Die Reuk van koffie. Koos Kombuis. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Koos Kombuis
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Публицистика: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780798153133
Скачать книгу
sê ek. “Ek wil daai mense ’n slag behoorlik uitkak wanneer hulle eendag besluit om op te tel.”

      Ek druk die gehoorbuis teen my oor. “You are number five hundred and twelve in the queue,” deel ’n blikkerige stem my mee voor “Pampoen” plek maak vir “Lisa se klavier”.

      “Kom ons waai liewerster,” sê die balaklawa. “Waar’s jou karsleutels?” vra hy vir my.

      “Jou stupid!” sê nommer drie. “Ons het mos met ons eie kar gekom!”

      Ek slaak ’n sug van verligting, want my kar het ’n tracker device in, en almal weet daai goed werk glad nie.

      “Is julle seker julle wil nie bly vir koffie nie?” vra ek.

      “Ons het melktert,” sê my vrou.

      “En dié tyd van die nag is daar gewoonlik ’n lekker stout moewie op TV,” probeer ek hulle ompraat.

      Maar hulle hou Nike-tekkie by stuk. Die nag is nog lank, daar is ander mense om te rob, en hulle kan nie langer vertoef nie.

      “SMS ons julle nommer, dan maak ons volgende keer by julle ’n draai,” sê my vrou.

      “Weet jy,” sê ek vir haar terwyl ons op die stoep staan en wuif terwyl hulle met hulle gesteelde kar by die bure oorkant die straat se oprit inry, “sulke dinge gee my weer hoop vir ons land en sy mense.”

      rapport

      SIES, DOZI!!!

      Dit voel soos gister dat Dozi aan my erken het, backstage by die Huisgenoot se Sun City Skouspel: “Ek’s so bly ek’s nie getroud nie, die Fashion Channel is genoeg vir my.”

      Nou is Dozi VERLIEF!!! Op ’n MAAGD!!! O, hoe grillerig!

      Wat presies IS ’n maagd, en BESTAAN daar nog sulke goed?

      En selfs al bestaan daar sulke goed, is dit rêrig nodig om sulke embarrassing persoonlike details aan die media te verklap? Dis soos om te openbaar dat jou geliefde ’n ingroei-toonnael het! “Ek wou nog altyd iemand met ’n ingroei-toonnael ontmoet. Ek respektéér ingroei-toonnaels …”

      Nee, sies, Dozi! SKAAM JOU!!! Van wanneer af is jy deel van die Afrikaanse maagde-kultus? Ek dog jy’s ’n Zoeloe? Ek dog jy’s die soort man’s man vir wie Steve Hofmeyr biltong vat as hy gaan kuier?

      En nou’t jy skielik jou eie maagd! Hoekom? Is dit fair? Is jy self ’n maagd?

      Dozi, maagde is fine op papier. Maar om met ’n maagd te trou, is soos om iemand aan te stel in ’n baie belangrike posisie sonder dat die persoon enige ervaring het! Sou jy as jy ’n courier company het, ’n klomp drywers aanstel wat geen lisensies het nie? Wat nog nie eers op ’n tricycle gesit het nie? En dit nogal ’n lewenslange aanstelling!

      Goed, goed, ek gee toe, dis beter as die Fashion Channel. Daarom wens ek julle alle sterkte toe. Dis net jammer jy stel so ’n swak voorbeeld aan die jeug!

      24.com blogs

      die groot stilte

      Toe ek die nuus van P.W. Botha se dood hoor, was dit soos die geluid van ’n honderd watervalle in die verte.

      En daarna: stilte.

      Dit was anders as die dood van enigiemand anders wat ek geken of van geweet het.

      Etienne van Heerden van LitNet het vir my ’n SMS gestuur kort na seweuur die oggend. Ek was besig om ProNutro met melk te meng vir my sesjarige seun se ontbyt voor ek hom aantrek en na sy preprimêre klas neem. Pienk ProNutro.

      En toe: die SMS.

      En toe: die suising van baie water.

