'n Uur van lig. Nina Smit. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Nina Smit
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796315861
Скачать книгу
Februarie – Loof God vir onbeantwoorde gebede

      23 FEBRUARIE

      Lees: Kolossense 4:2–6

      Loof God vir onbeantwoorde gebede

      Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar en bid tegelykertyd ook vir ons. Bid dat God vir ons ’n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig … – Kolossense 4:2–3

      Ek meen dit is dr Anton Rupert wat gesê het een van die dinge waar-oor hy die blyste is, is dat God nie al sy gebede beantwoord het nie. Wanneer ’n mens lank oor ’n spesifieke saak bid en die Here antwoord nie hierdie gebed nie, voel dit soms asof Hy ver is, nie vir jou omgee nie en nie meer na jou gebede luister nie. As jy dit in so ’n situasie kan regkry om God steeds te bly loof omdat jy weet dat Hy verder as jý kan sien en glo dat Hy altyd vir jou die dinge sal gee wat die beste vir jou sal wees, ongeag van wat jy gevra het, sal jou moedeloosheid verdwyn. Dan sal jy op God se almag en sy liefde vir jou kan fokus, in plaas van op jou negatiewe omstandighede en onbeantwoorde gebede.

      Soms laat God jou wag op sy antwoord. Wees rustig in hierdie wagperiode en onthou altyd dat God se tydsberekening volmaak is. Dikwels gee Hy nié vir jou al die dinge wat jy vra nie, omdat Hy weet dat dit nie goed vir jou sal wees nie. As God nie jou huidige gebedsversoek toestaan nie, berus in sy antwoord. Jy sal heel waarskynlik na verloop van jare ontdek dat dit toe wel die beste antwoord vir jou was.

      Vader, vandag wil ek U kom loof dat U nié altyd al my gebede verhoor nie. Dankie dat ek weet dat die antwoord wat U wel gee, altyd die heel beste een vir my sal wees. Amen.

      24 Februarie – Loof God in krisistye

      24 FEBRUARIE

      Lees: Jakobus 1:2–8

      Loof God in krisistye

      My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. – Jakobus 1:2–3

      Daar gebeur rampe met almal van ons wat vir ons só sleg is dat dit ons soms selfs laat twyfel of God nog by ons is; of ons steeds op sy beloftes kan vertrou. Ook in sulke krisissituasies behoort jy aan jou geloof vas te hou en in God se goedheid en liefde te bly glo. Wanneer jy ten spyte van krisisse daarin slaag om God te bly loof vir die feit dat Hy by jou is en jou altyd weer sal help, sál Hy jou ondersteun in jou krisis, jou omstandighede verander of vir jou van krag voorsien om die ramp te kan hanteer.

      Jakobus het ontdek dat ons gerus maar bly kan wees oor ons lewens-krisisse, want wanneer ons geloof die toets deurstaan het, is dit juis daardie stuk swaarkry wat ons in staat stel om te volhard, om meer geduld aan die dag te lê. Dit is oor en oor bewys dat lyding in ons lewe ons leer om vaster op God te vertrou, om nie langer so behep met onsself en ons selfsugtige begeertes te wees nie, maar om God se groter plan vir ons lewe raak te sien.

      Indien jy tydens ’n krisis in jou eie lewe ontdek dat jy nie self daardie krisis kan oplos nie, en God se hulp vra, gaan jy uiteindelik vind dat dit juis dié krisis was wat jou geloof, geduld en liefde vir God sterker gemaak het.

      Vader, ek loof U vir krisisse in my eie lewe omdat hulle my opnuut op U laat fokus het en my geloof versterk het. Amen.

      25 Februarie – Loof God vir sy volmaakte wil

      25 FEBRUARIE

      Lees: Kolossense 1:9–14

      Loof God vir sy volmaakte wil

      Daarom, van die dag af dat ons dit van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken … – Kolossense 1:9

      Die Bybel vertel ons in duidelike taal wat God se wil vir sy kinders is: dat ons Hom en mekaar sal liefhê, dat ons in alles dankbaar behoort te wees en gedurig sal bid; dat ons Hom sal gehoorsaam en in Hom sal glo. Indien jy graag God se spesifieke wil vir jou lewe wil ken, is dit nodig dat jy, soos Paulus vir die gemeente in Kolosse gedoen het, daarvoor sal bid. Dit beteken terselfdertyd dat jy gewillig moet wees om God se wil te gehoorsaam én om jou eie wil prys te gee, indien nodig.

