Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes. Hilda Lategan. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Hilda Lategan
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Кулинария
Год издания: 0
isbn: 9780624071846
Скачать книгу
gerasperde appel, gestoofde appel of ingemaakte peer.

      •Gekookte rys of pasta sonder enige sous.

      •Roosterbrood – droog, later met Marmite of Bovril.

      •Droë kraakbeskuitjies, soos Provitas of waterbeskuitjies.

      •Eenvoudige soetkoekies soos Mariebeskuitjies.

      •Flou swart of rooibostee met heuning en/of ’n suurlemoenskyfie.

      •Sop met roosterbrood – sif die sop aanvanklik.

      •Laevet-vrugtejogurt, -vlasous of -melk wanneer jy beter voel.

      Sport, oefening en diabetes

      Gereelde oefening is vir enige mens ’n belangrike deel van ’n gebalanseerde leefstyl. Kies ’n fisieke aktiwiteit waarvan jy hou, wat jy kan bekostig en gereeld (vyf keer per week vir 30 minute) kan beoefen. Om flink te stap, te swem, fiets te ry, in die gimnasium te oefen of aërobiese klasse by te woon bied almal goeie oefening vir jou liggaam.

      By tipe 2-diabetes kan insulienweerstandigheid en bloedglukosebeheer in sommige gevalle sodanig verbeter word deur oefening dat die gebruik van medikasie verminder of selfs gestaak kan word. Daar is ook bewys dat gereelde oefening die bloeddruk en trigliseriede kan verlaag.

      By tipe 1-diabetes is gereelde oefening ook belangrik, maar dit is slegs wenslik indien jy reeds goeie bloedglukosebeheer het. Mense met tipe 1- (insulienafhanklike) diabetes moenie oefen as die bloedglukosewaardes bo 15 mmol/liter is nie omdat oefening hierdie waardes nog verder kan opstoot as gevolg van die vrystelling van glukose deur die lewer. Die produksie van ketone kan ook aangehelp word indien daar nie voldoende glukose in die liggaamselle vrygestel word waar energie geproduseer word nie. Wanneer die bloedglukosevlakke te laag is, behoort koolhidrate met ’n hoë GI voor, tydens en ná die oefening geneem te word.

      Raadpleeg ’n geregistreerde dieetkundige om vir jou ’n geskikte maaltydplan saam te stel.

      Swangerskap en diabetes

      Dit is belangrik dat jou diabetes goed beheer word voordat jy swanger raak. Die veranderinge in jou hormoonvlakke gedurende jou swangerskap kan ook ’n verandering in jou voedings- en insulienbehoeftes meebring. Raadpleeg gereeld jou dieetkundige sodat jou dieet betyds aangepas kan word in die belang van jou gesondheid en dié van jou baba. Dit is in hierdie tydperk nóg belangriker om gereeld te eet en veral ontbyt en ’n laataand-versnapering te geniet. Uithongering en maaltye wat oorgeslaan word, verhoog die risiko vir ketoasidose, wat jou en jou baba se lewe in gevaar kan stel. Gebruik kunsmatige versoeters tydens jou swangerskap spaarsaam en vermy versoeters wat sakkarien of siklamaat bevat omdat die veiligheid daarvan tydens swangerskap nie bewys is nie.

      Kinders en tieners

      Die algemene riglyne oor gebalanseerde voeding vir die groei en ontwikkeling van kinders en tieners sonder diabetes geld ook vir dié wat diabetes het.

      Besoek die dieetkundige minstens jaarliks sodat die dieetvoorskrif en maaltydplan betyds aangepas kan word om in jou kind se veranderende behoeftes te voorsien. Neem jou kind ook minstens een keer per jaar vir ’n mediese evaluering.

      Dit is belangrik dat jou kind weet dat ’n diabetiese maaltydplan ’n gebalanseerde eetpatroon is wat baie voordele vir ’n gesonde liggaam inhou. Laat die hele gesin by hierdie eetpatroon inskakel en probeer om etenstye ’n genotvolle geleentheid te maak.

      Doen ook moeite met die versnaperings en hou verrassings in die vrieskas of koekblik. Ouer kinders kan geleer word hoe om self geregte en versnaperings te berei. Die resepte in hierdie kookboek behoort maklik deur kinders van tien jaar en ouer berei te kan word. Kinders wat aangemoedig word om self geregte en versnaperings te berei, word terselfdertyd ook geleer om self verantwoordelikheid te aanvaar vir die beheer van hul diabetes.

