verskillende idees te ondersoek
na mekaar te luister
toe te gee wanneer nodig
nie ander sprekers te onderbreek nie
logiese verbande tussen punte te maak
by die onderwerp te bly.
mense by die bespreking te probeer betrek:onderbreek op beleefde wysedruk menings en ondersteunende redes uit.
Elke spreker praat oor ’n bepaalde aspek van die onderwerp.
Gebruik alledaagse/gewone uitdrukkings.
Pligte van die voorsitter:handhaaf ordebestuur die tydhou by die agendamoedig deelname aanbly neutraalvra vir voorstelle of stemme.
Taal in konteks
Jy kan die Taalgids gebruik om van die vrae te beantwoord.
Beantwoord die volgende taalvrae in jou werkboek.
1. Tussenwerpsels is woorde wat jy gebruik om ’n gevoel in ’n sin oor te dra. Byvoorbeeld: Hoera, ek het al die koekies verkoop! Kies tussenwerpsels uit die woordblok om by die sinne te pas. Skryf die sinne dan reg oor.
Eina | Ag nee | Hoera | Sjoe |
a. Jy sukkel met die opslaantafel.
b. Ons gaan sakke vol geld maak!
c. Ek het so na die dag uitgesien!
d. Die tafel het op my voet geval!
2. Lees die volgende enkelvoudige sin.
Kobus en sy suster ontwerp verjaarsdagkaartjies.
a. Skryf die onderwerp neer.
b. Skryf die gesegde neer.
c. Gebruik nou ’n bywoord om die gesegde te beskryf.
3. Die volgende sin is ’n saamgestelde sin. Skryf die twee enkelvoudige sinne waaruit die sin saamgestel is.
Hou jou geld in ’n lyfsak en maak dit om jou middel vas.
4. Skryf die sinne in die regte tydsvorm oor. Begin met die skuinsgedrukte woorde.
a.Ouma bak heerlike beskuit. Môreoggend . . .
b.Diewe daag by die garageverkoping op. Twee weke gelede . . .
c. Ek maak die garage solank skoon. Vanoggend . . .
5. Die volgende idiome word letterlik uitgebeeld. Skryf die idioom en sy betekenis neer wat jy uit die illustrasies kan aflei. Sekere woorde word as leidraad vir jou gegee.
In hierdie aktiwiteit gaan jy
’n gedig lees
vrae oor die gedig beantwoord.
Prelees: Kyk na die illustrasie en die gedig “Algemeene Handelaar”. Gesels met jou maat oor die volgende vrae:
Beskryf wat jy in die illustrasie sien.
Watter tipe goed word in die winkel verkoop?
In die illustrasie en die titel is ’n “spelfout”. Hoe moet die woord gespel word?
Wat word met “algemene” bedoel?
Waaroor dink jy gaan die gedig?
Die gedig is ’n voorbeeld van ’n vrye vers. Lees die wenke in Pitkos oor ’n vrye vers en lees daarna die gedig.
Vrye vers
Woorde word dikwels aan die begin van versreëls herhaal.
Herhaling van dieselfde klanke kort na mekaar is ’n belangrike bindingsmiddel van woorde, gedagtes en die gedig as geheel.
’n Vaste, ritmiese reëlmaat kom nie voor nie, maar jy sal tog ’n bepaalde ritme aanvoel wanneer jy die gedig lees.
Versreëls en strofes wissel in lengte.
Digters gebruik dikwels die opnoemtegniek, met ander woorde die letterlike opnoem van dinge in ’n gedig.
Dikwels bestaan die hele gedig uit net een sin.
Tydens lees: Die volgende woordverklarings kan jou help om die gedig beter te verstaan.
allerlei (various) – verskillende
argitektonies onooglik (architecturally unsightly) – die gebou se ontwerp is nie mooi nie
bepaalde – spesifieke
dorpswinkel – ’n dorp is kleiner as ’n stad
gewel (gable) – driehoekige deel van die dak wat gebou is
kasarm (enormous place) – baie groot
keps – afgelei van die Engelse woord cap, hoed
lapel (lapel) – kraag van ’n baadjie of hemp
nadenkend (reflective) – om oor iets te dink
negosies (merchandise) – handelsware, dit wat alles verkoop word
onkoopbare – dit wat mense nie wou koop nie
toegeneentheid (liking) – goeie gesindheid, jy voel goed oor iemand
verspotte uitstalvensters – snaakse vensters waar die goedere uitgestal word
wenkbroue (eyebrows) – hare op jou oogbank
wye stoep – groot stoep
Beurtlees: Lees nou die gedig aandagtig saam met ’n maat deur.
Algemeene Handelaar
Ernst van Heerden (1916-1997)
1My pa se dorpswinkel was
2argitektonies onooglik,
3met twee verspotte uitstalvensters,
4’n wye stoep
5en gewel-reklame
6met spelfoute en al,
7maar binne
8tussen be-noude opeenhopings
9van allerlei negosies
10was daar
11die onkoopbare koopware:
12toegeneentheid en liefde
13vir personeel, klante, besoekers,
14handelsreisigers, skoolkinders,
15en sommer in- en uitlopers wat groet;
16daarom dat ’n bepaalde spieël
17in daardie kasarm van ’n winkel
18se “vroue klerasie afdeeling”
19my eendag lank ná sy dood betrap:
20waar ek ’n keps soos hy dra