Dink jouself gelukkig. Pieter van Jaarsveld. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Pieter van Jaarsveld
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796318060
Скачать книгу
gekyk. Hulle het geld in ’n openbare telefoon se gleufie gesit, waar jy gewoonlik jou kleingeld terugkry. Die mense wat oproepe gemaak het en hierdie ou gelukkie getref het om ’n ekstra geldjie te kry, was baie meer gereed om vreemdelinge wat met iets gesukkel het, te help. Mense wat by die telefone verbygeloop het (lede van die navorsingspan), het papiere laat val en hierdie “geluksvoëls” wat so pas ’n paar sente gekry het was maar te gewillig om met die optel van papiere te help. In ander navorsing het pasiënte vir hul dokters ’n pakkie met lekkers en sjokolade saamgeneem en die bevindings in hierdie studie was dat daardie dokters se diagnoses beter was: hulle het vinniger daartoe gekom en was aanpasbaarder in hul diagnose. Wrintiewaar! Vat volgende keer ’n paar sakke sjokolade vir jou dokter as jy ’n goeie diagnose wil hê. Hulle is ook maar mens, nè? Hou van ’n ou tjokkie!

      Die koffie-studie is ’n ander navorsingsprojek wat wys hoe ons gemoedstoestand daagliks ons oordeel beïnvloed.40 John Bargh, professor in sielkunde aan die Yale-Universiteit, het baie van sy tyd gewy aan die studie oor hoe ’n mens se emosie jou gedrag beïnvloed. In hierdie studie het hy en sy kollegas ondersoek hoe ’n gewone koppie koffie ons onbewustelik kan beïnvloed of ons van iemand gaan hou of nie.

      Die eksperiment is soos volg opgestel: Studente op pad na ’n laboratorium het verby ’n “laboratoriumassistent” geloop wat papiere en dokumente wat in wanorde was, met een hand probeer orden. In die ander hand was ’n koppie warm of, ander kere, koue koffie. Die student is gevra om net gou te help om die koppie koffie vas te hou terwyl die assistent die situasie uitstryk. Nou luister hierna: Die studente moes daarna ’n persoon evalueer. Diegene wat die koue koffie vasgehou het, het meestal die ander persoon as koud, minder sosiaal en selfsugtig beskou. Diegene wat die warm koffie vasgehou het, se siening was heeltemal die teenoorgestelde.

      Die navorsing het bewys dat ons onbewuste ons altyd beïnvloed. Op grond daarvan neem ons rasionele maar ook dikwels irrasionele besluite wat ons gedrag en gedagtes beïnvloed. Die les wat ons hieruit leer, is moenie jou dag met ’n koppie koue koffie begin nie. Nee, ek oordryf nou maar ’n bietjie, maar dit is gewis ’n bewys van hoe ’n onbewustelike ongelukkigheid ons gedagtes en gedrag beïnvloed.

      Gedagtes, gemoedstoestand en enigiets is moontlik

      Dit is so ironies hoe die sielkunde dinge wetenskaplik bewys wat die Bybel lank reeds gesê het. Dink aan hierdie woorde soos jy verder lees in hierdie boek. Jou gedagtes beïnvloed jou lewe en kan jou gesondheid verander – dis Bybels! Kyk wat is in die Bybel reeds in Fil 4:8 gesê: “Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.”; Rom 12:2: “… laat God julle verander deur julle denke te vernuwe”. As jy jou gedagtes verander, verander jou emosies en so ook jou lewe!

      Joe Dispenza, ’n chiropraktisyn en die skrywer van Evolve your brain, was in ’n baie traumatiese fietsongeluk tydens ’n resies. Sy prognose was geweldig negatief. Twee operasies is aanbeveel, maar hy het daarteen besluit en gekies om sy gedagtes vir sy genesing in te span.

      Hierdie nie-Christen het ’n paar lewenslesse ontdek wat ons as Christene gerus ter harte kan neem. In sy herstel het hy gefokus op die onderstaande drie pilare van gesond word, soos hy dit gestel het.41

      ’n Innerlike intelligensie gee ons lewe en kan die liggaam gesond maak

      Hoe sê die Bybel? God het ons net minder as ’n goddelike wese geskape. Ons is immers die beeld van God!

      Besef ons werklik met watter ongelooflike innerlike krag en vermoëns God ons geskape het? Jou hart klop 100 000 keer per dag sonder dat jy daaraan dink. Dit is 40 miljoen hartkloppe per jaar. Stop vir vyf sekondes, haal diep asem en lees dan verder.

      Terwyl jy gestop het, het die volgende gebeur: Daar het presies 100 000 chemiese reaksies in elkeen van jou selle plaasgevind. Vermenigvuldig dit nou met die aantal selle in jou liggaam wat, terloops, tussen 70 en 100 miljard is. Die meeste van ons het nie eens ’n rekenaartjie wat hierdie som kan doen nie! Het jy daaraan gedink toe hierdie reaksies plaasgevind het? Nee. Dit is nie in die bewuste nie, maar in jou onbewuste. Ook maar goed dat ons nie daaraan hoef te dink nie, want ons kan nie eens die sewe items op ons inkopielys onthou nie!

      As jy die DNS van al die selle in jou liggaam sou kon ontrafel, sal dit 150 keer na die son en terug strek; jou smaakknoppies in jou mond lewe net ’n paar uur; jou witbloedselle leef omtrent tien dae. Wetenskaplikes beweer dat omtrent 1% van jou selle daagliks vervang word; min of meer 30% per maand.42 Jy is dus, sover dit jou selle aangaan, omtrent elke drie maande ’n nuwe mens. Dit is dus nie snaaks dat dit omtrent drie maande neem om nuwe gedrag aan te leer nie. So kan ons aangaan. Genoeg, egter.

      Ons het ’n intelligensie binne elkeen van ons wat groter is as wat ons ooit kan besef. Dit wys jou net wat God jou gegee het waarmee jy kan werk; waarmee jy jou daaglikse lewe, selfs jou gesondheid, kan verander! Jy wat soms so vreeslik onbekwaam en minderwaardig voel, geskapene-na-die-beeld-van-God! Dink aan hoe wonderlik God jou geskape het en watter onbeperkte vermoëns jy eintlik het! As jy hierdie intelligensie wat God in jou geskape het begin gebruik, kan jou lewe heeltemal verander.

      Joe Dispenza het begin navorsing doen oor wat gebeur met mense wat besluit om nie noodwendig die pille-en-operasie-roete vir gesond word te volg nie; hoe hulle dink, wat hul wysheid is. Hy het gevind dat hulle almal geweet het dat hul ingesteldheid en hul liggaam onlosmaaklik aan mekaar verbonde is. “They came to understand if they tapped into this intelligence (of the human being) and used their thoughts to direct it, it would know how to heal their bodies for them.” 43 Met die regte gedagtes kan ons nie net lewensvreugde en geluk beleef nie, maar ook ons lewe heeltemal verander en onsself selfs gesond maak!

      Neuroplastisiteit en biologiese verandering in die liggaam

      Nou eers ’n klein bietjie graad 8-biologie. Ek belowe ’n wêreld se insig sal vir jou oopgaan.

      Eerstens: Dit is so dat baie van ons gedrag geneties vasgelê is (met ander woorde, dit is van ons voorouers geërf). Dit hoef egter nie verdoemend te wees nie. Die nuutste navorsing wys egter dat ons ons gene, sowel as breinselle, kan verander.44 Een van die wonderlikste ontdekkings in die laaste tyd handel juis oor die neuroplastisiteit van die brein, naamlik dat die brein verander kan word – in lekker Afrikaans, herbedraad kan word: “the ability to rewire and create new neural circuits at any age to make substantial changes in the quality of your life” 45; “Nerve cells that fire together, wire together”.46 Ons kan dus van alle ongesonde gewoontes of gedagtes wat ons van ons voorouers geërf het of wat ontstaan het as gevolg van ons verlede, ontslae raak deur ons brein nuut te bedraad. Jy kan alles verander en dié boek gaan jou wys hoe.

      Waarom is dit dan so moeilik om daardie dinge, wat ons probleme veroorsaak, te verander? Daar is ’n eenvoudige antwoord: Elke keer dat ’n gedagte deur jou brein gaan, word chemiese stowwe afgeskei wat gevoelens en reaksies in jou liggaam laat ontstaan. Jou liggaam word so gewoond aan hierdie chemiese stowwe en wil dit altyd op daardie vlak hou. As jy dus wil verander, voel die liggaam erg ongemaklik omdat jy hierdie vlak van chemiese stowwe versteur. Jy is dus verslaaf – jy hoor reg: verslaaf – aan daardie emosionele toestand wat deur spesifieke chemiese stowwe in jou liggaam geskep is.47

      Jou gedagtes het deur die jare jou brein sodanig bedraad dat dit baie moeilik is om jou ingesteldheid te verander en dus hierdie vlak van chemiese stowwe ook. Dit benodig baie aksie van jou kant af! Dit voel soos om op ’n vliegtuig te wees wat gekaap is. Jy is vasgevang in die sitplek en kan eintlik nêrens heen nie.

      Die wonderlike nuus in hierdie boek is dat jy wel die vermoë het om uit te breek; die bedrading van jou brein te verander (neuroplastisiteit) sowel as die verslawing aan hierdie vlak van chemiese stowwe. Maar, dit gaan nie gebeur as jy nie iets daaromtrent doen nie. Die klem is op doen; op aksie; nie net daaroor lees nie. Selle en die brein moet herbedraad word om jou verslawing aan sekere chemiese stowwe te verbreek.

      Tweedens: Elke gedagte produseer ’n biochemiese reaksie in die brein. Die brein stuur dan chemiese seine na die liggaam waar hulle dan as’t ware optree as boodskappers van die gedagte. Die gedagtes wat die chemiese stowwe in die brein geproduseer het, laat jou liggaam toe om presies te voel op die manier