      Kan ek dit bêre?

      By elke resep in hierdie kookboek word aangedui vir hoe lank ’n gereg naastenby gebêre kan word en of dit verkoel of gevries kan word. Die doel van hierdie inligting is om jou te help om altyd ’n ete of versnapering vir noodgevalle beskikbaar te hê en om jou maaltye vooruit te kan beplan wanneer dit dol gaan.

      Die afmeet van bestanddele en gebruik van huishoudelike en metrieke mate

      Indien die bestanddele akkuraat afgemeet word, behoort jy nie probleme te hê met die bereiding van die geregte nie. Akkurate meetkoppies, meetlepels en kombuisskale is in die handel beskikbaar. ’n Medisynelepel en bababottel werk baie goed as jy klein hoeveelhede soos ’n bietjie asyn of olie wil afmeet. Deesdae is menghouers met volumemerke oral te koop. Die deksel sluit dig en jy skud eenvoudig die mengsel (in plaas daarvan om dit te klits), wat ook beteken dat jy minder vuil skottelgoed het.

      Die volgende omskakelingstabel kan ook nuttig gebruik word:

Metrieke mateHuishoudelike mateMetrieke mateHuishoudelike mate
1,25 ml2,5 ml5 ml10 ml12,5 ml15 ml1/4 teelepel1/2 teelepel1 teelepel2 teelepels1 dessertlepel3 teelepels15 ml60 ml80 ml125 ml190 ml250 ml1 eetlepel1/4 koppie1/3 koppie1/2 koppie3/4 koppie1 koppie

      Afkortings

ADSAAssociation for Dietetics in South Africa
°Cgrade Celsius (metrieke eenheid vir temperatuur)
CHOkoolhidraat
cholcholesterol
ggram (eenheid vir gewig)
GIglukemiese indeks
HDLhoëdigtheidslipoproteïen (die “goeie” cholesteroldraer, maak die are skoon)
kgkilogram (metrieke eenheid vir gewig)
kJkilojoule (metrieke energie-eenheid)
LDLlaedigtheidslipoproteïen (die “slegte” cholesteroldraer, laat die are aanpak)
medmedium
mgmilligram (metrieke eenheid vir gewig)
mlmilliliter (metrieke eenheid vir volume)
mmmillimeter (metrieke eenheid vir afstand)
MOVSmono-onversadigde vetsuur
POVSpoli-onversadigde vetsuur
SEMDSASociety for Endocrinology, Metabolism and Diabetes in South Africa
VVVersadigde vette

      Ontbytgeregte en drankies

      Ontbyt is ’n baie belangrike maaltyd, want dit bepaal dikwels hoe goed jy jou bloedglukose vir die res van die dag gaan beheer. As jy ’n gesonde ontbyt eet, sal jy waarskynlik teen tienuur nie so rasend honger wees nie en agterkom dat selfs jou konsentrasievermoë en energievlakke gedurende die oggend beter is.

      Ontbyt kan bestaan uit ’n veselryke ontbytgraankos of gekookte pap met melk en ’n vrugteporsie, of jy kan ’n toebroodjie of roosterbrood met ’n proteïengereg soos eier, kaas of gebakte bone in tamatiesous geniet.

      ’n Tuisgemaakte muffin met ’n vars vrug en ’n bakkie jogurt bied ’n maklike en smaaklike oplossing vir ’n ontbyt wat ingepak word of in die verbygaan geëet word.

      Jy kan ook ’n smaaklike ontbytdrankie berei van die bestanddele wat gewoonlik deel van jou ontbyt is, soos ontbytgraan, melk en vrugte.

      Ontbytgeregte

      Maltabellapap met Milo

      Lewer 2 porsies

VOEDINGSTOFANALISE PER PORSIE (± 125 ml):
334 kJ12,7 g CHO3,9 g proteïen1,1 g vet0,4 g MOVS
0,3 g POVS0,4 g VV1,6 g veselGI is laag (59).
Een porsie is gelykstaande aan: 1 stysel.

      60 ml maltabellameel

      15 ml hawersemels (oat bran)

      10 ml Milo

      125 ml vetvrye melk

      125 ml kookwater

      1.In die mikrogolf: Meng die maltabellameel, semels, Milo en ’n bietjie van die melk tot ’n gladde pasta. Roer die oorblywende