'n Tuin vir Tessa. Helena Hugo. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Helena Hugo
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796321091
Скачать книгу
nie, maar dié jas is perfek vir my lyf.” Sy hou die tydskrif na Tessa toe uit. Dit is ’n mooi jas, verslankend en stylvol. “Prys is ook nie te waansinnig nie.”

      “Agt duisend rand?”

      “Altus koop dit vir jou uit sy gatsak.”

      Tessa antwoord nie, sy gaan sit op die stoel langs die tafel. Die skinkbord met teegoed en koekies staan reg gedek.

      “Dankie vir die tee.”

      “Ek het dat Anna vir ons rooibos maak. Goed so?”

      “Ja, dankie.”

      Elaine maak die tydskrif toe, sit dit langs haar neer. “Iets pla jou? Wat is dit?”

      “Altus is bankrot, ons gaan alles verloor.”

      Elaine sit regopper, sy frons asof Tessa Chinees gepraat het en sy niks verstaan nie. “Jy’t nou bietjie skielik op my afgekom. Sê weer?”

      Sy het dit halsoorkop uitgeblaker, Tessa gee toe, maar hoe anders? Hoe praat jy die waarheid sonder om die onderwerp op sy naam te noem?

      “Altus gaan ’n hofaansoek indien om homself bankrot te verklaar.”

      “Dis sleg.”

      “Dis aaklig.”

      “Hoe lank weet jy al?”

      “Van gisternag af. Hy’t my niks gesê nie, tot gister.”

      Elaine buig oor. “Gee my jou hande.”

      Maar Tessa is te ontsteld. Sy hou haar hande op haar skoot gevou. Trane loop oor haar wange en sy het nie ’n snesie byderhand nie. Elaine haal een uit haar handsak en gee dit vir haar.

      “Ekskuus, ek kan nie ophou huil nie.”

      “Die skok is te vars.” Elaine gee nog ’n snesie aan.

      “Wil jy vir my sê dat ek gewoond gaan raak aan die idee sodra dit nie meer vars is nie?”

      “Ek het ook al só gevoel, maar die lewe moet aangaan. Jy en Altus was toe daar vir my.”

      Tessa het ’n oomblik van Elaine se egskeiding vergeet. Dit was ’n moeilike tyd, maar Elaine is daardeur en het goed aangepas by haar enkelvroustatus.

      Sy glimlag deur haar trane. “Jy sal my nou moet help om Altus te help. Wat doen ek?”

      “Raak rustiger, red wat te redde is. Jy is nie alleen nie.”

      “Altus sê ons kan van ons goed wegsteek. Dis oneerlik, maar ons het erfstukke van sy ma-hulle en my ouma, dis jare in die familie. Ongelukkig is die huis se inhoud verseker.”

      “Makliker vir die balju om op alles beslag te lê. Hulle doen dit.”

      “Ons goed gaan opgeveil word.”

      “Jy kan vriende vra om daarop te bie, dan hou hulle dit tot jy weer geld het om dit terug te koop.”

      “Watter vriende, Elaine? Jy is my enigste ware vriendin.”

      “Wat van Sanet en Christiaan of Heinrich en Daleen Greeff? Petro-hulle?”

      “Dink jy Petro-hulle het geld om op skilderye en Persiese matte uit te gee?”

      “Die Lemmers en die Greeffs het.”

      “Ek sal nie by hulle gaan bedel nie.”

      “As jy wil sal ek dit vir jou doen?”

      “Liewer nie …” Tessa bondel die snesie in haar hande. “Ek skaam my so dood ek weet nie waar om my kop in te steek nie. En die seuns? Hulle aanbid die grond waarop Altus loop.”

      “Jy sal ’n voorbeeld moet stel, jou man ondersteun en hulle sover kry om dieselfde te doen.”

      “Hulle is gewoond daaraan om te kry wat hulle vra.”

      “Hulle sal verstaan, veral Ewald.”

      “Ons kan hulle dit nie aandoen nie.”

      “Julle hoef nie met die hele mandjie patats vorendag te kom nie. Kom ooreen oor wat julle te doen staan, reël eers alles. Besluit wat hulle moet weet. Praat dan met hulle. Buitendien, hofsake neem maande en jare. Altus sal moontlik eers oor ses maande sekerheid kry oor sy aansoek. Intussen gebeur daar ’n wonderwerk.”

      “Ek twyfel.”

      “Jy, wat so vas geanker is in jou geloof?”

      “Ja, maar God het ons nie belowe dat dit heeltyd goed sal gaan nie.”

      “Altus was vir jare baie voorspoedig.”

      “Ook maar op en af, die laaste tyd meer af as op.”

      “Dus het jy die tekens gesien.”

      “Altus het die laaste paar jaar groot gewaag. Hy praat nie graag oor die werk nie, al vra ek. Dis my skuld.”

      “Hoekom jou skuld?”

      “Ek het nie van sy vennootskap met Drikus gehou nie. Dis of Altus blind is vir sy foute, en dan baklei ons.”

      “Wel, ek hou ook nie van Drikus nie.”

      “Die ergste … Belowe my jy sal nie oorvertel wat ek jou nou gaan sê nie.”

      “Tessa, as jy dit nodig vind, praat. Ek sal mos nie gaan uitpraat nie. Ek het in elk geval my vermoedens. Ís dit Drikus?”

      “Hy’t gesteel en Altus het dit ontdek.”

      “Jou arme man.”

      “Altus het geld geleen om kop bo water te hou, Drikus vat net.”

      Tessa laat sak haar kop in haar hande, trane dreig weer om oor te neem. Eers toe sy Elaine se hand op haar skouer voel, dwing sy haarself om op te kyk en te luister na wat sy sê.

      “Altus verloor nie net sy goed nie, ook sy beste vriend. Jy sal daardie rol nou moet oorneem.”

      “Ons is kwaad vir mekaar. Hy verdedig hom, vir Drikus!”

      “Vriendin, jy moet vrede maak. Bel vir Altus, onderneem om hom by te staan.”

      “Ons het nie laas nag in dieselfde bed geslaap nie. Hy’s vanoggend hier uit sonder om te groet.”

      “Dit gebeur in die beste huise.”

      “Nie met ons nie.”

      “Ek belowe jou, vanaand lê julle weer in mekaar se arms. Ons het die tee vergeet. Die vlammetjie brand gelukkig nog.”

      “Seker al pikswart getrek.”

      “Jy vergeet, dis rooibos.”

      Elaine, skink vir elkeen ’n koppie. Tessa roer genoeg heuning in hare. Dit ruik lekker, maar dit smaak soos medisyne.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RxDRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAA