'n Uur van lig. Nina Smit. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Nina Smit
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796315861
Скачать книгу
seëvier. Amen.

      28 Februarie – Loof God vir sy voorsiening

      28 FEBRUARIE

      Lees: Genesis 22:6–14

      Loof God vir sy voorsiening

      Toe noem Abraham die plek: “Die Here voorsien.” Daar word nou nog gesê: “Op die berg van die Here word voorsien.” – Genesis 22:14

      Wanneer God vir Abraham ’n verpletterende opdrag gee – dat hy die seun vir wie hy so lank moes wag aan Hom moet gaan offer op die berg wat Hy vir hom sal aanwys – gehoorsaam Abraham sonder ’n woord. Hy neem Isak saam met hom en vertrek na Moria. As Isak op pad vra waar die offer dan is, antwoord Abraham dat God Self die offer sal voorsien. En dit gebeur dan ook só. Die Here stuur ’n skaapram wat Abraham in die plek van sy seun kan offer. Hy wou net Abraham se gehoorsaamheid en geloof toets.

      Uiteindelik bring jou tragedies en verliese jou altyd nader aan God. Eers nadat Job alles verloor het, kon hy erken: “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien …” (Job 42:5). God voorsien inderdaad wonderlik vir Job en seën hom selfs meer aan die einde van sy lewe as aan die begin.

      Mense is geneig om hul geld en goed op te gaar omdat niks op aarde standhoudend is nie. Máár indien jy glo dat God vir jou sal voorsien – soos Hy nog altyd in die verlede vir sy kinders gedoen het – is dit onnodig. Indien jy Hom vertrou om vir jou in die toekoms te sorg, sal sy liefde jou dra en sal Hy in elke opsig vir jou onderneem. Ook al verloor jy alles, sal jy nog altyd vir God oorhê – en Hy is genoeg.

      Here, ek loof U dat U tot nou toe nog in elkeen van my behoeftes voorsien het. Ek vertrou dat U dit ook in die toekoms sal doen. Amen.

      29 Februarie – Loof God saam met jou mense

      29 FEBRUARIE

      Lees: 1 Johannes 4:11–21

      Loof God saam met jou mense

      Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik … God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom. – 1 Johannes 4:12, 16

      Daar is ’n Engelse gesegde wat lui: “Families who pray together, stay together.” Dit is nie net nodig dat Christene God vír ons gesinne sal loof nie, maar ook dat ons Hom sáám met ons gesinne sal loof, dat ons gereeld as gesin bymekaar sal kom om uit die Bybel te lees en saam te bid. Wanneer ons dit doen, is daar ’n onmiddellike verbete-ring in die verhoudings in die huis. Self het ek al dikwels ontdek hoe geheg Christengesinne aan mekaar is. Die liefde tussen hulle kan aangevoel word, terwyl gesinne wat God nie ken nie, maklik verbrokkel en daar baie maal konflik tussen gesinslede is.

      Jou kinders moet van kleins af weet dat jy God liefhet en dien. Sorg dat daar in jóú huis afgebakende tye is wanneer jou gesin saam kan aanbid. Lees saam Bybel, bid saam en sing saam. (As julle nie so goed kan sing nie, sing dan saam met ’n CD of DVD.) Geestelike musiek verander die atmosfeer van ’n huis. Dit is ook makliker om mekaar lief te hê en te aanvaar as julle as gesin God gereeld saam loof. “As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs,” lui Psalm 127:1. Net wanneer God Self jul huisgesin “bou”, sal julle ’n gelukkige gesin wees.

      Hemelse Vader, ek loof U vir my huisgesin. Maar ek wil U ook sáám met hulle loof en eer vir u goedheid en liefde aan ons. Amen.

      Gebed

      Gebed

      Here God, ek wil U kom loof vir u onvoorwaardelike liefde vir my wat Jesus aan die kruis kom demonstreer het. Dankie dat hierdie liefde my vertroos en ondersteun. Maak dit vir my moontlik om u liefde deur te gee aan elke mens met wie ek in aanraking kom. Ek loof U vir die skoonheid van u skepping wat ek elke dag mag ervaar – laat dit vir my steeds ’n wonder bly. Dankie dat U my so wonderlik gemaak het en dat ek u beeld mag uitdra. Ek loof U dat U vir my ’n Vader is; dat ek nie net u kind is nie, maar ook u erfgenaam; dat Jesus in my plek gesterf het sodat U nou bereid is om elkeen van my sondes te vergewe. Ek loof U vir u Gees wat my help, troos en leer bid. Dankie vir u Woord wat my lewe met vreugde vul en waardeur U met my praat. Ek loof U vir u goedheid aan my, vir die feit dat U my heilig, vir u wonderwerkende krag tot my beskikking. Ek loof U omdat U ’n spesifieke doel met my lewe het – elke oomblik by my is, my positief laat dink en vir my vrede gee. Dankie dat U my in staat stel om U te bly loof ook wanneer dit nié goed gaan nie: wanneer ek siek of hartseer is, in ’n krisis verkeer en wanneer my gebede onbeantwoord bly … Ek loof U vir u beskerming en voorsiening; vir my gesin en die feit dat ons U sáám mag loof. Aan U kom al die lof toe!

