Ontdek God in die stories van mense. Benescke Janse van Rensburg. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Benescke Janse van Rensburg
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796318725
Скачать книгу
meer as ’n dekade later, is Willem getroud en suksesvol in sy werk. Wanneer ’n mens na hom kyk, sal jy nooit glo dat hy eens op die rugbyveld in die Paarl met ’n gebreekte nek inmekaargesak het nie!

      Vader God, dankie vir u ALMAG en dat U veel groter is as enige hindernis wat oor my pad mag kom. Lei my asseblief om net soos Willem in moeilike situasies altyd aan u Woord vas te hou. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

      Kyk na ’n foto van Willem by www.benescke.co.za

      week 1 . dag 4

      Teksverse en vrae

      Teksverse vir die week

      •Psalm 77:14-15: “Alles wat U doen, is heilig, o God. Waar is ’n god so groot soos God? U is die God wat wonderdade doen; U het u mag onder die volke geopenbaar.”

      •Psalm 112:7: “Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die Here.”

      •Deuteronomium 10:17: “Die Here jou God, Hy alleen is God, die Here: die groot God, die magtige, wat wonderdade doen …”

      Vrae om oor na te dink

      1.God is ALMAGTIG. Wat beteken dit vir jou?

      2.Lees weer Psalm 77:14-15. Wat is jou houding terwyl jy soos Almarie op God se antwoord vir jou gebede wag?

      3.Lees weer Psalm 112:7. Watter krag lê daarin om soos Willem te midde van moeilike tye aan God se beloftes vas te hou?

      week 2 . dag 1

      Alwetend

      Gestel ’n mens se lewe kon met ’n immergroen doolhof vergelyk word. Met jou geboorte stap jy by die een kant van die doolhof in en jou doelwit op aarde is om uiteindelik die prag-waterval in die middel van die doolhof te bereik. Hierdie waterval simboliseer ons ewige tuiste in die hemel.

      Sou dit nie baie makliker gewees het om ons pad deur hierdie groen, welige lanings na die waterval te vind as ons ’n kompas om ons nek, ’n kaart in ons sak en ’n tweerigtingradio aan ons sy gedra het nie?

      God het reeds hierdie drie elemente vir ons gegee. Wanneer ons tot bekering kom, word die Heilige Gees ons innerlike kompas. Die Woord van God word die kaart wat ons in elke situasie lei en die tweerigtingradio aan ons sy simboliseer die feit dat ons daagliks met God in die vorm van ’n dialoog kan kommunikeer.

      God is ALWETEND. In Psalm 33:13 lees ons: “Die Here kyk uit die hemel en sien al die mense. Van die plek waar Hy as koning sit, sien Hy almal wat onder op die aarde woon.”

      Van sy troon af kyk God op die doolhof af. Hy sien waar jy vandag stap en weet watter gevare vir jou lê en wag. In Jesaja 31:21 lees ons: “Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ’n stem hoor sê: ‘Hier is die pad, loop hierlangs.’ ”

      Raadpleeg jy Hom oor jou roete en luister jy wanneer Hy met jou praat?

      week 2 . dag 2

      God is alwetend

      Die stadsaal in ’n stad in Siberië was volgepak toe Chevian Breedt die trappe na die verhoog uitklim terwyl sy hart vinnig klop. As Bybelskoolonderwyser en sendeling in Rusland is hy as gasspreker na ’n Siberiese gemeente genooi. Iewers het ’n fout egter ingesluip. Die gemeente se plakkate het hom as ’n pastoor met ’n gawe van genesing bemark, terwyl hy nog nooit voorheen vir ’n siek mens gebid het nie – nie eens vir iemand met hoofpyn nie!

      Senuweeagtig het Chevian na die see van mense voor hom gekyk. Die preek wat hy voorberei het, het nie eens oor genesing gehandel nie. Toe hy aan die plaaslike pastoor sy penarie probeer verduidelik, het dié met ’n breë glimlag gesê dat Chevian hom nie moet bekommer nie – alles sal reg uitwerk. Net daar op die verhoog het Chevian egter besluit om sy voorbereide preek te lewer en homself daarna uit die voete te maak.

      Chevian se plan het egter nie gerealiseer nie. Toe hy sy preek afsluit, het die plaaslike pastoor vorentoe gestap om die mense wat gebed vir genesing benodig, vorentoe te nooi. Die helfte van die mense in die saal het vorentoe gestroom sodat Chevian vir hulle kon bid.

