Die kroon van Keurboslaan #4. Theunis Krogh. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Theunis Krogh
Издательство: Ingram
Серия: Keurboslaan
Жанр произведения: Учебная литература
Год издания: 0
isbn: 9780798153898
Скачать книгу
p>

      Die kroon van Keurboslaan

      Theunis Krogh

      Human & Rousseau

      1

      GROOT ONTEVREDENHEID

      Die studeerkamer se deur gaan oop en Venter kom verlig uitgestap.

      “Nie pak gekry nie?” vra Rothman.

      “Nie hierdie keer nie,” sê die junior met ’n glimlag. “Ek sal van nou af mooi trap tot die einde van die kwartaal.”

      Rothman sug en wens hy kan so sorgeloos soos Venter wegdraf. Hy moet weer na die hoof toe gaan. Dis ’n groot eer om die hoofseun van Keurboslaan se kosskool te wees, maar dis nie altyd so maklik nie.

      Doktor Serfontein se buitengewoon aantreklike gesig lyk vanaand strenger as gewoonlik. Sy hande tas ergerlik rond tussen die stapels rapporte op die groot lessenaar terwyl hy ’n paar sake met Rothman uitstryk.

      “Dis al,” sê die hoof se diep stem ná ’n ruk. “Gaan roep nou asseblief vir Krynauw.”

      “Reg, doktor.”

      Krynauw is die onderhoofseun. Hierdie groot, sterk sewentienjarige met sy ligte hare en bruin oë wat die wêreld so goedig deur sy bril bekyk, wag soos altyd buite die hek van die hoof se tuin.

      “Hallo!” sê hy met ’n stem wat baie soos die hoof s’n klink. “Hoe lyk ons dan so suur?”

      “Dit word net al hoe erger!” kla Rothman. “As ek vinnig by die studeerkamer inkom, vra hy waar is die trein en wanneer leer ek selfbeheersing. En as ek stadig inkom, jaag hy my aan en sê die nag het net twaalf ure, en elke uur net sestig minute.”

      “Aag, dit beteken niks. Dis sommer sy senuwees, man.”

      “Senuwees se voet. Hy’t skatryk by sy miljoenêr-peetpa geërf, hy het ’n yslike kosskool waarmee hy kan maak nes hy lus het, en geleerdes kan skaars wag vir sy volgende onverstaanbare roman. Waaroor kan so iemand op sy senuwees wees?”

      “Hy is ’n genie, en dit maak hom maar bietjie snaaks. Hy’s eintlik baie eensaam.”

      “Nonsens. Sy eie broer werk vir hom, en hy’t vir Tessa aangeneem, so sy bly hier by hom nes sy eie kind.”

      “Sy’s maar net nege. Sy’s nie wat ek sal noem goeie geselskap vir haar oom nie … Nie hierdie oom nie!”

      “Ek hoop jy gaan netnou nog so lojaal aan hom wees. Hy wil jou sien.”

      “Hoekom? Ek sien hom mos wanneer hy uitkom.”

      “Hoe moet ek weet? Toe, jy draai te lank.”

      Krynauw gaan in en klop aan die studeerkamerdeur.

      “Ja!” roep die hoof op ’n manier wat moeilikheid voorspel.

      “Goeienaand, doktor,” sê Krynauw.

      “Goeienaand. Venter se gedrag is uiters onbevredigend. Besef jy as sy kamerprefek dat hy gedurig in die moeilikheid is?”

      “Ja, doktor.” Krynauw het al dikwels onder die hoof se kwaai humeur deurgeloop, en stadigaan geleer hoe om dit te hanteer. Sy oë ontmoet die streng swartes nou kalm en vriendelik.

      “Ek doen my bes, doktor,” sê hy. “Dis eintlik Geer se hele bende wat aanjaag. Bertrand Spaulding, Wilke, almal van hulle. Hulle is nie sleg nie, net simpel en vol streke.”

      Die hoof se oë blink vir ’n oomblik en dan praat hy heelwat rustiger. “Dis onregverdig om jou kwalik te neem vir die bende se swak gedrag,” erken hy.

      “Nee wat, dis mos waarvoor ek daar is!” sê Krynauw.

      Dis een van die min kere wat hy dit waag om ’n grap met die hoof te probeer maak.

      Sy poging word met ’n streng kyk beantwoord. “Gaan vanaand alleen vooruit. Ek moet met juffrou Conradie praat. My broer Edward het haar onlangs gesien en hy dink sy kan gehelp word.”

      Die hoof bespreek nooit volwassenes se sake met sy leerlinge nie, maar Krynauw wil medies gaan studeer en is bevriend met die hoof se broer, die bekende dokter Martin Serfontein. Martin staan saam met die jonger broer Edward aan die hoof van ’n private kliniek in Johannesburg wat hoofsaaklik deur hulle ryk ouer broer onderhou word.

      Krynauw kom agter die hoof doen die afgelope tyd moeite om hom soos ’n volwassene te behandel en hy waardeer dit. “Dit sal wonderlik wees as hulle iets vir haar kan doen,” sê hy.

      “Ja. Die behandeling gaan lank en pynlik wees, maar sy is baie dapper.”

      Krynauw dink aan juffrou Conradie se smal, krom lyfie en haar blou, treurige oë. “Dit sal regtig wonderlik wees,” herhaal hy.

      Hy groet en verlaat die studeerkamer tevrede. Vandat hy agt jaar oud is, is die hoof vir hom alles en die stappie Aandgodsdiens toe is altyd die hoogtepunt van sy dag, maar hy gee dit vanaand gewillig prys.

      Krynauw se ma is pas oorlede toe hy destyds na Keurboslaan gekom het, en sy pa het hom doelbewus van sy kinders onttrek. Krynauw was in ’n toestand, maar hier op Keurboslaan het die hoof vir hom ’n rots geword waarop hy kan staatmaak, al gebeur wat ook al. Dinge tussen hom en doktor Serfontein was soms moeilik, maar die band tussen hulle het deur die jare net al hoe sterker geword.

      Op pad na die hoofgebou dink Krynauw aan hoe dit en al die ander geboue op die terrein binne nege jaar uit een bouvallige geboutjie ontwikkel het. Die hoof het die sukkelende skooltjie by die oorspronklike eienaar, meneer Schoonbee, gekoop nadat hy ’n fortuin geërf het.

      Krynauw het Keurboslaan se kosskool sien ontwikkel. Hy het ook die hegte vriendskap tussen die teruggetrokke jong doktor Serfontein en die onpraktiese, edel ou heer gesien en groot respek daarvoor gehad.

      Hy stap ingedagte verder.

      Twee seniors wat vir ekstra lesse in die onderwysershuis was, roep vriendelik na Krynauw toe hy by die trappies, wat na die groot voordeur lei, kom.

      “Het Jupiter jou uitgesmyt?” vra Smit, ’n lang, maer seun met ’n wilde bos hare.

      “Nee, hy moet iemand sien … Wat grinnik jy en Lagrange so?”

      “Oor ons nie in die operette is nie!”

      “Ja-nee,” sê Lagrange, ’n staatmaker in die eerste rugbyspan, kastig aansitterig, “ek speel mos tjello in die orkes, en Smit kan nie wysie hou nie.”

      “Julle kan julle sterre dank! Ek en die ander moet Oudgriekse klede aantrek en soos meisies rondstap, én die juniors in toom hou!” sê Krynauw.

      Sy vriende lag lekker.

      “En dan vra doktor my nog hoekom ek nie keer dat Venter-hulle aanhoudend moeilikheid maak nie,” kla Krynauw verder. “Hy en Pietersetjie en Dollie Combrink en klein Snyman is aardgeeste, en hulle moet sulke opgepofde broekies en blommekranse dra. Jy moet hoor hoe kerm hulle daaroor. Gelukkig vir almal het Nieuwenhuis se stem gebreek. Nou’s hy uit by die geeste, en Combrink is in.”

      “Hoe kan Jupiter dit toelaat?” vra Smit kopskuddend. Hy is maar te dankbaar hy is nie ook ’n slagoffer van die simpel spul nie.

      “Oubaas Beunk is mos al donkiejare hier,” verduidelik Krynauw. “Doktor wil nie sy gevoelens seermaak nie. Hy het die hele verskriklike operette self gekomponeer, en die musiek is nogal goed, maar dis nie ’n ding vir seuns nie. Almal het dit al vir hom probeer sê, maar julle weet mos hoe’s hy.”

      “Stokdoof,” sê Lagrange. “En as hy iets nie wil hoor nie, haal hy net daai gehoordingetjie uit sy oor en lyk onnosel!”

      2

      DIE OPERETTE

      Die dag van die konsert breek aan oor die blou berge wat die pragtige Keurboslaan omring. Die rooisteengebou lyk indrukwekkend bo-op die koppie. Die hoof se wit huis met sy kleurvolle blomtuin blink soos ’n diamant. Die silwerskoon swembad wink die gaste nader. Die rivier met sy swemkuile onder langs die speelterrein sing ’n vrolike liedjie.

      Maar die skool se seuns is vandag allesbehalwe opgeruimd. Hulle sien te veel