By fonteine langs. Nina Smit. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Nina Smit
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796316714
Скачать книгу
onderneem om vóór jou op die onbekende pad van die nuwe jaar te stap. Jy hoef nie bang te wees vir die onbekende nie, want Hy gaan elke tree van die pad saam – en Hy sal jou nooit in die steek laat of alleen laat nie. Al wat jy hoef te doen, is om Hom elke dag te volg. Dan sal die res van die teksvers vanjaar in jou lewe waar word:

      * God sal by jou wees in goeie én slegte tye;

      * Jy mag maar onwrikbaar op Hom vertrou, Hy sal jou nooit in die steek laat nie;

      * Hy sal jou nooit alleen laat nie; en

      * Jy hoef vir niks te skrik nie!

      Met só ’n belofte kan jy die jaar wat voorlê met groot vertroue ingaan!

      Hemelse Vader, ek neem U nou op u woord. Dankie dat ek nie vir die onbekende pad van die nuwe jaar hoef bang te wees nie omdat ek die versekering het dat U dit vir my sal vooruitloop.

      Amen

      Gebed

      Hemelse Vader,

      watter ongelooflike voorreg is dit om die nuwe jaar te begin

      met die seker wete dat U self vir my by fonteine langs sal lei;

      dat U vir my voorspoed en seën belowe in die jaar wat voorlê,

      en elke dag vir my sal sorg.

      Dankie vir die belofte dat U by my sal wees;

      dat U my nooit sal laat vaar of verlaat nie;

      dat U in elkeen van my behoeftes in oorvloed sal voorsien.

      Maak my gewillig om vanjaar volgens u wil te leef

      en u gebooie te gehoorsaam.

      Help my om soos ’n Christen op te tree,

      om ook in swaarkrytye vas op U te vertrou,

      en om my self positief te verander

      sodat ek in Jesus se voetspore kan loop.

      Ek loof U dat U my naam ken,

      dat ek vir U kosbaar is

      en dat U my teen gevare sal bewaar.

      Dankie vir die versekering dat met U in my lewensbootjie

      ek vir geen krisis of storm hoef bang te wees nie.Here, ek wil my nou fyn instem op u stem

      en op u leiding wag.

      Ek weet dat U vir my net voorspoed beplan

      en bid dat U vir my wysheid sal gee

      sodat ek in die jaar wat voorlê die regte besluite sal neem.

      Vorm my, Here, stort u seën oor my uit

      en loop asseblief voor my op die onbekende pad van die nuwe jaar.

      Amen

      Februarie

      Werk aan jou huwelik

      Alhoewel daar letterlik honderde boeke

      oor sukses in die huwelik geskryf is, misluk huwelike steeds,

      omdat huweliksmaats nie besef

      dat gelukkige huwelike nie vanself kom nie.

      Om gelukkig getroud te wees, vra dat jy alles in jou huwelik sal insit.

      Dat jy jou huweliksmaat só goed sal ken

      dat jy presies sal weet wat sy behoeftes en drome is,

      én dat jy kans sal sien om jou eie behoeftes en drome

      op die agtergrond te skuif

      sodat dié van jou maat voorrang kan geniet.

      Een van die heel belangrikste vereistes van ’n gelukkige huwelik

      is dat albei huweliksmaats sal besef dat mense verander.

      “Nie een van ons is 100% dieselfde persoon

      as wat ons selfs net verlede jaar was nie.

      Ons lewe en ons idees is vloeibaar.

      Ons drome en ons verlangens verskuif gedurig.

      Daarom vereis die vestiging van ’n gelukkige huwelik

      of ’n hegte vriendskap of ’n sinvolle werksverhouding

      altyd noulettende, wedersydse begrip

      vir wat die ander persoon die nodigste het.

      “Dit vra gereelde in diepte gesprekke, onderhandelinge […]

      kompromieë […]” skryf Alan McGinnis in Balans in die lewe.

      Hierdie maand gaan jy leer hoe jy vir jou man die vrou kan word

      wat hy die graagste sal wil hê!

      1 Februarie

      Wees lief vir jou man!

      Lees Hooglied 8:5-10

      “Hou my teen jou soos die seëlring op jou bors, soos die seëlring aan jou arm. Die liefde is sterker as die dood, die hartstog magtiger as die doderyk; dit brand en vlam soos vuur” – Hoogl 8:6

squig.jpg

      As jy vir jouself ’n punt uit tien vir jou huwelik moet gee, wat sal dit wees? Elke vrou behoort bereid te wees om haar man met passie en entoesiasme lief te hê en dit vir hom gereeld te sê én te wys. ’n Mens kán manjifiek lewe as jy weet hoe om te werk én hoe om lief te hê, sê Tolstoi.

      Die beste huwelike is dié waarin twee huweliksmaats bereid is om hulle absoluut aan mekaar te “commit” – waar daar weliswaar soos in alle huwelike ook gereelde dikmondstiltes of selfs koue gevegte plaasvind, maar waar egskeiding nooit eers ’n oorweging is nie omdat albei huweliksmaats bereid is om alles in te sit om hul huwelik te laat werk. Sulke huweliksmaats neem hulle van dag tot dag voor om die vuurtjie van hul liefde aan die brand te hou, alhoewel dit nou nie elke dag ewe hoog brand nie! “Om op enige terrein suksesvol te wees, vereis entoesiasme. Kortweg, vir ’n lewe van balans is ’n bietjie passie by die werk én by die huis noodsaaklik,” skryf Alan Loy McGinnis in sy boek Balans in die lewe.

      Begin sommer vandag om jou man weer, soos in die dae toe julle nog verloof was, met passie en entoesiasme die hof te maak. Jy gaan verseker ontdek dat hy by daardie passie en entoesiasme gaan aansteek en dat jou huwelik ’n wonderlike inspuiting gaan beleef!

      Here, vergewe my dat ek soms so belangeloos teenoor my man optree. Help my om hom soos met ons wittebrood weer met passie en entoesiasme lief te hê.

      Amen

      2 Februarie

      Wees getrou aan jou man!

      Lees Hebreërs 13:1-6

      Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom – Heb 13:4

squig.jpg

      In die wêreld waarin ons lewe het buite-egtelike verhoudings so alledaags geword dat dit byna nie meer ’n wenkbrou laat lig nie. “Sleutelpartytjies” (waar huweliksmaats vir die nag omgeruil word) en dinge soos rondslaap en egbreuk is aan die orde van die dag. Een uit drie huwelike in Suid-Afrika eindig in die egskeidingshof. En dit is beslis nie wat God se bedoeling met die huwelik was nie. Hy het bedoel dat die huwelik ’n blywende verbintenis sou wees tussen één man en één vrou waarin daar geen plek vir ’n derde persoon is nie.

      As jy jouself sal voorneem om kom wat wil, getrou aan jou man te bly, is die saak al halfpad gewonne. Daar gaan waarskynlik tye kom dat jy wel tot iemand anders aangetrokke gaan voel. Dit is natuurlik. Maar jy moet nooit aan hierdie gevoelens van toegeneentheid tot ’n derde persoon toegee as jy reeds getroud is