Die Portier. Pat Stamatélos. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Pat Stamatélos
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Контркультура
Год издания: 0
isbn: 9780795703386
Скачать книгу
en verlies. Dís wat hom die afgelope paar jaar oorweldig, en hy weet nie hoe om dit te hanteer nie. Verlies aan sy ma, sy onskuld, die bekende. En dan die vrees met elke sonsopkoms, die vrees vir elke dag.

      Met sy kop agteroor trek hy die stilte diep in sy longe in. Sy gedagtes draai onwillekeurig terug hospitaal toe. Die hospitaalbestuurder, meneer Siegfried, het hom vroeg vanoggend ingeroep, hom gelukgewens en sy hand hard gepomp.

      “Veels geluk, Max, jy is nou oud genoeg.” Ernstig.

      Hy verpes sulke niksbeduidende stellings. Geluk met wat? Oud genoeg vir wat? Siegfried. Nege letters, ’n ongelyke getal.

      “Oud genoeg vir wat, meneer?”

      “Vir alles!” en meneer Siegfried kraai van die lag. “Maak dit die eerste dag van die res van jou lewe – jy ken mos die gesegde. Ons het almal een of ander tyd in ons lewe die behoefte om ’n nuwe begin te maak. Vandag is dit jóú beurt.”

      Dis die meeste woorde wat meneer Siegfried nog op een slag met hom gepraat het, al kon hy dit nie doen sonder ’n afgesaagde gesegde nie. Siegfried. Nege letters, geen wonder nie.

      Toe hy vanoggend by die hospitaal instap, het suster Jennifer, Strubenshof se vroedvrou, haar arms vir hom oopgehou. Sy was eers ’n suster in die kraamsaal, toe die eenheidsbestuurder en het uiteindelik haar eie praktyk as vroedvrou in die mediese sentrum langs die hospitaal begin. Sy het ’n eenvoudige reëling met die hospitaal: sy mag al hulle fasiliteite gebruik, solank haar pasiënte slegs van Strubenshof gebruik maak om te kraam.

      Dis ’n reëling wat goed werk. As ’n pasiënt se kraampyne te lank aanhou en Jennifer bekommerd is oor die welsyn van die baba, is daar altyd ’n ginekoloog of dokter byderhand om ’n keisersnee te doen. Sy en die dokters vul mekaar op dié manier aan.

      “Happy birthday, Max!” Haar blou oë het ondeund gelag. “Today I don’t need an excuse to hug you. I hope you grow up quickly and age even quicker, so that we can get married!”

      Van die personeel het hande geklap toe Jennifer hom styf maar vinnig teen haar vasdruk.

      Hy het verleë geglimlag. “My Alice in Wonderland, I’ve already told you: Run away with me. I’ll read you fairy tales for the rest of your life and do car watching to support you. We’ll stay in a garage and live happily ever after.”

      “Oh Maxie, promises, promises. Come to my office at ten and we’ll do tea, darling,” het sy genooi.

      Hy het belowe, maar hy het geweet dit sal nie net “tea, darling” wees nie. En hy was reg. Sy geskenk het vir hom gewag, toegedraai in kleurvolle papier langs ’n bos blomme.

      “You’re the only man I give flowers to, Max, because I know you will appreciate them. And . . . I have something else for you.”

      Sy het afgebuk om haar handsak op te tel. “Here we go.” Sy het twee kaartjies triomfantelik na hom uitgehou. “Two tickets for a ride in a hot-air balloon!”

      Toe hy verstom stilbly, pleit sy mooi: “Please, please say you’ll go with me. We leave from the Hot Air Balloon Club, fly to Magaliesburg, have a divine breakfast and come back a few hours later.”

      Hy het gemaak of hy ingenome is, maar sy kop geskud.

      In die klein spasie van ’n mandjie, honderde meter bo die grond, skouer aan skouer met ’n klomp vreemde mense. Miskien nog aan vuilgevatte toue vashou . . . Dis om ’n hartaanval van te kry.

      “I’m afraid of heights,” het hy verskoning gemaak. “Why don’t you take your daughter instead?”

      Jennifer het sy afwysing met grasie aanvaar.

      Sy geskenk was ’n boek. “An English classic does wonders for the soul,” het sy gesê, en hy het haar hand met groot gebaar gesoen en haar innig bedank.

      Hy het besluit om die blomme en geskenk in Jennifer se kantoor te los tot huistoegaantyd, nie lus vir Pikkie, die ander portier, se geterg nie.

      Geskenke van Jennifer, gelukwensings van die personeel, selfs van die bestuurder. Biltong, biscuits en wyn van Ouboet en Suzie, happy birthday e-pos. Wat meer wil hy hê?

      Aesopus se hond wou ook meer hê.

      Hy het sy weerkaatsing in die water gesien en, gulsig om nog ’n stuk vleis te bekom, sy bek oopgemaak om daarna te hap. Die vleis het uit sy bek geval en onder die water verdwyn.

      The moral of the story is seker dan dat gulsige mense soms niks kry nie. Is hy gulsig omdat hy meer wil hê? Meer wát? wonder hy en voel soos die ou oom wat op sy stoep sit en huis toe verlang.

      ’n Warm gloed stoot teen sy nek op, sy hande effens sweterig. Is hy besig om ’n angsaanval te kry? Nee wat, hy’s maar net ongedurig.

      Otto sê as iets hom ontstel, moet hy aan iets moois dink, iets rustigs.

      Met sy oë styf toe probeer hy dink aan die see, die groot branders wat ingerol kom. Hulle word al kleiner hoe nader hulle aan die kuslyn kom, om uiteindelik, saggies, op die wit strand uit te spoel. Ver weg, waar see en lug mekaar groet, lê ’n mistigheid. Bo hom skree die seevoëls met hul pragtige wit vere, hul vlerke wyd oopgesprei.

      Uiteindelik kom lê ’n rustigheid oor hom, van sy toontjie tot sy kroontjie. Ontspan, ontspan, hou hy aan om vir homself te sê.

      Hy druk die klawers, saggies-saggies, swaai sy lyf effens heen en weer toe die strelende klanke die kamer vul, gedemp deur die dik roomkleurige mat.

      La mer. Die see.

      Eensaamheid vra ’n strykstok en snare, besluit hy.

      Hy staan op, maak die vioolkissie oop, haal sy viool uit, haal die harpuis uit die laaitjie. Die strykstok word opgewen, harpuis aan die hare gesmeer, stempenne ’n bietjie gedraai tot die klanke suiwer uitkom.

      Hy druk die viool in die knak van sy nek.

      Violin: Four-stringed instrument tuned in fifths, played with a bow, and held between the shoulder and chin. Meneer Le Duc, sy musiekonderwyser, se woorde aan hom met sy eerste vasvat van die viool.

      Merci, monsieur Le Duc, jy het my goed geleer.

      Hy gaan staan met sy rug na die venster, voete effens uitmekaar, haal diep asem en begin om die snare te bestryk, die strykstok ’n verlenging van sy arm. ’n Stukkie Couperin, Leclair, Duval. Franse komponiste op hul beste.

      Molto adagio, saggies, saggies. Met nat sand wat deur sy tone peul en die reuk van soutwater in sy neusgate, die dreuning van die branders op die agtergrond.

      Die see. Hy moet teruggaan. Maar alleen?

      Hoekom nie?

      Die viool is ’n alleen-instrument. Hy sal kniediep die see inloop, sy viool teen sy skouer oplig. En op die maat van Beethoven se Negende Simfonie, met koorstemme wat dreun in sy ore, sal hy die finale speel, allegro assai.

      Daar is nie ’n kamer groot genoeg in die wêreld om dié klanke te hou nie, geen akoestiek goed genoeg nie. Dis die oseaan, die gedruis van waters, die breek van branders en geskree van seevoëls. Niks anders as die see kan met die finale vergelyk word nie.

      Daar is ’n eensaamheid aan die see só erg jy wil huil en doodgaan van verlange, geluk en blydskap. Dit laat ’n gat in jou hart as jy weggaan, wat net kan genees as jy terugkeer. Om weer ’n gat te word as jy nogmaals weggaan.

      La mer,

      qu’on voit danser le long des golfes clairs,

      a des reflets d’argent.

      La mer . . .

      Die see dans teen die helder golwe en gooi silwer weerkaatsings.

      Vergeet van tannie Hartjie se wasgoed, die hospitaal se patetiese siek mense, stinkende gastrotoilette, skoonmakers wat oor en weer skree, en polishers wat jou tot waansin dryf met hul geraas.

      Hy sien die reëndruppels in die deinende oseaan val, die lug pragtig witgrys en die wêreld omhul deur ’n