By fonteine langs. Nina Smit. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Nina Smit
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796316714
Скачать книгу
Januarie

      Vrywillige offers

      Lees Deuteronomium 16:9-12

      “In die mate waarin die Here jou God jou met voorspoed geseën het, moet jy ’n vrywillige offer vir Hom bring” – Deut 16:10

squig.jpg

      In vandag se teksvers word die fees van die weke beskryf. Sewe weke ná die oestyd moet die volk hierdie fees tot eer van God vier. In dieselfde mate waarin die Here húlle met voorspoed geseën het, moet hulle vrywillige offers vir Hom bring.

      God seën sy kinders met materiële seëninge sodat hulle weer op hul beurt ánder mense kan seën wat minder as hulle het. Hoe meer God ons seën, hoe meer oop behoort ons hande en beursies vir mense in nood te wees.

      Ongelukkig werk dit feitlik nooit so nie. Elkeen wat al met ’n bussie op die straat gestaan het om geld vir ’n instansie in te samel weet watter mense die meeste geld in daardie bussies gooi: Juis húlle wat dit self nie breed het nie. Waak in die jaar wat kom dat dit ooit van jou waar sal wees dat jy self geseën word, maar ten spyte van God se seën inhalig bly.

      God dwing nooit mense om geld vir sy koninkryk te gee nie, maar Hy het ’n blymoedige gewer lief, só skryf Paulus in sy brief aan die Korintiërs (vgl 2 Kor 9:7). God wil nie jou offers hê wat jy teësinnig gee nie, maar as jy bereid is om uit te reik na ander en die seëninge wat jy van God gekry het met ander mense te deel, gaan jy ontdek dat jy nóg meer oorvloedig deur God geseën sal word. Probeer dit gerus!

      Hemelse Vader, ek loof U vir u materiële seën in my eie lewe. Gee dat ek ’n oop hart en ’n oop beursie vir ander mense sal hê sodat ek die voorspoed wat U my gegee het, weer aan ander sal deurgee.

      Amen

      28 Januarie

      God wens jou voorspoed toe!

      Lees Jeremia 29:8-14

      Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra – Jer 29:11-13

squig.jpg

      Jeremia skryf hier ’n boodskap van hoop vir sy volk wat in ballingskap weggevoer is. Dit gaan sleg met hulle, maar God beloof om hulle weer na Jerusalem terug te bring. Hy beplan vir hulle voorspoed en wil vir hulle ’n blink toekoms gee sodat hul verhouding met Hom herstel kan word.

      Wanneer ek ’n teksvers soek vir iemand in ’n krisis, trek ek gewoonlik Jeremia 29:11-13 nader. Soms dink ons mos as dit baie sleg met ons gaan dat God teen ons gedraai het. Maar dit kan nooit gebeur nie. God het ons só lief dat Hy áltyd vir sy kinders voorspoed beplan, nie teenspoed nie. Sy bedoeling met ons is altyd goed. Hy wil vir ons ’n toekoms gee, ’n verwagting sodat ons Hom kan aanroep en Hy weer ons gebede kan verhoor. Maar dan moet ons op ons beurt bereid wees om Hom te ken, sy gebooie te gehoorsaam en na sy wil te soek.

      In Jesus het God jóú kom soek, jou kom wys dat Hy dit net goed met jou bedoel. Is jy gewillig om in die jaar wat voorlê aan jou verhouding met Hom te werk en sy wil te soek?

      Here Jesus, dankie dat U vir my kom wys het dat God dit goed bedoel met my. Help my om God te soek, sy gebooie te gehoorsaam en na sy wil te vra.

