan, “kom jy en Lulu hier, dan tel ek julle in die baal in om die wol vas te trap.”

      Alie en Lulu val amper oor mekaar om by die baal te kom. Dis mos nou eintlik die lekkerste van die hele skeerdery om so in die diep baal ingetel te word en dan die wol vas te trap.

      “Hup!” sê oom Jan en hy lig Lulu onder haar arms op dat haar rok sommerso bak staan oor haar maag en los haar oor die rand van die diep baal. “So ’n meisietjie het vir jou gewig gekry van ek haar laas oor die baal se bek gelig het,” sê oom Jan.

      Alie lig haar arms al klaar op, reg vir die optel nog voordat oom Jan hom omgedraai het.

      “Kyk,” sê hy, “ek wonder of ek darem nog ’n lam in die baal sal intel. Nee, ek dink een is genoeg.”

      Alie laat glad nie eens haar arms sak nie, want sy weet oom Jan sê elke jaar so en dan maak hy of hy haar nie ook by Lulu gaan intel nie.

      “Toe maar,” sê hy dan, “Alie se ogies blink so, ek dink ek sal haar darem ook maar oor die rand lig. Kom, ounooi, hup!” Dan voel Alie hoe byt oom Jan se groot hande vas onder haar arms, en haar bene swaai-swaai in die lug, en waps val sy oor die rand van die baal bo-oor Lulu tussen die sagte wol. Dit ruik na wol en skaap in die diep donker baal, en as Alie haar oë toemaak, verbeel sy haar sy sit hoog op in die lug in een van die sagte wit donderwolke wat sy altyd lê en dophou as sy voor die huis op die gras lê.

      “Kom, ons moet trap, Alie,” sê Lulu, en sy gryp Alie aan die hand. “Rêrie, stêrie, ghou!” Daar spring hulle weg en hulle dans al in die rondte, al in die rondte dat die baal so wikkel-wikkel aan die vier rieme aan die balk.

      “Nonwe Alie, jy moet stadig trap by die wol, die riem sy sal breek,” sê Jantjies hier deur die sak se kant. Alie gaan doodstil staan. Dis te lekker dat Jantjies kan raas en hy kan tog nie sien met wie raas hy nie. Nou sit Lulu haar mond vas teen Alie se oor en sy sê: “Kom ons staan doodstil en dan maak ons of ons hier binne versmoor het. Dan sal hulle skrik!”

      Doodstil gaan hulle nou staan, in die middel van die baal, sodat daar nêrens teen die kante ’n duikie of ’n bultjie is wat kan sê daar is ’n dogtertjie met ’n wit koppie en ’n dogtertjie met ’n swart koppie tussen die wol in die baal nie. So stil staan hulle dat die rieme ook ophou swaai, en die hele baal hang doodstil aan die balk.

      Kwarts-kwarts maak oom Jan se skoene op die gruis voor die waenhuis soos hy weer van buite af inkom.

      “Haait,” sê hy, “en waar is die meisies wat vir my moet wol trap? Dit lyk my die wol het hulle toegeval. Kom werk maar toe die baal, Hoppies, hy sal swaar genoeg weeg met twee sulke vet kinders in sy maag.”

Alba-18-060.tif

      Dan skater Lulu dit uit van die lag, en hulle begin al in die rondte dans, al in die rondte dat die baal wikkel-wikkel aan die rieme.

      “Kom ons speel ek is ’n prinses wat in ’n diep skeur afgegooi is en nie weer kan uit nie. Dan is jy die prins en jy lê onder die ys begrawe, en as ek so huil, smelt my trane die ys om jou en dan staan jy op en jy red my uit die skeur uit,” sê Alie.

      “Ja, hier is die ys,” sê Lulu en sy pak die wol om haar en oor haar, sommer oor haar swart hare ook. “Toe, huil nou.”

      “Hie-hie-hie,” huil Alie.

      “Ag nee, jy huil dan nou net soos ’n hoenderhen wat piep het, Alie! Huil eers mooier, anders sal die ys g’n stuk smelt nie,” sê die prins hier onder die ys uit. “Huil sulke lang huile aanmekaar en maak so snuif-snuif tussenin, soos jy altyd huil as ou-Melitie Basoetoland toe gaan.”

      Nou probeer Alie so ’n snuif-huil huil, en tussen die snuiwe deur sê sy: ‘Ag, verlos my tog … ek ellendig mens … wees my genadig …”

      “Nee wat,” sê die prins onder die ys uit, “as jy nou weer gaan praat soos oom Krisjan bid, sal die ys ook tog nie smelt nie, wat.”

      “Verlos my tog, sterke prins met jou sterke regterhand!” skree die prinses nou kliphard, en sy vergeet om enige huil te huil.

      Woerts, woerts, woerts pluk die prins die ys van hom af en hy vlieg op uit die wolbondels uit met die stukkies wit wol in sy swart hare. “Skone prinses, hier kom ek op my perd om jou te red!” skree hy.

      “Nee, jy moenie sê perd nie, jy moet sê wit ros,” sê Alie.

      “Sjuut,” fluister Lulu, “hier kom die twee stertjies weer aan. Kom ons lê doodstil, anders huil hulle ook om ingetel te word.”

      Alie hoor Hennie se stemmetjie voor die waenhuisdeur en by hom is Lulu se broertjie Bennie, wat net so oud soos Hennie is.

      “Hoppies, waa’s Alie?” vra Hennie.

      “Nonwe Alie sy’s weggaval by die wol nou,” sê Hoppies.

      Alie en Lulu hou hul asem op, maar voordat Hennie verder kan vra, hoor hulle oom Jan se stem, en by hom is die stem van nog ’n man – nou weet Alie, dis die dominee se stem. Net hy praat sulke woorde wat so lank-lank uitkom.

      “Alie,” sê oom Jan, “staan ’n bietjie eenkant toe, ek wil gou vir Willempie intel. Hy wil graag ook ’n bietjie voel hoe trap ’n mens wol.”

      “Sê hy moet saam met Hennie en Bennie inklim, hy is tog net so klein soos hulle,” fluister Lulu vas teen Alie se oor.

      “Nee, Hennie,” sê oom Jan se stem aan die ander kant van die baal, “jy en Bennie kan netnou inklim, ek wil eers hê Willempie moet saam met Alie en Lulu ’n bietjie trap. Kom, duusmannetjie, kom voel hoe trap ’n boer wol. Dis reg ja, jou skoentjies moet jy uittrek.”

      “Mooi trap, ou seun,” sê die dominee se stem anderkant die baal.

      Voordat Alie nog vir Lulu kan sê sy mag nie sê Willempie moet buite bly nie, want hy is mos die dominee se seun, swaai twee wit beentjies oor die rand