Tussen heinings. Corlia Fourie. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Corlia Fourie
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Контркультура
Год издания: 0
isbn: 9780624074779
Скачать книгу
Thanks, Masta.”

      10

      Daar is borde met muffins en skons, gerasperde kaas, konfyt en botter op die tafel. ’n Teepot en twee koffieperkoleerders word uit die kombuis aangedra.

      Toe almal iets te drinke en ete het, praat Lettie weer oor die titel. Indien hulle op Uniek besluit, kan hulle uniek-mode, uniek-skoonheid, uniek-brokkies, uniek-kos, uniek-verhale, uniek-binneversiering, ensovoorts, hê. Almal proe daaraan. Niemand is oortuig nie.

      Lettie vra dat Elize, wat regoor haar sit, met artikelvoorstelle moet begin. Elize val weg met klassieke clichés soos dieetsiektes en menopouse. Terwyl sy praat en na haar aantekeningboek verwys, merk sy op dat Hermia arms gevou sit, haar lyf en bene weggedraai. Hermia lyk, soos gewoonlik, soos ’n Vogue-model. Toe stel Elize ook ’n reeks met die titel “My dorp” voor. Daarvoor kan hulle gevestigde skrywers vir bydraes vra. Die idee is dat elke skrywer sal skryf oor die dorp, stad of woonbuurt waar sy of hy grootgeword het en hoe dit deur die jare verander het. Sy of hy kan dalk teruggaan en dan oor die skok of plesier van die ervaring skryf.

      “Dit kan lekker wees met talle foto’s van toentertyd. Mense het heimwee na toeka se dae,” sê Lettie entoesiasties. “Daar’s deesdae soveel aaklige dinge: korrupsie … misdaad …”

      Sarita bied aan om dit te behartig en sy skryf in haar groot swart aantekeningboek. Bessie is ook opgeklits oor die voorstel. Sy noem die name van ’n paar skrywers van wie sy graag bydraes sou wou lees.

      Hermia frons of dit haar ’n hoofpyn gee.

      Elize het ook ’n voorstel oor wat mense wat traumas oorleef het, gedoen het om te kan voortgaan met hul lewe. Hoe hulle dit verwerk het.

      Die vergadering hou aan en aan: voorstelle wat sommige gretiger verorber as die muffins en ander langtand aan kou.

      Sarita, wat langs Elize sit, se broodhandjies knie die lug. Haar entoesiastiese ken dril. Hoe beter Elize haar leer ken, hoe meer hou sy van haar. Sarita stel verskillende artikels oor skrywers voor.

      Sarita en Hermia begin stry oor die inhoud van ’n artikel (wat nog geskryf moet word) oor die toekoms van Afrikaans. Sarita dink daar is ’n toekoms, maar Hermia twyfel. Sy haal voorbeelde aan van swak Afrikaans in koerante en oor die radio. Hoe lank kan ’n taal bly bestaan as sy gebruikers dit so vrot praat?

      Lettie sê hulle moet versigtig wees en nadink oor ’n hoek vir so ’n artikel. Jy wil nie moontlike lesers afskrik nie.

      Elize byt op haar tande totdat dit voel of sy klem-in-die-kaak gaan kry. Die suutjiespoep-brigade is vir haar een te veel. Hulle probeer so hard om op geen toon met ’n liddoring te trap nie dat hulle fokol kan doen en oor fokol kan skryf.

      Maar sy sê niks nie. Ironies, sy is nog net ’n paar weke hier, en sy probeer ook al konflik vermy. Een van die dae gaan sy seker ook dink die hele wêreld is hankiedorie. Net solank sy dalk kaartjies na die een of ander tweederangse opvoering verniet kan kry.

      Toe die vergadering verby is en almal by hul lessenaars, sien Elize dat Hermia by Lettie se kantoor instap. Toe Hermia die deur toemaak, kyk sy vir ’n breukdeel van ’n sekonde reguit in Elize se oë en Elize dink: ag nee, waaroor gaan sy nou al weer teem? Maar sy vermaan haarself om nie so negatief teenoor Hermia te wees nie. Wie sê Hermia gaan skinder? En hoekom sal Hermia nou oor haar skinder? Daar het tog niks by die vergadering gebeur wat negatief op haar kan reflekteer nie. Nee, sy moet ophou om so paranoïes te wees en te dink dat elke keer as Hermia in Lettie se kantoor ingaan, sy oor haar gaan kla.

      Elize maak haar e-posse oop en sien dadelik die e-pos van Bessie met die rooi vlaggie raak. “NB!” drie keer ná mekaar, al drie keer met uitroeptekens. “Daar is iets wat ek jou moet wys. Dis baie belangrik. Kom ons gaan middagete Cresta toe.”

