Haar ma se kind. Helena Hugo. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Helena Hugo
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796318619
Скачать книгу
gekry, terwyl hy gestort en aangetrek het. Toe skryf sy sy kan nie wag vir Londen én Desember nie, hulle sien uit na Jo-Anne se Kerfees-kuier en inkopies in die Kaap, sy het genoeg gespaar – of dink Jo-Anne sy moet haar geld hou vir Londen? Die televisienuus sê daar is agttien rand in een Engelse pond, dis baie. Is Jo-Anne seker sy sal ’n vakansie in Londen kan bekostig? Oom Jonnie sê sy is die enigste kind in die skool wat volgende jaar oorsee gaan en hulle is nie ryk nie. Hy stuur groete.

      Sy wou nog skryf die mense van Londen is seker skatryk as hulle soveel rande in een pond kan gooi, maar toe vee sy dit uit voor dit lyk of sy bedel.

      Sê nou sy moet al haar spaargeld trek om saam te neem? Jo-Anne het nog niks gesê van sakgeld nie. Dania struikel amper by die gedagte daaraan. Om te val sou die uncoolste ding wees wat haar vanoggend kan tref. Sy hardloop juis verby kinders wat vandag eksamen skryf en skool toe loop, party met oop boeke soos hulle vir oulaas iets in hul koppe probeer prop. Hier en daar groet een met: “Skryf jy nie?”

      “Môre! English composition!”

      Sy was vanoggend so besig met die rekenaar, sy het nog nie haar ma gebel nie, maar miskien is dit te vroeg. Later is beter, dan kan hulle lekker lank gesels – veral as antie Dora by die werk is. Almal is vanoggend laat. Die son bak al so warm, sy sweet, en los hare plak teen die kant van haar kop. Haar neus water, maar sy draf aan tot by ouma Mara se roosheining. Daar stop sy aan die oorkant van die pad en haal ’n snesie uit haar sak. Haar hande bewe – nie van uitputting nie, sy is superfiks, maar van opwinding, want sy het gehoor Rodger is terug.

      Met haar rug teen ’n sypaadjieboom kyk sy verlangend na sy huis.

      Rodger Davids is haar grootste geheim. Nie eens Lylane weet nie, en Lylane is haar beste maat. Niemand, behalwe die Here, weet hoe sy oor Rodger voel en wat in haar kop aangegaan het toe Rodger vir Talita van den Heever gekies het nie. Sy wou Talita en haar engelvlerke verwoes. Maar haar plan was so simpel, sy kon dit liewer gelos het, dan was haar gewete nou skoon – en Talita se pa die enigste vark in die verhaal.

      Dat Rodger so erg seergekry het, is haar straf omdat sy gewens het iets moet gebeur om sy oë oop te maak. So blind verlief was hy, hy kon nie eens sien hoe besitlik Talita se mal pa oor sy dogters is, of dat Maria met meer as ’n bietjie toneelspeelliefde na Josef opkyk nie.

      Dania trek haar poniestert styf en wil net koers vat toe haar hartsbegeerte vervul word. Die tuinhekkie gaan oop en hy kom op sy krukke uitgehink.

      “Haai, Dania,” groet hy.

      Haar asem slaan weg en al wat by haar keel uitkom, is ’n hees gepiep.

      “Haai …”

      Sy moet nader stap en hoor hoe dit met hom gaan, maar sy staan soos ’n stok en wag vir hom om oor die pad te sukkel. Die regtervoet trap, die linkereen hang slap – dit oor ’n meisiekind wat nie vir hom bedoel was nie. Een van die boekies wat Dania gelees het, se titel is Verbode liefde, en daai liefde was nie naastenby so verbode soos Rodger s’n vir Talita nie. Sulke verliefdes, het sy in ander boeke ook gelees, kom nooit by mekaar uit nie. Hartseer en eensaamheid is net eenvoudig die uiteinde.

      “Ek het nie geweet jy is terug nie,” jok sy koel en kalm.

      “Eergister al,” antwoord hy.

      “Hoe gaan dit?”

      “Beter. Dokter sê ek moet loop.”

      “Jy moenie alleen nie.”

      “Hoekom nie?”

      “Jy kan val.”

      “Ek is versigtig.”

      “Pasop vir straathonde.”

      “Ek ken hulle.”

      “Netnou is hulle so bly om jou te sien, hulle spring teen jou op.”

      Hy maak strepe in die stof met die een kruk. “Maak nie saak nie.”

      Dania frons. Hoekom klink hy so moedeloos?