      Die Bybel beloof voorts dat ons dié dinge sal kry wat ons vra, mits dit volgens God se wil is. Jy kan dus vir spesifieke dinge bid: of jy die nuwe werksaanbod moet aanvaar, na ’n ander plek moet trek of ’n spesifieke huis moet koop. Om God se wil te doen, is nie altyd lekker of maklik nie – dit gaan heel waarskynlik opofferings of selfs lyding van jou vra, soos Jesus ontdek het toe Hy in Getsemane gebid het dat God se wil moet geskied. Maar ’n kind van God kan nooit werklik gelukkig wees buite God se wil nie. Jy kan God dus vir sy volmaakte wil loof, selfs al verskil dit soms van joune.

      Hemelse Vader, ek loof U dat ek kon ontdek dat u wil vir my altyd die beste vir my is, selfs al stem dit nie altyd ooreen met my eie sin en wil nie. Amen.

      26 Februarie – Loof God vir sy beskerming

      26 FEBRUARIE

      Lees: Psalm 91:11–16

      Loof God vir sy beskerming

      Hulle [God se engele] sal jou veilig in hulle hand vashou sodat jy nie seerkry nie. Jy sal nie eers jou toon teen ’n klip stukkend stamp nie …Van een ding kan jy baie seker wees: as jy op die Here vertrou en elke dag op sy hulp staatmaak, sal nie eens die grootste gevare in die lewe jou ooit onderkry nie. – Psalm 91:12–13 (Die Boodskap)

      God belowe in sy Woord dat Hy sy kinders sal beskerm en Hy doen hierdie belofte gestand. Ons gesin kan getuig van minstens twee gevalle dat ons wonderbaarlik ’n ongeluk vrygespring het. Beide kere het ’n motor voor ons ’n ander motor op ’n blinde hoogte verbygesteek, en beide kere sou dit ons reg van voor getref het. Maar albei kere het my man daarin geslaag om ons motor betyds uit die pad te ruk sodat ons ongedeerd in die veld te lande gekom het. Ten tyde van die Wêreldsokkerbeker in Suid-Afrika was ons ook bekommerd of God se belofte van beskerming sou geld vir al die niksvermoedende toeriste wat ons land besoek het. Maar daar was verbasend min gevalle van misdaad en die meeste besoekers is met mooi herinneringe terug huis toe.

      Jy mag dus vir God loof dat Hy jou sal beskerm, dat Hy jou elke dag veilig sal bewaar sodat jy nie sal seerkry nie. Ook in gevaarsituasies kan jy op sy bewaring staatmaak. Vra Hom om hierdie bewaring elke keer as jy iewers heen gaan of as jy in ’n motor of op ’n vliegtuig klim. Bid ook elke oggend vir bewaring deur die dag. Neem Hom dan op sy Woord en los jou bekommernis tuis.

      Here, ek loof U vir die belofte dat U my sal beskerm waar ek ook al mag gaan, dat U my teen alle gevare sal bewaar. Amen.

      27 Februarie – Loof God vir oorwinning oor die duiwel

      27 FEBRUARIE

      Lees: 1 Petrus 5:8–11

      Loof God vir oorwinning oor die duiwel

      Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. – 1 Petrus 5:8–9

      Hier op aarde sal God se kinders altyd in ’n oorlog teen die Bose gewikkel wees. Ook jy het ’n vyand wat rondloop soos ’n brullende leeu en jou ondergang om elke hoek en draai soek. Hoe gouer jy dit besef, hoe beter sal dit vir jou wees. Hierdie vyand is die duiwel. Die slegte nuus is dat hy baie sterker as jy is. Die goeie nuus is dat jy vir God aan jou kant het, en saam met Hóm, in sy krag, sal jy altyd as oorwinnaar uit die stryd teen die duiwel tree. Hierdie oorlog waarin jy gewikkel is, is ten diepste ’n saak vir God. Hy veg vir jou en in Efesiërs 6:10–17 gee Hy ook vir jou ’n wapenrusting waarmee jy die vyand kan verslaan. Lees hierdie Skrifgedeelte noukeurig en volg Paulus se raad aan die einde: “Doen dit alles biddend …” (Efesiërs 6:18). Sonder om te bid dat God jou teen die Bose se aanslae sal beskerm, gaan jy nie ver vorder in jou stryd teen die duiwel nie. Wees ook slaggereed vir die duiwel se aanslae, want hierdie oorlog gaan duur totdat Jesus weer kom.

      Deur naby die Here te leef en Hom te loof omdat Hy elke keer vir jou die oorwinning in die stryd teen die Bose sal gee, kan jy die duiwel se houvas op jou verbreek en meer as