By fonteine langs. Nina Smit. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Nina Smit
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796316714
Скачать книгу
is ook verskeie basiese verskille tussen vroue en mans. Terwyl vroue op soek is na ’n liefdevolle man wat sy gedagtes met haar sal deel, eerlik en opreg sal wees en vir haar finansiële versorging sal bied, wil die meeste mans graag ’n aantreklike vrou hê wat hulle seksueel sal bevredig, hul gunsteling ontspanning saam met hulle sal geniet, vir hulle ’n tuiste sal skep en hulle sal bewonder en op hulle verlief sal bly.

      Leer watter eienskappe jou man graag in sy droomvrou wil sien, en doen jou bes om dit vir hom te wees. Wees ’n entoesiastiese minnares; sorg dat jul kommunikasie oop en eerlik is en laat jou man met woord en daad sien dat jy hom bewonder en liefhet – dan het jy die kuns van die liefde bemeester!

      Hemelse Vader, baie dankie dat ons mekaar op seksuele gebied kan aanvul. Gee dat ons in ons huwelik die kuns van die liefde sal bemeester.

      Amen

      12 Februarie

      Bou mekaar op

      Lees 1 Tessalonisense 5:5-11

      Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen – 1 Tess 5:11

squig.jpg

      Die Engelse vertaling van ons teksvers van vandag lui: “Therefore encourage one another and build each other up, just as in fact you are doing” (NIV).

      Jy het waarskynlik al opgelet hoe dikwels sommige vroue negatiewe dinge van hul mans sê, veral in die geselskap van ander vroue. Meestal sê hulle dit in ’n grap, maar hierdie soort grappe laat my altyd dink aan die spreekwoord: waar daar ’n rokie is, is daar ’n vuurtjie. Dit is jou taak as vrou om jou man op te bou en nie af te kraak nie. En jy behoort dit deur jou woorde, dade en gesindheid te doen. Jou man gaan baie gou agterkom as jy negatiewe gevoelens teenoor hom het. Praat eerder eerlik met hóm as daar dinge in jul huwelik is wat jou hinder, voordat jy dit teenoor jou vriendinne opper. En as dit goed gaan in jou huwelik, vertel gerus vir jou vriendinne watter juweel van ’n man jy losgeslaan het!

      Dit is ook jou verantwoordelikheid om jou man te bemoedig wanneer daar tye kom dat hy depressief en mismoedig is. En daar is vir seker nie ’n huwelik wat hierdie laagtepuntdae gaan vryspring nie. Wanneer jy kan sien dat jou man nie lekker voel nie, probeer om sy aandag van die dinge wat hom so laat stres af te lei deur iets lekkers saam te doen. As jy albei hierdie dinge kan regkry, sal jou man mettertyd ontdek hoe spesiaal hy vir jou is en sal jul huwelik as gevolg hiervan van krag tot krag gaan.

      Here, ek bid dat U my daarvan sal weerhou dat ek ooit negatiewe dinge van my man sal sê. Help my eerder om hom op te bou en te bemoedig.

      Amen

      13 Februarie

      Aanvaarding is noodsaaklik

      Lees Romeine 15:7-13

      Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God – Rom 15:7

squig.jpg

      Vergewe my maar as hierdie onderwerp elke keer opduik wanneer ons oor die huwelik gesels! Jy gaan tevergeefs bly hunker na ’n gelukkige huwelik as jy weier om jou man te aanvaar soos hy is. Ons is almal onvolmaak, dit is dus baie onbillik van jou om te verwag dat jou man volmaak sal wees. Dit is nóg onbilliker om met hom te trou met die voorneme dat as julle eers getroud is, jy hom sal verander in dié man wat jy graag wil hê. Om hom te probeer “oormaak” is een van die sekerste maniere om jou man van jou te vervreem.

