Die Reuk van koffie. Koos Kombuis. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Koos Kombuis
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Публицистика: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780798153133
Скачать книгу
erg, die toneelstukke wat die mense daar by die Amfiteater gaan kyk. Gelukkig gaan my ma-hulle nie meer nie. My ma-hulle verkies die flieksaal onder in die dorp.

      Die flieksaal onder in die dorp is van wit plankies gebou, en dit behoort aan die ATKV.

      Wel, noudat ek daaraan dink, álles op Hartenbos word mos gereël deur die ATKV – dis ’n soort kafee, maar hulle verkoop nie lekkers soos die snoepwinkeltjie nie. Dis ’n baie groot kafee, want die hele dorp behoort aan hulle. Ek dink God het hulle gemaak, en toe maak hulle vir Hartenbos. Hulle het alles gedoen: die rondehuisies, die storte en toilette, die asbeshuisies wat mense deesdae kan koop, die Amfiteater, die Indraf-winkel, en die flieksaal. Ek dink dis omtrent net die duwweltjies wat hulle nie gedoen het nie. Dit was seker God. Of dalk die Duiwel, want duwweltjies steek baie seer.

      Ek hou baie van die flieksaal. Daar eet mens pannekoek en spookasem. Die spookasem is eintlik niks, maar dit smaak na iets. Maar as jy dit probeer hap, verdwyn dit. Tog kos dit geld. Gelukkig nie baie nie.

      In die flieksaal doen hulle ook toneelstukke, maar dis meer laggerige toneelstukke. Ek het verlede Desember ’n toneelstuk daar gesien met die naam Die rooi lêer. Dis geskryf deur ’n skrywer met die naam Mikro, dieselfde ou wat die Sias en Mias-reeks geskryf het. Ek het al Mikro se boeke al gelees. Dit het prentjies in, maar die prentjies is maar lelik. Ek kan beter teken as dit. Maar ek hou baie van sy stories. Die rooi lêer was ’n vreeslike snaakse toneelstuk. Dit gebeur in die Staatsdiens, en gaan oor iemand se lêer wat wegraak.

      Hulle wys flieks natuurlik ook in die flieksaal, dis waarvoor dit eintlik is. Lekker flieks, soos Oom Piet se tante. Swart-en-wit flieks, nie technicolor soos die Cliff Richard-flieks in die dorp nie. Afrikaanse flieks.

      Daar was eenkeer ’n fliek waarin ’n meisie kaal geswem het. ’n Mens kon eintlik niks sien nie, sy’t vreeslik vinnig geswem in daardie plaasdam en die water was so donker soos Coke, maar my broers het daai fliek oor en oor gaan kyk, en elke keer as die fliek by die plek kom waar die meisie swem, het hulle vreeslik hard gefluit. Dan het die hele ATKV-saal gedreun en geëggo soos al die ooms en boeties hulle voete stamp op die vloer en fluit en goeters skree soos: “Jissie!” en “Kyk daar!”

      Ja, van môre af begin die vakansie. Ons gaan Hartenbos toe vandat ek kan onthou. Dis die enigste lekker seeplek wat daar is. Soos ek sê, aan die begin moes ons in die rondehuisies bly. Dis daar waar ek ’n nuwe woord uitgedink het sonder dat ek dit eers besef het. Vakansies het my ma-hulle altyd koffie gemaak in plaas van tee soos by die huis op die dorp. Toe eendag besluit my ma om hier by ons huis ook koffie te maak. Toe sy my dit laat proe, sê ek: “Haai, dis dan rondehuisie-tee!” Van daai dag af noem die hele familie koffie “rondehuisie-tee”.

      Ons heel eerste vakansie in die nuwe huis was die heel beste van almal. Ons het toe nog saans domino’s gespeel by die kombuistafel, die hele familie by die gaslamp. Domino’s is die lekkerste speletjie in die hele wêreld! Dis sulke plat swart houtblokkies met wit kolletjies op, en as jy dit op die tafel neersit, maak dit so kaplaks. Ek kon nie die reëls verstaan nie, maar hulle het my laat saamspeel in Mamma se span.

      Later het ons opgehou domino’s speel, en deesdae weet ek nie meer wat om saans met myself te doen in die asbeshuisie nie. My broers is oud genoeg om rond te loop of die kar te steel, en my ma-hulle lees net moordstorie-biblioteekboeke waarop staan CRIME CLUB.

      Ek onthou hoe bang ek verlede jaar was om alleen saans af te stap in die donker grondpad om te gaan piepie, want die toilette is mos ’n ver ent van die huis af. Toe ek by die toilet kom, sukkel ek om die deur oop te kry. Toe ek dit eindelik oopdruk, met ’n groot gesteun, lê daar ’n dooie ou.