      ’n Storm het binne Chevian se hart gewoed. Toe hy aan die onderkant van die trappe kom om die saal te verlaat, besef hy tot sy ontsteltenis dat hy aan die voorpunt van die ry siek mense staan. Heel voor was ’n skeel vyfjarige seuntjie en sy ouers.

      Om sy senuweeagtigheid te probeer verberg, het Chevian sy vingers versigtig op die seuntjie se oë gesit terwyl hy hardop in Afrikaans begin bid: “Here, ek is nou in groot moeilikheid. Ek weet nie hoe om vir siek mense te bid nie! Ek vra nou dat Uself hulle deur my sal genees. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus.” Toe Chevian sy duime oplig, het die seuntjie reguit vorentoe gekyk.

      Een ná die ander is die mense in die ry genees terwyl Chevian verstom was oor God se krag. Aan die einde van die lang ry het ’n 63-jarige vrou gewag. Sy is blind gebore. Die Heilige Gees se teenwoordigheid was nou tasbaar in die saal terwyl Chevian die gemeentelede gevra het om saam met hom vir ’n wonderwerk van God te bid. Toe Chevian eindelik sy duime van haar oë weghaal, het die vroutjie deur haar trane uitgeroep: “Dit is jy! Dit is jy!” Die vrou het vertel hoedat God haar ’n week tevore in ’n droom deur die strate van die stad tot by die stadsaal geneem het. In haar droom het sy ’n man op die verhoog sien sit. Toe sy tot by hom stap, het sy gehoor hoe God vir haar sê: “Hierdie man gaan vir jou bid en jy sal kan sien.” Chevian was daardie man.

      Psalm 139:1-6: “Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. Daar is nog nie ’n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip.”

      God is ALWETEND. Hy ken ons toekoms lank voordat dit ’n werklikheid word. Hy ken ook ons hartsbegeertes en weet presies wat ons benodig. Beleef jy vandag soos Chevian ’n krisis? Kies dan om God deel te maak van jou lewe en laat Hom toe om jou te lei.

      Vader God, dankie dat U ALWETEND is. Help my om voortaan gehoorsaam te wees wanneer die Heilige Gees my ’n opdrag gee. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

      Kyk na ’n foto van Chevian by www.benescke.co.za

      week 2 . dag 3

      God is alwetend

      Met trane wat vlak lê, het Marjorie en Adolf Bosman deur die noodeenheid se venster na hul pasgebore seuntjie gekyk. Minder as 24 uur tevore is klein Danie gesond gebore. Intussen het hy egter longinfeksie opgedoen en vir sy lewe geveg. Die dokter se boodskap was kort en kragtig: “As jul baba dit deur die nag maak, is daar hoop, maar die kanse lyk baie skraal.”

      “Here, red my kind!” Dit was Marjorie se fluisterstem wat opgeklink het waar sy magteloos met haar hand plat teen die ruit staan. As opgeleide suster het sy die gevaar van haar kind se toestand geken. Beskermend het Adolf sy arm om haar skouers gesit terwyl hulle na die hospitaalkamer terugstap. Marjorie moes gaan rus.

      In die kamer het die SMS’e van gemeentelede, vriende en familie ingestroom. Hulle wou laat weet dat hulle saam met die Bosmans vir klein Danie se lewe bid. Weens uitputting het Marjorie en Adolf albei aan die slaap geraak. Toe Marjorie oomblikke later wakker skrik, het sy dadelik aan Adolf geskud wat steeds langs haar bed gesit en slaap het.

      ’n Vreemde opgewondenheid het in Marjorie gebruis terwyl sy haar droom met Adolf gedeel het. In haar droom het sy van bo af op ’n donker klaskamer afgekyk. ’n Ligkol het op een van die skoolbanke in die klaskamer geval. Terwyl Marjorie nader aan die skoolbank gestap het, kon sy die klein seuntjie met die netjies gekamde hare en ’n brilletjie in sy groen skoolklere sien sit. Hy het kop onderstebo gesit en teken. Toe sy by hom kom, het hy glimlaggend opgekyk en gesê: “Hallo, Mamma! Kom kyk wat ek vir Mamma geteken het.” Op daardie oomblik het Marjorie wakker geskrik. Sy het geweet dat dit ’n boodskap van God was dat hul seuntjie sou oorleef.

      Langs