      Maak eerder vrede met dié eienskappe van jou man wat jou dwars in die krop steek. Skryf hulle neer en bid dat God jou sal help om hulle te aanvaar. Dit help altyd om daaraan te dink hoe geredelik God jóú onvolmaaktheid en sondigheid aanvaar en keer op keer gewillig is om jou te vergewe elke keer as jy Hom daarom vra.

      Stephen Covey sê graag ’n huweliksverhouding is soos ’n emosionele bankrekening. Elke keer as jy iets moois vir jou maat sê of doen, is dit ’n deposito in daardie rekening. Elke keer as jy negatief teenoor hom is, is dit ’n onttrekking uit daardie rekening. Probeer élke dag ’n deposito in jul twee se emosionele rekening te maak en spoor jou maat ook daartoe aan. Indien julle dit kan regkry, sal julle een van die dae skatryk wees!

      Here, vergewe my dat ek van my man verwag om volmaak te wees, terwyl ek self so ver daarvandaan is. Help my om hom onvoorwaardelik te aanvaar en te vergewe soos U met my doen.

      Amen

      14 Februarie

      ’n Nuwe fokus op Valentynsdag

      Lees Johannes 3:16-21

      “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê” – Joh 3:16

squig.jpg

      Een van die geheime van ’n gelukkige huwelik is dat jy sal aanhou om jou man te verras met die oorspronklike maniere waarop jy hom van jou liefde vir hom wil verseker. Valentynsdag kan ’n romantiese hoogtepunt in jul huwelik word as jy moeite doen om dit vir jou man spesiaal te maak. Tog het óns verlede jaar ’n splinternuwe perspektief op Valentynsdag gekry. Ons het die volgende e-pos van ’n vriendin in Malawi ontvang:

      “For God so loVed the world,

      That He gAve

      His onLy

      BegottEn

      SoN

      That whosoever

      Believeth In Him

      Should Not perish

      But have Everlasting life” (John 3:16).

      Dink na oor God se liefde vir julle. Gaan lees dan saam op hierdie dag van die liefde in 1 Korintiërs 13 hoe so ’n liefde daar behoort uit te sien. Maak dan werk daarvan om hierdie liefde elke dag in jou huwelik uit te leef. Jy weet mos waar jy hulp kan kry op dié dae wanneer jy dit regtig nie uit jou eie kan regkry nie!

      Hemelse Vader, help ons om van nou af op Valentynsdag nie net op ons liefde vir mekaar te fokus nie, maar ook op u liefde vir ons.

      Amen

      15 Februarie

      Pasop vir die groenoog-monster!

      Lees Jakobus 3:13-18

      Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie – Jak 3:14

squig.jpg

      ’n Mens kry vroue wat so jaloers op hul man is dat hulle hom niks gun nie, dat hy nooit sonder hulle iewers heen mag gaan nie en dat hulle meen dat hy ’n buite-egtelike verhouding het wanneer hy ’n paar keer na mekaar laat by die huis opdaag óf iets vir hulle wegsteek wanneer hy vir hulle ’n bos blomme bring.

      Ons kry ’n mooi voorbeeld van hierdie huweliksjaloesie in die verhaal van Ragel en Lea. Alhoewel Ragel beeldskoon was en goed geweet het dat Jakob haar liewer gehad het as haar suster Lea, kon sy nie help om reddeloos jaloers op Lea te wees omdat God haar met kinders geseën het nie. Ragel moes uitvind dat jaloesie niemand nog êrens gebring het nie. In Spreuke 27:4 staan daar:“Teen jaloesie is niemand opgewasse nie.” Om die waarheid te sê, dit berokken die een wat jaloers is die heel meeste skade.

      In 1 Korintiërs 13:4 staan daar glashelder dat die liefde nié jaloers is nie. Wanneer jy jou weer betrap dat jy onredelik jaloers is op jou man, stop net daar! Leer om jou man te vertrou, en maak seker dat hy jou ook volkome kan vertrou. Bely jou jaloesie voor die Here en vra Hom om jou daarvan te verlos.