      “Jy moet regkom dat ons weer kan krieket speel,” troos sy.

      “Voel of ek nooit weer sal speel nie.”

      “Nee, man, jy sal!”

      Sy praat so hard, hy moet opkyk van sy gekrap in die stof. “Ek wens ek kan so gelukkig soos jy wees,” sê hy.

      Gedagtes maak swerms deur haar kop. Hy kyk so deurdringend na haar, waarvan praat hy? Weet hy dat sy die vlerke se bande afgeknip het en gelukkig genoeg was om nie uitgevang te word nie, of weet hy dat sy Londen toe gaan?

      “Het jy gehoor ek gaan Londen toe?” waag sy dit.

      “Lekker! Wanneer?”

      “Volgende jaar as dit lente is in Londen en skoolvakansie by ons. Dis einde Maart.”

      “Kort vakansie?”

      “Ek vat ’n ekstra week.”

      “Jy sal nie veel mis nie, jy’s slim genoeg.”

      Dis ’n kompliment, maar hy kyk weer so snaaks na haar, dis asof hy deur haar kan sien. Is dit Talita se vlerke wat hy sien of wat?

      “Ek moet waai,” sê sy en spring weg voor hy haar beskuldig.

      “Lekker draf!” roep hy agterna.

      Hoe spyt is sy nou sy het nie langer gesels nie! Hy sou nie so gaaf klink as hy haar van die vlerke verdink nie, en niemand het haar beskuldig nie. Juffrou Pool het in elk geval als in die skool se konsertstoor weggepak … Nee, wag – dis nou genoeg! Talita het niks daarvan oorgekom nie. Dis haar pa – hý is die een wat haar seergemaak en verneder het, nie Dania Pietersen nie. Die Here het haar vergewe, Rodger praat met haar – en dis meer as wat sy verwag het, plus Londen! Wat maak dit saak as daar nie skaapvet in Londen is nie? Sy is anyway nie meer lief daarvoor nie. Maar sy moes nie gemoan het oor die pakkies nie, antie Dora het moeër as gewoonlik gelyk.

      Dania vertraag haar pas toe sy van ver af sien hoe haar antie juis op daardie oomblik hul tuinhekkie toemaak en stadig wegstap. In een hand dra sy haar werkstas en in die ander ’n swaar inkopiesak.

      Vier

      “Niks wat ’n koppie tee nie kan regruk nie,” sê Dora toe sy uitasem op een van die drie stoele in die kliniek se kantoortjie neersak.

      Emma kyk na haar met ’n bekommerde uitdrukking op haar gesig. “Lyk my meer na ’n ernstige geval van somergriep.” Sy skakel die elektriese ketel aan. “Ek gaan vir jou van ons beroemde sinuspille uittel en jou reguit huis toe stuur.”

      “As ek nou loop, haal ek dit nie. Dis beter dat ek werk en eenuur gaan, dan kan ek Jonnie bel om my met die kar te vat. Ek het die vleis vir môre se sopkombuis vanoggend opgesit, die wortels is geskil en gesny, hy sal my met die aartappels handgee.”

      Dora se hart klop te vinnig en haar asem jaag, sy sit haar hand op haar hart en probeer normaal inasem.

      Emma se skerp oë mis niks. “Jy werk nie vandag nie.” Met koel vingerpunte raak sy aan Dora se voorkop. “Koorsig is jy! Allewêreld, wil jy almal hier aansteek? Ek bel Johan dat hy jou kom haal.”

      Dis te veel gevra!

      “Nee, Emma, moenie hom pla nie, nie vir my nie.”

      “Gee sommer vir hom jou sopkombuisvleis en die groente, ek en Rosie sal dit afhandel.”

      O, ellende! Dis nie in haar geaardheid om van ander mense se goedhartigheid afhanklik te wees nie, allermins van die wit kerk se predikant en sy vrou – al is sy ’n kollega en ’n goeie vriendin, sy kan onmoontlik van haar verwag om háár werk vir haar te doen. Sy sal dat Dominee haar huis toe neem. By die sopkombuisgoed trek sy die streep, en sy sê dit reguit.

      Die ketel kook en Emma gooi water op die teesakkies in die bekers asof sy nie ’n woord gehoor het nie. Toe sy klaar is, draai sy om. “Dora,” sê sy, “ek hou jou geruime tyd al dop. Jy is een van my staatmakers, maar Ansie Willemse spog net so met jou. Boonop werk jy voltyds, doen huisbesoek,