'n Uur van lig. Nina Smit. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Nina Smit
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796315861
Скачать книгу
gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn. – Lukas 21:36

      Jesus is hier besig om met sy dissipels te gesels oor sy wederkoms. As Hy weer kom, moet hulle gereed wees vir sy koms, sê Hy vir hulle.

      Een van die maniere waarop jy nou al vir Jesus se wederkoms ge-reed kan maak, is juis om volhardend te bid, om gereeld met God te praat en Jesus se uitnodiging in Matteus 11:28 en 29 aan te neem om na Hom te kom, omdat Hy vir jou rus in jou gejaagde lewe wil waarborg.

      Moenie langer stres nie, kom liewer tot rus by God!

      Here Jesus, ek wil nou by U tot rus kom en al die dinge wat my gespanne en bekommerd maak, vir u sagte juk en ligte las verruil. Amen.

      19 Januarie – Bid soos God vra

      19 JANUARIE

      Lees: Lukas 22:39–46

      Bid soos God vra

      Hy het Hom toe van hulle afgesonder omtrent so ver as ’n mens met ’n klip kan gooi. Daar het Hy gekniel en gebid: “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!” – Lukas 22:41–42

      Wanneer óns bid, is dit gewoonlik om die dinge wat ons wil hê van God te vra. Indien jy jou gebedsversoeke in die vervolg so sal inkleur dat dit om God se wil sal gaan, volg jy die voorbeeld van Jesus. Dan sal jy ook krag van God ontvang om sy wil te kan doen.

      Here, wys my wat u wil vir my is, sodat u wil my gebed sal word. Amen.

      20 Januarie – Son, staan stil!

      20 JANUARIE

      Lees: Josua 10:7–14

      Son, staan stil!

      Die son het halfpad in die hemel bly staan. Byna ’n volle dag was hy nie haastig om onder te gaan nie. So ’n dag was daar nie voorheen of daarna nie, toe die Here vir ’n mens geluister het! – Josua 10:13–14

      Die Amoritiese konings wou Gibeon vernietig, maar hulle het nie rekening gehou met die hulp van die Israeliete, wat God se krag aan hul kant gehad het, nie. God gee die Amoriete in die mag van die Israeliete oor omdat Josua gebid het dat Hy hulle moes help. En eintlik vra Josua hier ’n totaal onmoontlike ding: “Son, staan stil in Gibeon, en maan, staan stil in Ajalonlaagte!” bid hy ten aanhore van die hele leër (vers 12). Ons lees dat die son stilgestaan het, dat die maan nie geroer het nie, totdat Israel sy vyande verslaan het! God gebruik hier sy volk om sy mag vir die heidene te demonstreer.

      Die rede vir hierdie uitsonderlike gebeurtenis word in vers 14 gegee: daar was nog nooit voorheen só ’n dag nie, “toe die Here vir ’n mens geluister het,” berig die Bybel. Dit bly vir my ’n ongelooflike feit dat die almagtige Skeppergod die gebede van ’n sondige mens op só ’n manier beantwoord dat wonders gebeur. God gee Josua die oorwinning oor sy vyande deur die son te laat stilstaan. Telkens wanneer Bybelfigure soos Moses, Josua of Gideon tekens van Hom vra, luister God na hul gebede en gee Hy wat hulle vra. God doen steeds wonders wanneer sy kinders bid, mits ons geloof sterk genoeg is.

      Hemelse Vader, ek weet dat daar niks is wat vir U onmoontlik is nie. Dankie dat U steeds in staat is om wonders te doen wanneer u kinders bid. Amen.

      21 Januarie – Wagtyd

      21 JANUARIE

      Lees: Psalm 130

      Wagtyd

      Uit die dieptes roep ek na U, Here, luister tog na my, Here, hoor tog my hulpgeroep … Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag … Wag op die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde … – Psalm 130:1–2, 6–7

      In hierdie psalm ervaar die psalmdigter dat sy sonde hom van God vervreem het. Vir Hom voel God ver. Maar Hy vertrou steeds dat God hom uit sy vertwyfeling kan verlos. Hy roep dus “uit die dieptes” dat die Here hom moet help en vertrou dat God se belofte – dat Hy sy kinders sal verlos – vir hom persoonlik vervul sal word. Soos wat die wagte op die mure van Jerusalem op die môre gewag het, is die bidder hier bereid om op die Here se antwoord op sy gebede te wag.

      Soms antwoord God dadelik jou gebede, maar ander kere verwag Hy van jou om gewillig te wees om op Hom te wag. Alhoewel wag vir die meeste mense moeilik is, veral wanneer ons soos die digter van Psalm 130 in benoudheid verkeer, vra God dat sy kinders bereid moet wees om op sy antwoord te wag wanneer ons bid.

      Hemelse Vader, ek is jammer dat ek soms so ongeduldig met U is. Maak my bereid om geduldig op u antwoord op my gebede te wag. Amen.

      22 Januarie – Raadpleeg God

      22 JANUARIE

      Lees: Josua 9:1–14

      Raadpleeg God

      Hulle het vir Josua gesê: “Ons wil u onderdane wees.” … Die Israeliete het na die padkos gekyk, maar nie die Here geraadpleeg nie. – Josua 9:8, 14

      Wanneer die inwoners van Gibeon hoor dat Josua die stede Jerigo en Ai ingeneem het, maak hulle ’n slim plan om te verseker dat die Israeliete nie teen hulle sal veg nie. Hulle pak vir hulle verkrummelde padkos in, laai verslete wynsakke op hul donkies en trek ou klere en gelapte skoene aan. Toe hulle by Josua se kamp by Gilgal kom, vra hulle vir hom of hulle sy onderdane mag wees. Josua raadpleeg nie die Here nie, maar meen dat hulle van ver kom en stem in om nie teen hul oorlog te maak nie, net om drie dae later te hoor dat die Gibeoniete hul bure is en tussen hulle woon!

      Die Israeliete begaan hier ’n groot fout omdat hulle God nie ge-raadpleeg het nie, maar op hul eie oordeelsvermoë staatgemaak het. Christenskap is ’n verhouding, en in enige verhouding is kommunikasie