“No, I don’t know what you mean.”
“Supply and demand, these things are always changing. I have been asked by Inkabi to renegotiate with you.”
“Renegotiate?” Shabangu se volle aandag is nou by die oproep, hy ruik lont.
“Yes, sir, we are unfortunately now only able to offer you thirty cents.”
“That’s bullshit …”
“I am really sorry, but that is my instruction.”
“We had a deal – you tell Osman we had a deal!”
“Please, sir, no names …”
“This is bullshit. Why is Osman doing this?”
“Please, sir, we have to stick to the agreed protocols …”
“Fuck the protocols, what is Osman doing?”
“Well, to be honest, sir, we have reason to doubt your sources. About the route.”
“The route? I said from the beginning, it will take time, it’s a process … Wait a minute … you bastards …”
“Excuse me?’
“You fucking bastards. It’s Tweety the Bird, isn’t it? You’ve done a deal with him. That’s why you know about the route.”
“No, sir,” antwoord Hendricks doodkalm, baie hoflik. “It’s simply market forces – our buyer has made a lower offer, and we have to …”
“You are fucking screwing me …”
Hendricks wil iets sê, maar Shabangu verskree hom. “I’m telling you now, I’m going to get the diamonds, and then we’ll see what price you pay! I’ll find out what fucking route they’re going to use, and I’ll hijack the whole fucking lot!”
“Please, sir, you are using your cell phone …”
“Fuck you!” skree Inkunzi en druk die foon dood met ’n hand wat van woede bewe. Vir tien minute swets hy, slaan die stuurwiel, gluur na die verkeer om hom. Dan bel hy eers sy twee luitenante om die Moslems se verraad met hulle te bespreek, en daarna sy hoofinformant in Harare.
“Why the fuck do I pay you?”
“Inkunzi?”
“Why the fuck do I pay you? You have the route all wrong, and I’m telling you now, if you don’t get the right one in time, I’m going to cut out your fucking balls personally, do you understand me?”
Teen elfuur is Inkunzi Shabangu terug by sy luukse huis, sy bui effens beter danksy die versekering van sy luitenante, sy informant en sy ander Zim-kontakte dat hulle die roete sal vasstel, kom wat wil.
Dan lui sy selfoon weer.
“Yes?”
“Ouboet, my naam is Lukas Becker, en jy’t per ongeluk my geld gesteel. Ek’s nie kwaad nie, ouboet, maar ek wil dit terughê.”
Só eienaardig en onverwags is die lakoniese trant en stadige ritme van die stem, die woordkeuses, die vermoedelike oorsprong – ’n wit Afrikaner – dat Shabangu uitbars van die lag.
En Becker sê: “Ek kan werk met ’n man wat kan lag, ouboet.”
* * *
’n Meeluisteroperateur laat Quinn haal kort ná die gesprek tussen Shabangu en Hendricks, en hy luister by die operateur se rekenaar na die opname, vra dat dit dadelik in die gedeelde lêer op die bediener geplaas moet word, getranskribeer moet word, en loop na Masilo se kantoor om vir hom te gaan sê.
Die Becker-gesprek word later per e-pos aan hom gestuur – twee klanklêers aangeheg. Die operateur skryf: Thought you’d enjoy this. Pretty amazing.
Quinn luister daarna.
(Shabangu lag uitbundig.)
Ek kan werk met ’n man wat kan lag, ouboet.
Wie de fok is jy?
Lukas Becker. Jou mense het my kar gekaap. Ek het die ding gehuur, ouboet, so julle kan hom hou. Maar my geld was daarin. Nou vra ek mooi:
Ek soek my geld.
Geld? Watse geld?
Baie geld. In pond sterling. Kontant.
My mense? Hoekom sê jy dis my mense?
Ek het een van hulle hier by my. Sê sy naam is Enoch Mangope, die een met die wit oog. En hy sê hy werk vir jou.
Ek ken nie so iemand nie.
Ouboet, hy wou eers niks sê nie, maar toe ons voor die polisiestasie stilhou, toe praat hy. En ek dink nie hy lieg nie. Luister, kom ons hou dinge eenvoudig. Ek soek net my geld.
Ek weet niks van jou geld nie.
Ek glo jou, ouboet, maar jou mense sal weet. Die geld was in my rugsak, die rugsak was agter in die kattebak. Julle kan die sak ook hou, gee net my geld.
Of?
Nee, kom ons los eers die “of”.
Hier’s ’n “of” vir jou: Fok of.
Ai, ouboet, daai ingesteldheid bring net moeilikheid.
Moeilikheid? Wie dink jy is jy?
Lukas Becker. Ek dog ek het al vir jou gesê.
(Shabangu lag.) Jy maak seker ’n grap.
(Oproep beëindig.)
Einde van die eerste klanklêer. Quinn grinnik en aktiveer die tweede.
Ouboet, ek verstaan hoe jy voel – wit ou wat sommer so uit die bloute uit bel – maar ek maak nie ’n grap nie. Ek wil die ding net opgelos kry op ’n hoflike manier. Wat sê jy?
(Shabangu lag in ongeloof.) Weet jy wie ek is?
Ek ken jou nie, ouboet, maar jou man Enoch-Die-Oog hier sê jy’s ’n Inkosi. ’n Gevaarlike kêrel.
Dis reg. Ek is nie jou fokken ouboet nie …
Dis maar hoe ek praat …
… en as jy my weer bel, gaan jy uitvind hoe gevaarlik ek is.
Ek glo jy’s baie gevaarlik, ouboet, maar ek wil darem ook glo jy’s ’n man wat sal verstaan. Ek het hard gewerk vir daardie geld.
Ek gee nie ’n fok om nie.
Ai, ouboet, moenie dit sê nie.
Wat gaan jy doen? My kom moer?
Ek gaan aanhou met mooi vra, ouboet. Tot dit nie meer help nie.
(Shabangu lag.) Jy’s fokken mal.
Nog nie …
Luister, los my uit. En sê vir Enoch hy werk nie meer vir my nie.
18
Tau Masilo steur hom nie baie aan datums wat in die verlede lê nie. Sy fokus is meestal vorentoe. Maar hy laat ’n spoor van 18 September in sy afspraakboek.
Sedert Janina Mentz hom die vorige dag onkant betrap het met die vraag oor Baadjies, lê die ding ongemaklik in hom. Vir die advokaat is dit in die eerste plek ’n saak van eer: Om voorbereid en ingelig te wees, om al die hoeke en kante te deurdink en te verstaan, om ’n ewewigtige, deurdagte mening te gee. Dit is immers waarom Mentz hom aangestel het.
Hy weet op dié Vrydag waarom hy kleigetrap het met die Baadjies-ding – daar was eenvoudig net te veel wat te skielik gebeur het. Maar hy glo nie aan verskonings en verontskuldigings nie. Hy kry eers in die middag regtig kans om oor dit alles te dink, ná die opwinding van die meeluistergesprekke en die onderskepping van die e-pos. Hy lees weer die Report Squad se dokument oor georganiseerde misdaad, hy gaan kyk na al die toepaslike transkripsies, hy laat homself toe om te spekuleer. Hy krap haastig, in sy byna onleesbare hand-skrif,