Bruistablette vir die lewe. Susan Coetzer. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Susan Coetzer
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796320506
Скачать книгу
nog nooit lief daarvoor om in komitees te dien nie. Ek kon myself ook nog nooit in ’n bediening sien nie. Ek was skrikkerig vir die slaggate en magstryd.

      Die Here het egter ander planne vir my gehad. Hy self het my in ’n bediening geplaas waarvan ek jare lank nie eens bewus was nie – totdat mense my aandag onlangs daarop gevestig het. Hulle het vir my gesê ek het ’n fantastiese bediening.

      As ek my bediening sou moes beskryf, sou ek sê ek is ’n rondreisende apostel. Een wat die grond ’n bietjie loswoel waar sy opdaag, wat die Woord in ontvanklike harte saai en dan weer vertrek na die volgende plek waarheen ek genooi word. Ek glo iemand anders word geroep om die saadjies wat ek saai, nat te lei.

      Ek gebruik ’n informele en ligte aanslag in my bediening, eie aan myself en my kreatiewe persoonlikheid. Ek probeer nie iemand naboots of iemand wees wat ek nie is nie. Ek besef ek is ’n baie onkonvensionele kandidaat – een met baie deernis en begrip, maar ook iemand met baie flaters agter haar naam.

      Tog het die Here my, net soos vir Moses, met my tekortkomings gekies om vroue landwyd te bemoedig. Ek glo Hy wil jou ook, net soos jy is, nooi om deel te word van ’n bediening.

      Die gospel beteken vir my Jesus se liefde in beweging. Jy hoef nie noodwendig Indië of Japan toe te vlieg om deel van ’n bediening te wees nie. Jy kan dalk sommer in jou eie kombuis begin. Net soos jy is en net daar waar jy geplant is.

      Bruisgebed vir bediening: Vader, beweeg my hart om te blom en te bedien, net daar waar ek gepant is. Tot eer van u Naam.

      Vitamien A

      Aktiwiteite

      Daar is talle aktiwiteite in die gemeente, maar dit is dieselfde God wat hierdie dinge kragtig in ons almal aktiveer.

      – 1 Korintiërs 12:6

      Daar is, so dink ek, iets wat ’n groot wig tussen medegelowiges indryf. Dit is dat ons onsself – en ons geestelike aktiwiteite – so maklik met ander mense en hulle geestelike aktiwiteite vergelyk. Ons gebruik so maklik ons eie maatstaf as die énigste maatstaf – en beoordeel mense daarvolgens.

      Die Woord sê ons moet onsself nie met ander vergelyk nie. Dit kan die harmonie in God se familie versteur. Ons almal is immers kinders van dieselfde liefdevolle en genadige Vader. Ons is nie veronderstel om ons broers en susters gedurig onder ’n vergrootglas te plaas omdat hulle anders as ons is nie.

      Ek, my suster en my broer verskil hemelsbreed van mekaar, sedert ons kinderjare al. Ek was altyd die sportiewe een en die tomboy, my suster die musikale een, die cheerleader en die lady, en my broer die stil introvert. Die aktiwiteite waarmee ons ons in dieselfde ouerhuis besig gehou het, het ook totaal van mekaar verskil. Maar ons gene kom van dieselfde ouers.

      Net so is daar verskillende aktiwiteite in die kerk, maar dit word deur dieselfde God geaktiveer. Party mense is gemaklik daarmee om voorbidding te doen, ander hou graag Sondagskool, party wil die kollekte opneem, ander wil in die praise and worship band wees, en dan is daar dié wat eerder wil tee skink en agter die skerms te help.

      Fokus op dié aktiwiteit wat die Here in jou hart aktiveer en doen dit dan van harte soos vir Hom, sonder om jouself met ander vergelyk. Dan sal jy ’n bruistablet wees.

      Bruisgebed vir aksie: Vader, fokus my hart en aandag op dié aktiwiteite waarby U wil hê ek betrokke moet raak en waar ek ’n bydrae kan lewer – tot eer van u Naam.

      Vitamien B

      Bely

      Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ’n kragtige werking.

      – Jakobus 5:16

      Die meeste mense is nie baie lus om hulle sondes te bely nie – veral nie aan ander mense nie. Hulle hou eerder hulle donker kaarte styf teen hulle harte vas en rig hulle oë op ander mense se sondes.

