'n Uur van lig. Nina Smit. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Nina Smit
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796315861
Скачать книгу
is wat hy kan bestorm. En jy beter vir hom ligloop, want hy is baie sterker as jý. Hy het dan selfs vir Jesus in die woestyn aangedurf. Maar Jesus het hom elke keer die loef afgesteek omdat Hy die Skrif so goed geken het (vgl Matteus 4:1–11). As jy die duiwel sonder God se krag aandurf, gaan jy niks teen hom uitrig nie.

      Gelukkig vir jou het Jesus die duiwel reeds aan die kruis verslaan, maar hy is steeds nie ’n katjie wat jy sonder handskoene kan aanpak nie. Iemand het die mooi vergelyking gebruik dat die duiwel soos ’n leeu agter tralies is: jy moet net nie naby genoeg aan die tralies kom dat hy jou kan bykom nie. Staan hom eerder in God se krag teë, en bly bid dat God jou van hom sal verlos. Dan sal hy uiteindelik van jou af wegvlug. En onthou dat jou Bybel steeds die doeltreffendste wapen is wat jy teen die duiwel kan gebruik – sorg dus dat jy dit goed genoeg ken om die duiwel se versoekings te troef.

      Hemelse Vader, ek bid dat U my van die Bose sal verlos. Dankie dat ek u krag tot my beskikking het om die duiwel mee teen te staan. Amen.

      28 Januarie – In God se teenwoordigheid

      28 JANUARIE

      Lees: Deuteronomium 4:1–8

      In God se teenwoordigheid

      Watter groot nasie se god is so by hom soos die Here ons God by ons is elke keer as ons tot Hom bid? Watter groot nasie se voorskrifte en bepalings is so billik as hierdie wat ek vandag vir julle gee?” – Deuteronomium 4:7–8

      In Moses se “afskeidspreek” vertel hy die Israeliete dat hul God met hulle sal saamgaan wanneer hulle die beloofde land intrek en hulle sal lei soos wat Hy dit in die woestyn gedoen het. Hy druk dit vir hulle op die hart dat hulle God moet gehoorsaam omdat daar geen ander nasie is met ’n God wat by hulle is elke keer as hulle tot hom bid nie. Daar is ook nie nog ’n god met sulke billike voorskrifte en bepalings soos Israel se Verbondsgod nie.

      Ons lewe duisende jare ná Moses. Maar ons aanbid dieselfde God van Israel. En ons God is steeds naby wanneer ons bid. Jy hoef maar net jou oë toe te maak en met Hom te praat om sy teenwoordigheid by jou te ervaar. Die Engelse vertaling van vandag se kernvers lui: “What other nation is so great as to have their gods near them the way the Lord our God is near us whenever we pray to him?” (New International Version).

      Here God, dit laat my verstand duisel dat U by my teenwoordig is elke keer as ek bid, dat U Self na my luister. Help my om aan U gehoorsaam te wees. Amen.

      29 Januarie – Hou jou ore oop as jy bid …

      29 JANUARIE

      Lees: Jesaja 50:4–11

      Hou jou ore oop as jy bid …

      Elke môre laat Hy my opnuut weer luister, Hy laat my luister soos ’n leerling moet luister. Die Here my God het my geleer om te luister … – Jesaja 50:4–5

      Hoe lyk jou gebede? Is dit net jyself wat aan die woord is en ’n alleenspraak lewer waarna God moet luister, of het jy al Habakuk se geheim ontdek: “Die Here is in sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees!” (Habakuk 2:20). Jy kan nie regtig na God luister voordat jy nie eers self stil is nie. Word dus stil voordat jy begin bid: só stil dat jy van jou eie wense en begeertes sal vergeet en net op God sal fokus. Daar in die stilte sal jy God se Stem helder kan hoor voordat jy met Hom begin praat.

      Here, ek wil nou heeltemal stil word by U. Praat asseblief met my. Amen.

      30 Januarie – Die krag van gebed

      30 JANUARIE

      Lees: Jakobus 5:13–20

      Die krag van gebed

      Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking. – Jakobus 5:16

      Daar waar God se kinders saambid, is die krag van God Self aan die werk. Presies hoe groot hierdie krag is wat jou gebed ontsluit, kan jy in Efesiërs 1:19–20 gaan lees: “Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het …” Jy het vandag God se opstandingskrag tot jou beskikking – al wat jy hoef te doen om dit te kry, is om daarvoor te bid!

      Here Jesus, dis wonderlik om te weet dat ek enige plek van die dag of nag met U kan praat. Baie dankie dat u wonderwerkende krag in beweging kom deur my gebede. Amen.

      31 Januarie – Oneindig méér as wat jy bid of dink

      31 JANUARIE

      Lees: Efesiërs 3:14–21

      Oneindig méér as wat jy bid of dink

      Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. – Efesiërs 3:20–21

      God kan nog oneindig meer doen as wat jy van Hom vra in jou gebede. Hy kan vir jou oneindig méér gee as die dinge waarvoor jy bid. Selfs meer as die dinge waarvoor jy in jou wildste verbeeldingsvlugte mag wens. God is almagtig – vir Hom is niks onmoontlik nie. En omdat Hy almagtig is, weet Hy presies wat vir jóú goed is. Hy sal dus nie die dinge vir jou gee wat jy in gebed van Hom vra as dit nie voordelig vir jou gaan wees nie. Om hierdie rede kry jy ook nie alles wat jy vra nie. Jy gee immers nie vir jóú kinders roomys of lekkergoed voor ete nie. Omdat jy nie al hul versoeke toestaan nie, beteken dit egter nie dat jy hulle nie liefhet nie, eerder die teenoorgestelde: