Bruistablette vir die lewe. Susan Coetzer. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Susan Coetzer
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796320506
Скачать книгу
bereik?

      My ervaring is dat daar ’n cut-throat mededingende gesindheid in die hedendaagse wêreld heers. Mense met integriteit raak skaarser. Mense se gewetes raak al meer afgestomp. Korrupsie vier hoogty. Al meer mense konkel en koop mekaar om met gunste om guns te wen. Selfs Christene skroom nie om verkeerde dinge te doen om die regte posisies te bekom nie. Ons glo dis al manier om te oorleef in vandag se wêreld.

      Die Woord waarsku ons teen hierdie soort optrede: “As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie.”

      Soek die guns van God in alles wat jy aanpak. Draai weg van mense se guns as dit beteken jy moet dinge doen wat teenstrydig met sy Woord is. Mense se guns kom en gaan en is verganklik. God se guns is die ware bruistablet. En jou beloning? Die ewige en gunstige lewe.

      Bruisgebed vir guns: Here, ek soek u guns in my lewe. Ek wil doen wat U sal behaag – tot eer van u Naam.

      Vitamien A

      Asem

      So sê God, die Here … Hy wat aan al die mense op aarde die asem gee, die lewe aan alles wat op die aarde beweeg: Ek is die Here.

      – Jesaja 42:5-6

      Die meeste van ons haal asem sonder om werklik daaroor te dink. Ons aanvaar dit as vanselfsprekend dat ons sal asemhaal. Tog is dit ’n wonderlike bruistablet wat God vir ons gegee het. Asem kan ons lig uit die greep van die storm.

      Tydens ’n seisoen van verlies het ek onverwags angsaanvalle begin kry. Dit was my liggaam en gemoed se reaksie op die trauma. Angs kon my op enige plek of tyd onverwags beetkry en die asem uit my liggaam pers – kompleet asof ek in ’n wurggreep was.

      Ek het geen idee gehad hoe om terug te keer na my ou “ontspanne” self nie. Ek was ’n verswakte, geïsoleerde en getraumatiseerde wese. Dit was ’n bose kringloop.

      Ek het met ’n terapeut gaan gesels, asook met iemand wat ’n asemhalingskursus aangebied het. Hulle het vasgestel dat die trauma waardeur ek is my asemhalingsritme versteur het. Ek het vlak en vinnig begin asemhaal, soos ’n vasgekeerde dier. My organe het nie genoeg suurstof ontvang om gemaklik te funksioneer nie.

      In my nood het ek na die Here uitgeroep. Ek het Hom gevra om my te leer om optimaal asem te haal sodat ek die angs kon oorwin. Saans voordat ek gaan slaap het, het ek asemhalingsoefeninge begin doen. Met elke inasem het ek gefluister: “Here, wees my genadig.” En met elke uitasem het ek gefluister: “Neem elke stukkie angs weg en vervang dit met u kalmte.”

      Jy is nie alleen nie. Adem sy kragtige asem in jou situasie in en blaas die giftige vrees uit.

      Bruisgebed vir uitasem-wees: Vader, dankie dat ek u kragtige asem diep en bewustelik kan inasem om my te versterk – en dat ek alle vrees kan uitasem.

      Vitamien C

      Christenskap

      Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar … Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid … Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. Wees eensgesind onder mekaar.

      – Romeine 12:10, 13, 15-16

      Wat beteken Christenskap vir jóú? Wat is wáár vir jou? Wat gló jy? Hoe lééf jy elke dag prakties uit wat jy glo? Teenoor jou naaste? Teenoor mense van ander kulture? Teenoor mense met ander oortuigings en lewensuitkyke? Teenoor mense van wie jy nie hou nie?

      Sou jy sê jou Christenskap is soos ’n goeie bruistablet vir die mense wat met jou in aanraking kom? Bou dit hulle op? Bou dit brûe tussen julle? Trek dit mense nader aan mekaar en aan die Man van genade?

      Of ontstig jou Christenskap mense? Bou dit skeidsmure? Veroorsaak dit konflik? Laat dit mense van jou af wegvlug? Gebruik jy jou Christenskap dalk soos ’n vergrootglas om ander se swakhede te bekyk? Of as ’n wapen om aan te val en te kritiseer?

      Soveel mense kla in briewe dat hulle ’n weersin in Christenskap gekry het. Hulle rede is deurgaans dieselfde: My grootste pyn, verwerping en ontnugtering is deur kerkmense en Christene veroorsaak.

      Ek kan my hiermee vereenselwig. Dalk kan jy ook. Maar dis nie waar ons fokus moet val nie. Ons fokus moet val op Jesus se voorbeeld van Christenskap. Sy suiwer Gees van goedheid en deernis moet ons inspirasie wees – juis vir die outsiders in die gemeenskap.

      Jesus vra van ons as Christene om mekaar nie te vertrap of te beskinder nie en om nie met mekaar mee te ding nie. Hy nooi ons juis om te groei in sagter eienskappe – genade, verdraagsaamheid, deernis, barmhartigheid, naasteliefde en nederigheid. Hierdie eienskappe is bruistablette in die Christelike geloofsgemeenskap.

      Bruisgebed vir goeie Christenskap: Hemelse Vader, help my om u Seun, Jesus Christus, se voorbeeld van nederigheid, genade en omgeeliefde in hierdie wêreld uit te leef. Tot eer van u Naam.

      Vitamien D

      Dae

      Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.

      – Psalm 90:12

      As jong meisie het my ouma gereeld vir my gesê ek moet my lewe benut. “Want die lewe is so kort soos ’n droom, Sannatjie,” het sy gesê. “As jy jou oë uitvee, is jy oud en afgeleef soos ek en is al jou dae en drome iets van die verlede.”

      My ouma is nou al ’n geruime tyd oorlede en ek is lankal nie meer ’n jong meisie nie. Die jare het inderdaad soos ’n fliek verbygeflits. My seun is getroud en my eerste kleinkind is gebore. Ek is op reis na ’n nuwe seisoen, waar ek hoop om meer wysheid te bekom, saam met die silwer hare en minder tande.

      My geliefde ouma se woorde eggo egter nog gereeld in my gedagtes as ’n herinnering om my dae goed te benut. Sy was die grootste positiewe en goddelike invloed in my lewe – ’n vasvatter, ’n vredemaker, ’n weldoener. Haar voorbeeld van omgeeliefde, vlytigheid, nederigheid, goedhartigheid en geloof bly by my.

      By haar het ek die Here leer ken. Nie net deur saam met haar kerk toe te gaan wanneer ek by haar gekuier het nie, maar meer nog deur die liefdevolle en deernisvolle manier waarop sy haar medemens behandel het.

      My ouma was ’n bruistablet in my onstuimige tienerjare. ’n Bron van inspirasie. Dit is my gebed dat ek, soos sy, my dae op aarde só sal benut dat ek ’n bruistablet eerder as ’n meulsteen vir my kinders, kleinkinders en medemens sal wees.

      Bruisgebed vir oud en jonk: Vader, dankie vir die geskenk van lewe uit u hand. Help my om die dae van my lewe goed te benut en met wysheid en oorgawe aan U te leef. Tot eer van u Naam.

      Vitamien B

      Blom

      Hy: “Soos ’n lelie tussen dorings, so is my liefling tussen die meisies.”

      – Hooglied 2:2

      Ek tree gereeld as ’n inspirerende en humoristiese spreker by verskeie kerke en skole se damesfunksies op. Wanneer ek oor die saal vol uiteenlopende vroue van verskillende agtergronde, ouderdomme en kulture kyk, herinner hulle my dikwels aan ’n tuin met lieflike en kleurvolle blomme – veral wanneer die vroue met oë van liefde, genade en blydskap na my en na mekaar kyk.

      Daar was ook al etlike kere dat ek benoud voor ’n saal vol vroue gestaan het, wanneer ek na ’n see van troebel gesigte voor my moes kyk. Daardie harde en strak gesigte het my meer herinner aan onkruid en dorings wat kwes.

      Ons vroue, so glo ek, kan elkeen ’n potensiële goddelike blom in ander se lewe wees – of ’n potensiële doringstruik of onkruid. Wat is jy oorwegend? ’n Brandnetel wat seermaak, ’n doring wat laat bloei … of ’n bruisende en sonnige sonneblom wat hoop bring?

      Ons is die skoner geslag – die blommetjies tussen die dorings. Die sagter sy van die skepping. Die finishing touch. Watter indruk dink jy maak jy op ’n saal vol mense? Op jou gesin? By die werk? By jou huispersoneel? Wanneer jy in die winkel is of brandstof ingooi?

      Mag ons ons sagter blomkante ontwikkel –