      Baie van ons het ’n verwronge beeld van hoe goed en foutloos ons is. Ons reageer maklik negatief wanneer iemand ’n spieël voor ons ophou en ons aandag op ’n paar vuil kolle vestig, al doen hulle dit op ’n liefdevolle manier. Ons gaan maklik in defense mode in. Ego battles ontstaan en vriendskappe kan in die proses skade ly.

      Met so ’n oorsensitiewe gesindheid kan ons nie groei in volwassenheid in Christus nie. Net soos ’n boom wat nooit gesnoei word nie, sal mense wat nie gesnoei word nie ook nie optimaal kan groei en vrug dra nie.

      Die Woord moedig ons elkeen aan om ons sondes opreg aan mekaar te bely en vir mekaar te bid. Hoekom? Sodat ons gesond kan word, nie sieker nie! Sodat die gap in ons Christenskap tussen ons lelike gedagtes en ons mooi woorde en dade al kleiner kan word. Sodat ons ’n deursigtiger en minder kunsmatige verhouding met God en mense kan geniet.

      Ek glo ons as Christene is ’n groter inspirasie vir ander wanneer ons aan mekaar kan erken dat ons, soos die res van die samelewing, ook struggle met ons sondige natuur en ook nie perfek is nie.

      Kom ons raak eg en begin ons worstelings identifiseer en in opregtheid bely. Dit is waar ware groei begin.

      Bruisgebed vir groei: Hemelse Vader, ek kom in nederige afhanklikheid na U toe en ek erken en bely dat ek met my sondige natuur worstel. Help my om aan u wil gehoorsaam te wees – tot eer van u Naam.

      Vitamien F

      Fees

      U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.

      – Psalm 16:11

      Mense komplimenteer my dikwels oor my positiewe lewensingesteldheid te midde van probleme. Dit was nie altyd so nie …

      Om die lewe as ’n fees eerder as ’n stryd te ervaar vra van my om elke dag doelbewus te kies om blymoedig te wees. Ek moes aanvanklik baie hard oefen om fiks te word in vrolikheid – net soos ek my spiere in die gim moet inoefen om fiks en ferm te bly.

      Party dae betrap ek my steeds dat ek onmiddellik aan al die laste en verantwoordelikhede op my skouers dink – nog voordat ek my eerste koppie koffie gedrink of my tande geborsel het. Binne oomblikke voel ek oorweldig en platgeslaan, nog voordat ek behoorlik wakker is. Doen jy dit ook?

      Op sulke dae gaan sit ek stil by die Skepper en raak rustig. Ek vra dat Hy my help om ’n kopskuif te maak en my gedagtes in te stel op al die mooi dinge wat ek uit sy hand ontvang. Ek verruil letterlik my innerlike wêreld vol klagtes vir ’n feeskleed van lof. Ook opbouende lofprysingsmusiek kan my gemoed vinnig in ’n feestelike stemming kry.

      Om ’n positiewe mens in ’n korrupte samelewing te wees, gebeur nie sommer vanself nie. Jy moet dit doelbewus najaag. Ek kies om elke dag ’n nuwe bladsy in my gedagtes om te blaai – een vol dankies eerder as klagtes. Soveel van my lewensblydskap put ek uit die klein en alledaagse voorregte en wonderwerke rondom my. Dit stel my in staat om fees te vier en hopelik ook ’n fees vir ander te wees.

      Bruisgebed vir feestelikheid: Vader, help my om elke dag al meer bewustelik op die voorregte en wonders en die mooi dinge uit u hand te fokus en daaroor fees te vier. Tot eer van u Naam.

      Vitamien V

      Voorbeeld

      Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg.

      – Efesiërs 5:1

      Is jy bewus van die voorbeeld van genadige liefde wat Jesus gestel het toe Hy hier op die aarde was? Hoe lyk hierdie voorbeeld vir jou wanneer jy jou oë toemaak en ’n oomblik daaroor dink?

      Wat is vir jou die belangrikste eienskappe van wat Jesus die mense geleer het? Wat sou jy sê as jy Jesus se gesindheid en hart kortliks moes opsom? Wat glo jy is die voorbeeld wat jý as ’n geliefde kind van die Here teenoor ander mense moet uitleef? En dink jy jy kry dit dikwels reg? Of dalk nie so dikwels nie?

      Dink jy ooit hieroor na, of nie eintlik nie? Dalk is dit tyd dat ons weer stil raak en by die Meester self gaan