      Elize kyk op na Bessie wat haar met ’n glimlag dophou, toe op haar horlosie tik. Twintig voor een. Sy knik en kry haar handsak. Ook Sarita kry haar handsak.

      Hulle gaan drink koffie by Caffé Rossini in Cresta. Die restaurant is vol, maar hulle kry plek by die laaste tafeltjie onder die trap. Elize en Bessie bestel cappuccino’s en ham-en-kaas-croissants, en Sarita wat eers swart filterkoffie en ’n groenslaai bestel het, verander van plan en sê sy het ’n beloning nodig ná al die hardgekookte eiers en vra die kelner om vir haar dieselfde gereg as vir die ander twee te bring.

      “Sarita, jy’t mos ’n broer in Nieu-Seeland?” vra Elize toe die kelner wegdraai.

      “My broer-hulle woon in Australië. Down Under … Perth.”

      “Is hulle al lank daar?”

      “Drie jaar.”

      “Is hulle gelukkig?”

      “Baie, maar my broer, ’n huisdokter, moes baie hard werk om ’n praktyk op te bou.”

      “Ek is so bang my broer wil ook emigreer. Nieu-Seeland is nog verder weg. Wat as ek hulle nooit weer sien nie?”

      “Jy sal … My broer het al twee keer vir my vliegkaartjies gestuur om vir hulle te gaan kuier. Hulle was net nog nooit weer in Suid-Afrika nie, tot my ouers se verdriet … Wat is so dringend, Bessie? Wat wil jy vir ons wys?”

      Bessie lag soos iemand wat die boerpot gewen het. Haar blou oë blink en haar lippe blom oop in ’n glimlag. Sy skud haar polkahare. “Julle weet, Hermia het so ’n pienk boekie waarin sy al ons sondes neerskryf?”

      “Ek dog sy skryf taalfoute van joernaliste daarin,” sê Sarita wat haar met een hand koel waai.

      “Hoe seker is jy dat sy iets anders as werk daarin neerskryf?” vra Elize.

      “Omdat ek dit gelees het.”

      “Wat? Wanneer?” vra Elize

      “Hoe?” wil Sarita weet.

      “Gistermiddag toe sy huis toe is, sien ek sy het dit op haar lessenaar vergeet.”

      Bessie maak haar handsak oop, haal ’n pienk boekie uit, maak dit lukraak oop en lees: “Sarita ken kamtig so baie skrywers, maar sy weet nie eens van Mark Behr en John Miles nie …”

      “Ag, aarde tog,” roep Sarita vererg uit. “Hermia het vir my gesê ek moet ook vir John Miles en Mark Behr vir kortverhale vra, toe sê ek hulle sal glad nie daarin belang stel nie … Hoekom my tyd so mors?”

      Elize plaas haar hand op Sarita se arm om haar tot bedaring te bring. “Lees,” sê sy vir Bessie.

      Bessie maak die boekie op ’n ander plek oop. “ ‘Vir Bessie is alles ’n grap. Sy is glad nie ernstig oor haar werk nie en dink sy kan maar net stringe foute maak en dit dan aflag …’ Fok, ek word elke keer woedend as ek dit lees. Natuurlik is ek ernstig oor my werk. ’n Mens hoef nie met ’n begrafnisgesig rond te loop om jou bes te doen nie.”

      Bessie het so hard gepraat dat die mans by die buurtafel afkeurend na hulle kyk. Dalk is hulle nie daaraan gewoond dat vroue op so ’n luide manier hul afkeer uitspreek nie.

      “Is daar iets oor my?” vra Elize.

      Bessie blaai verder. “Hier is ’n lekker stukkie oor jou,” sê sy vir Elize.

      “Elize sal nooit by ’n tydskrif regkom nie. Sy was te lank by die dagblaaie en harde nuus is deel van haar. Elke enkele storie wat sy nog uitgedink het, was ’n koerantstorie. Ek wonder wanneer sy haar fout gaan agterkom en teruggaan na waar sy vandaan gekom het?”

      “Sy kry ook nooit end met daardie ou afgesaagde storie nie,” sê Elize terwyl sy huiwer tussen vererg en verveeld.

      “Jy sê die boekie het sommer so oop en bloot op haar lessenaar gelê?” vra Sarita. “Dan wonder ek tog of sy nie wou hê een van ons moet dit vat en lees nie.”

      “Wel,” sê Bessie ’n bietjie ongemaklik en stoot haar kort hare van haar voorkop af weg, “sy het gistermiddag daarin geskryf toe Lettie haar roep. Ek het haar telefoongids bo-op die boekie gesit en sy het seker daarvan vergeet, want sy is boekloos huis toe.”

      Sarita