      Dit was asof alles stil gaan staan het op daardie oomblik, asof alles wat ek is, wat ek glo en waarvoor ek gewerk het, alles om my, my huis en my tuin en my stoele en my TV en my computer en die prente in my gang, nuwe betekenis gekry het.

      Alles was meteens leeg.

      Dit was asof Tafelberg in die see ingesak het.

      Ja, dit was soos om een oggend in jou kar te klim en stad toe te ry in die spitsverkeer, en Tafelberg is nie meer daar nie.

      Tafelberg is … weg.

      Waar hy gestaan het, is net blou lug. Asof dit nog altyd so was. Asof dit die normaalste ding in die wêreld is.

      Die gesuis.

      Ver weg.

      En dan, lank en ver terug, die herinneringe, herinneringe aan liedjies wat ons gesing het in die donker skoolsale van apartheid toe ons nog stout seuns was …

      Liedjies teen P.W.

      Ons het toe nog ons wynbottels stukkend geslaan teen die wand van die berg. Die berg wat nou nie meer daar is nie.

      Ek weet daar sal iets kom na die stilte.

      Ek besef ek sal iets voel wat amper soos berou is.

      Ek weet daar sal weer woorde in my kop spring, woorde van vergifnis miskien, selfs woorde van humor.

      Want die blou lug moet besing word.

      P.W. is nie dood nie, hy’s net uitgepaas.

      Die draak het ophou vuur spuug. Die haatfabriek het gesluit.

      Die geraas in my kop het verdwyn. En die angs. En die skuld. En die woede van my jeug.

      Ek trek my kind se klere aan vir skool, en laai hom in die kar, en terwyl ek oor sy hare vryf en kyk of daar snot aan sy neus vassit, weet ek: hierdie kind hoef nie eendag op die grens te gaan veg soos my generasie nie.

      Hy sal dalk teen ander Bothas moet veg, maar nie teen hierdie een nie.

      Toe ek die kardeur toeslaan agter my, en agteruit by my eie garage uitry, is die lug oral blou, en die strate is vreemd rustig, en Suid-Afrika het ’n nuwe naam.

      litnet

      die struggle het weer begin

      Hoe lank lê daai ou hopie Vrye Weekblaaie nou al onder in my laai? Ek weet nie. Ek weet net dis van my kosbaarste besittings. So twee of drie maal per jaar haal ek hulle uit, blaai daardeur, en dan vat die nostalgie my. Die nostalgie en die walging.

      Want dis ’n tyd waaraan ek nie graag terugdink nie. Anders as party van my ou Voëlvry-tjomme leef ek nie graag in die verlede nie. Tot nou toe kon ek my nog nie sover bring om Pat Hopkins se boek behoorlik te lees of eers na die ingeslote DVD te kyk nie …

      En tog.

      Those were the days.

      Wat doen ons die afgelope klompie jare? Tussen 1995 se Wêreldbeker-rugbyeindstryd en nou? Party van ons het ryk geword, jobs gekry. Ander, soos Constand Viljoen, het afgetree. P.W. is dood, Adriaan Vlok was voete, Magnus skryf vir verregse websites in Amerika. Anton Goosen is gemug. Ek sien nou en dan vir Valiant – hy’s al ou wat nog presies dieselfde lyk.

      Ja. Tussen 1995 en nou het ons ons tuine natgespuit, ons koerante gelees, ons tande laat opfieks, beter wyn as Tassies leer drink. Ek sing nog dieselfde songs, met ’n paar nuwes. Elke keer as ek ’n show doen, sing ek:

      Almal wil ’n huisie by die see hê

      Almal hoop die Struggle is verby …

      Totdat ek my nou die dag betrap dat ek dieselfde song sing met ander woorde. Sonder dat ek dit beplan het.

      Dis ’n subtiele verskil, maar hel, hierdie klein verskilletjie laat die grond onder my voete verskuif. Die besef van hierdie werklikheid bekruip my soos ’n plaasmoordenaar, tref my tussen die blaaie soos ’n tsunami …

      Almal wil ’n huisie by die see hê

      Almal wens die Struggle was verby …

      Goeie fok. Is dit regtig so? Is ons werklik daar, by daardie plek wat ons gevrees het, daardie kamer