      Ek het my amper vrek geskrik en huis toe gehardloop, gelukkig was ek al in my pantoffels en kamerjas so ek hoef nie te geworry het oor die duwweltjies nie, en my ma-hulle gaan roep: “Mamma, daar lê iemand dood in die toilet!” Toe vat my pa die flitslig en stap om te gaan kyk. Dit was toe nie ’n dooie ou nie, maar ’n swart vrou. Sy was nie dood nie, sy was toe al die tyd siek. Langs haar op die sement was ’n glasbottel wat uitgesteek het uit ’n bruinpapiersak. My pa het haar wakker gemaak en haar weggejaag en gesê sy moet nooit weer hier kom nie.

      Van toe af was ek ekstra bang om toilet toe te loop, veral in die aand. Ek piepie liewer op die gras buite die venster waar my pa en ma lê en stry.

      Partykeer wens ek mens kan elf jaar oud bly vir altyd, en elke Desember Hartenbos toe ry vir die vakansie vir ewig en ewig, al speel ons nie meer saans domino’s nie.

      wegbreek

      koebaai, oom piet!

      Sjoe! Ek besef elke dag net meer hoe min verstaan ek van ekonomie!

      Maar newwermaaind. As daar een ou is wat nog stupitter was met finansiële kwessies as ek, was dit dierbare oom Piet Koornhof (nou wyle oom Piet).

      Ja, ek het die eer gehad om oom Piet een aand te ontmoet en ook verskeie glasies rooiwyn saam met hom te geniet. Dit was by ’n promosieaand van ’n doodgebore maatskappy wat 3D movies in die Waterfront wou begin. Hierdie klomp shysters het blykbaar die mistaken idee gehad dat SA celebrities almal ryk is, toe nooi hulle ’n klomp celebs na ’n geheime fondsinsamelingsaand in ’n warehouse onder in die Kaap, naby die prossies se wandelarea!

      Daar was tafels vol vingergeregte en landgoedwyn. Maar ongelukkig vir hulle was ek en Piet die ENIGSTE celebrities wat opgedaag het! Daar was niemand anders nie – net ons twee en hierdie massas kos en drank!

      Aan die begin was Marcelle suiwer Engels, hoor, maar mind you, hoe verder ons in die aand in gevorder het, hoe meer het sy oorgeslaan na Afrikaans, totdat sy laat die nag ten volle die Moedertaal magtig was. En na verskeie glasies landgoedwyn besluit oom Piet toe, nee kyk, hy smaak hierdie shysters, en daar haal hy sy tjekboek uit en begin sponsorships uitskryf vir ’n vale.

      Wel, ek hoef seker nie die storie vooruit te loop nie, maar kort daarna het hierdie sogenaamde promosie-ouens verdwyn van die gesig van die planeet af, en ’n paar maande later lees ek in die koerant dat oom Piet al sy spaargeld verloor het as gevolg van een of ander scam.

      Nou ja, ouens, ek dink die scam het daai aand gebeur vlak voor ons neuse!!

      Shame, oom Piet was ’n goeie ou, maar dalk soms ’n bietjie naïef, nè? Ek dink vanaand aan hom al het ek hom nie goed geken nie.

      Stil, manne, ’n era is verby.

      24.com blogs

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4SMVRXhpZgAATU0AKgAAAAgADQEAAAMAAAABDmIAAAEBAAMAAAABC0sAAAECAAMAAAADAAAA qgEGAAMAAAABAAIAAAESAAMAAAABAAEAAAEVAAMAAAABAAMAAAEaAAUAAAABAAAAsAEbAAUAAAAB AAAAuAEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAwAEyAAIAAAAUAAAA3gE7AAIAAAAGAAAA8odpAAQA AAABAAAA+AAAATAACAAIAAgALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNp bnRvc2gAMjAxMzoxMDowMSAxNDoyMDoyNgBSdXN0eQAABJAAAAcAAAAEMDIyMaABAAMAAAAB//8A AKACAAQAAAABAAAGUKADAAQAAAABAAAKAAAAAAAAAAAGAQMAAwAAAAEABgAAARoABQAAAAEAAAF+ ARsABQAAAAEAAAGGASgAAwAAAAEAAgAAAgEABAAAAAEAAAGOAgIABAAAAAEAACF/AAAAAAAAAEgA AAABAAAASAAAAAH/2P/tAAxBZG9iZV9DTQAB/+4ADkFkb2JlAGSAAAAAAf/bAIQADAgICAkIDAkJ DBELCgsRFQ8MDA8VGBMTFRMTGBEMDAwMDAwRDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAw