'n Uur van lig. Nina Smit. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Nina Smit
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796315861
Скачать книгу
Amen.

      9 Februarie – Loof God vir die geskenk van vergifnis

      9 FEBRUARIE

      Lees: Prediker 7:8–22

      Loof God vir die geskenk van vergifnis

      Niemand doen net goed sonder om ook verkeerd te doen nie. – Prediker 7:20 (Die Boodskap)

      Geen mens is volmaak nie. Almal van ons doen verkeerde dinge. Gelukkig is God bereid om sy vergifnis aan elkeen van sy kinders te skenk wat Hom daarom vra. Ons kry hierdie vergifnis gratis, maar vir God was dit peperduur: dit het die lewe van sy Seun gekos. Om vir ons God se vergifnis te verdien, moes Jesus bereid wees om ’n pynlike kruisdood te sterf. Vergifnis is dus nóg ’n klinkklare bewys dat God jou liefhet. Dat sy liefde vir jou geen grense en sy vergifnis geen perke het nie. Daarom mag jy nooit ophou om God te loof vir die geskenk van sy vergifnis nie.

      Vir mense is dit haas onmoontlik om soos God te vergewe. Miskien sal ons nog soos Petrus bereid wees om iemand sewe keer te vergewe, maar by Jesus se maatstaf van sewentig maal sewe sal ons nooit kan bykom nie. Tog is dit presies wat God van jóú verlang, mits jy werklik dankbaar is vir die geskenk van vergifnis wat jy van Hom ontvang het. “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe,” skryf Paulus aan die gemeente in Kolosse (Kolossense 3:13). As jy steeds ’n stuk bitterheid teenoor iemand anders in jou binneste koester, sal dit vir jou onmoontlik wees om geestelik te groei. Bid dat die Heilige Gees dit vir jou moontlik sal maak om van harte te vergewe.

      Hemelse Vader, ek loof U dat U weer en weer bereid is om elkeen van my vergrype te vergewe. Maak my ook bereid om ánder te vergewe. Amen.

      10 Februarie – Loof God vir sy vergifnis

      10 FEBRUARIE

      Lees: Miga 7:18–19

      Loof God vir sy vergifnis

      Wie is ’n God soos U? U vergewe sonde … U bly nie vir altyd kwaad nie … Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak, U sal al hulle sondes in die diepsee gooi. – Miga 7:18–19

      God het lank tevore reeds jóú persoonlike sonde in die diepsee gegooi en besluit om nooit weer daaraan te dink nie. Dis net jyself wat nie kan ophou wroeg daaroor nie. Aanvaar dus God se onbeperkte vergifnis en loof Hom daarvoor! Wanneer die Heilige Gees jou dan weer van ’n spesifieke sonde in jou lewe bewus maak, bely dit en laat dit staan. Dis so eenvoudig soos dit. Waak net daarteen om God se vergifnis goedkoop te maak deur opsetlik te sondig omdat jy weet dat God jou elke keer sal vergewe.

      Here, hoe wonderlik is dit nie dat U u onbeperkte vergifnis tot my beskikking stel nie. Ek wil U elke dag van my lewe daarvoor loof. Amen.

      11 Februarie – Loof God vir die Heilige Gees

      11 FEBRUARIE

      Lees: Johannes 14:15–25

      Loof God vir die Heilige Gees

      Ek sal met die Vader praat. Hy sal vir julle ’n spesiale Helper stuur. Hierdie Helper ken net een pad en dit is die pad van die waarheid. Ek praat natuurlik van die Heilige Gees. Die Gees sal julle nooit alleen los nie, maar oral by julle wees … Hy sal nie net by julle wees nie, maar ook in julle. – Johannes 14:16–17 (Die Boodskap)

      Die Heilige Gees is God Self, maar Hy is ook ’n gawe wat God na die wêreld gestuur het om vir altyd by ons te wees. Hy is inderdaad ons spesiale Helper wat ons leer bid, wat ons leer en lei, wat ons troos in hartseertye en ons van sonde oortuig. Die Heilige Gees dra nie net ons gebede tot by God nie, Hy bid Sélf vir ons. Dit is ook die Heilige Gees wat ons die sekerheid in ons harte gee dat ons werklik aan God behoort. Boonop gee die Heilige Gees vir ons die vrymoedigheid én die regte woorde om God se boodskap aan ander oor te dra. Dit is ook Hy wat mense oortuig van hul sonde en Hy wat sorg dat ons al die dinge wat Jesus ons kom leer het, goed sal onthou.

      Soos Jesus sy dissipels beloof het, ontvang ons vandag steeds krag wanneer die Heilige Gees ons lewe binnekom, sodat ons God se getuies op die wêreld kan wees. Loof God elke dag dat jy sy Gees in jou lewe het en bid dat jy altyd gehoorsaam sal wees aan die Stem van die Gees in jou lewe.

      Heilige Gees, ek loof U dat U in my woon, dat U my Helper en Trooster is en my gebede na God neem. Lei my asseblief elke dag en maak my gehoorsaam aan U. Amen.

      12 Februarie – Loof God vir sy Woord

      12 FEBRUARIE

      Lees: Psalm 119:11–24

      Loof God vir sy Woord

      U Woord is diep in die brandkluis van my hart weggebêre. Dit keer dat ek dinge doen waarvan U niks hou nie. […] U Woord maak my lewe vol blydskap; dit wys my hoe om elke dag te leef. – Psalm 119:11, 24 (Die Boodskap)

      In God se Woord is sy wysheid opgeteken. Hierdie Woord is ons padkaart tot ’n gelukkige lewe. Dit spel vir ons duidelik uit watter dinge reg en watter verkeerd is; dit maak God se wil aan ons bekend en wys vir ons hoe God wil hê dat ons sal lewe. Die Bybel is ook die mees doeltreffende wapen waarmee ons die duiwel elke keer op sy plek kan sit.

      As jy nie tyd spandeer met God se Woord en dit leer ken en bestudeer nie, maak dit geen sin om God vir sy Woord te loof nie.

      Moenie langer aarsel om hierdie woord diep in die brandkluis van jóú hart weg te bêre nie!

      Hemelse Vader, ek loof U vir u Woord waardeur U elke dag persoonlik met my praat. Dankie dat ek deur die woorde van hierdie Woord u teenwoordigheid in my lewe kan ervaar. Amen.

      13 Februarie – Loof God vir sy goedheid!

      13 FEBRUARIE

      Lees: Psalm 27:11–14

      Loof God vir sy goedheid!

      As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie …! – Psalm 27:13

      Die wêreld waarin ons woon, is so korrup en sondig, selfs die omstandighede waarin God se kinders verkeer, is soms so negatief dat ons by tye vergeet hoe goed God vir ons is. Die Here is ’n goeie God. Hy dra sy kinders se belange op die hart. Dit is nodig dat ons Hom opnuut sal loof vir sy allesoortreffende goedheid aan ons. Wanneer ek aan God se goedheid dink, onthou ek die ou beryming van Gesang 40 wat ons graag gesing het:

      U goedheid Heer, kan ons nie peil nie,

      wie word daardeur nie diep getref!

      Niks anders bring vir ons die heil