      Amen

      29 Januarie

      Gee ag op die woorde van die Here

      Lees Spreuke 16:20-24

      Wie ag gee op die woorde van die Here, sal voorspoed geniet; wie op die Here vertrou, met hom gaan dit goed – Spr 16:20

squig.jpg

      Ons is steeds met voorspoed besig! In God se Woord word baie voorwaardes vir mense gegee wat graag voorspoed wil beleef. As jy ag gee op die woorde van die Here, sal jy voorspoed geniet, en indien jy op die Here vertrou, sal dit met jou goed gaan, belowe die Spreukeskrywer. Tog sal jy waarskynlik kan getuig dat hierdie teks nie altyd werk nie. Soms gebeur daar slegte dinge met die Here se kinders. Miskien moet ons groter klem lê op gehoorsaamheid, want voorspoed en gehoorsaamheid gaan baie keer hand aan hand. “As jy maar aan my gebooie gehoorsaam was, sou daar voorspoed en redding vir jou gekom het, so onkeerbaar soos ’n rivier, soos die golwe van die see,” sê die Here vir sy volk by monde van die profeet Jesaja (Jes 48:18). Israel het male sonder tal ondervind dat hul voorspoed in teenspoed verander het sodra hulle ongehoorsaam aan die Here was en Hom vir afgode verruil het.

      Wil jy graag vanjaar voorspoed belewe? Maak dan jou verhouding met die Here reg. Neem ’n wilsbesluit om vas op Hom te vertrou, sy Woord en gebooie te gehoorsaam. Selfs al sal élke dag nie vir jou voorspoed bring nie, kan jy daarop reken dat Hy te midde van teenspoed steeds by jou sal wees sodat Psalm 112:7 vir jou waar sal word: “Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die Here.”

      Hemelse Vader, help my om vanjaar op u woorde ag te slaan en u gebooie te gehoorsaam, om so vas op U te vertrou dat ek selfs nie eers slegte tyding sal vrees nie.

      Amen

      30 Januarie

      God seën jou

      Lees 1 Kronieke 4:9-10

      Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.” God het laat gebeur wat hy gevra het – 1 Kron 4:10

squig.jpg

      In dié oorbekende gebed van Jabes, vra hy dat God sy seën oor hom sal uitstort, sy grondgebied meer sal maak, hom sal beskerm en onheil van hom sal weerhou. Ons teksvers vertel dat God die gebed van Jabes verhoor het.

      Aan die begin van ’n nuwe jaar is dit goed om God vir sy seën in jou lewe te vra. Dit is die enigste manier hoe jy sal weet dat alles wat jy gaan doen uiteindelik reg sal uitwerk. Seën beteken om God se liefde en guns in jou lewe te ervaar sodat Hy jou elke dag met sy liefde sal omvou en jy sy onverdiende genade sal kan raaksien in elke goeie ding wat oor jou pad kom. ’n Mens kan kwalik vir iemand anders iets mooiers vir die nuwe jaar toewens as God se seën op alles wat hy gaan aanpak.

      Ek wil vir jóú God se seën toebid op alles wat jy vanjaar gaan aanpak. Mag jy die rykdom van God se genade elke dag in jou lewe ervaar. Onthou net dat God se seën verantwoordelikheid vir jou meebring. Indien God jóú seën moet jy weer vir ánder mense tot seën wees. Dan sal jy vanjaar ’n positiewe verskil maak in die plek waar jy woon en sal almal wat jou ken, gelukkiger mense wees.

      Here, ek kom bid dat U vanjaar u seën oor my sal uitstort. Maak dit vir my moontlik om weer vir ander mense tot seën te wees sodat ek ’n positiewe verskil in die wêreld sal maak.

      Amen

      31 Januarie

      God gaan voor jou uit

      Lees Deuteronomium 31:1-8

      Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie – Deut 31:6

squig.jpg

      Moses se afskeidsboodskap vir die volk bly vir my die heel mooiste nuwejaarsbelofte: Hulle hoef vir niks bang te wees nie, want die Here sal met hulle saamgaan, Hy sal hulle nie in die steek laat of alleen laat nie. Ook Josua se persoonlike boodskap in vers 8 behoort met elke Christen saamgeneem te word op die pad van die nuwe jaar: “Die Here sal voor jou uit gaan. Hy