      Amen.

      Maart: Deur die bril van swaarkry

      MAART: DEUR DIE BRIL VAN SWAARKRY

      “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien,” skryf Job ná sy swaarkry-ervaring (Job 42:5). Job se stuk swaarkry laat hom God op ’n nuwe manier beleef, vir die eerste keer “sien” hy God ánders; voorheen was sy geloof blote hoorsê – dit het nie eintlik vir hom so baie beteken nie, maar die swaarkry maak dat hy Hom persoonlik leer ken.

      Dit is juis in tye van teenspoed dat ons God op ’n ánder, meer persoonlike manier leer ken, dat ons oomblik vir oomblik met Hom in kommunikasie is en helder besef dat ons nie sonder Hom die mas kán opkom nie. Maar terselfdertyd maak die bril van swaarkry dit vir ons moontlik om God se goedheid en genade op ’n splinternuwe manier raak te sien: nie as ’n God wat ver is nie, maar as ’n God wat in ons woon, wat elke dag tot ons beskikking is en ons nooit sal verlaat nie.

      Mag jy na hierdie maand se dagstukke vir God glashelder kan sien wanneer jy in die vervolg weer genoodsaak word om deur jou eie bril van swaarkry na Hom te kyk.

      1 Maart – Swaarkry laat jou beter sien!

      1 MAART

      Lees: Job 36:15–21

      Swaarkry laat jou beter sien!

      Maar deur hulle swaarkry, red Hy mense wat ly. Want Hy gebruik hulle lyding om hulle oë oop te maak … Wees waaksaam! Draai weg van die kwaad! God het juis swaarkry oor jou gestuur om jou weg te vat van sonde. – Job 36:15, 21 (Nuwe Lewende Vertaling)

      Elihu vertel Job dat die Here sy lyding gebruik om sy oë oop te maak en hy waarsku hom om in die vervolg waaksaam te wees en die kwaad te vermy. Job sluk maar swaar aan hierdie raad. In sy eie oë verdien hy darem hoegenaamd nie dat God hom so swaar moet straf nie. Die psalmdigter stem egter saam met Elihu. In Psalm 119:71 getuig hy dat sy eie swaarkry vir hom goed was, omdat dit hom gehoorsaamheid aan God se voorskrifte geleer het. Job self kom óók tot ander insigte wanneer God hom op ’n wandeling deur sy wêreld ’n kykie in sy grootheid en almag gee. In Job 42:3 en 5 bely hy: “Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie: u wonderdade was te groot vir my, ek het dit nie verstaan nie … Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien …”

      Dit is juis Job se swaarkry wat hom weer by God uitbring.

      Lyding is baie maal vir ons óók ’n “eye-opener”! Wanneer jy swaar kry, leer jy algaande om God te gehoorsaam, en leef jy boonop veel nader aan Hom as in dié tye wanneer alles net voor die wind gaan. As jy weer ’n swaarkrytyd beleef, vra dat God jou sal wys wat Hy jou daardeur wil leer.

      Here, ek besef nou dat my lyding my nie net nader aan U bring nie, maar dat dit my oë oopmaak, sodat ek U beter kan leer ken. Amen.

      2 Maart – God voorsien in jou behoeftes

      2 MAART

      Lees: 1 Konings 17:1–6

      God voorsien in jou behoeftes

      Hy [Elia] het gedoen soos die Here aan hom opgedra het. Hy het daar in Kritspruit gaan bly, anderkant die Jordaan. Die kraaie het vir hom soggens brood en vleis gebring en hulle het vir hom saans brood en vleis gebring, en hy het water uit die spruit gedrink. – 1 Konings 17:5–6

      God stuur kraaie om die profeet Elia van kos te voorsien. God se hulp kom dikwels uit onverwagte oorde. Elia het seer sekerlik