Op soek na Tretchikoff. Anita du Preez. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Anita du Preez
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Контркультура
Год издания: 0
isbn: 9780795802270
Скачать книгу
twee feetjies, een afgryslike kopbeen wat rook uitblaas en ’n meermin later dat ek kan koers kry huis toe. Na waar alles vir my mooi en stil en vreedsaam is.

      En dit is. Tot slaaptyd. Tot lank na ek Naas van die agterstoepie af ingebring het en heelwat moes koppie krap omdat ek hom daar vergeet het.

      Ek het net gaan lê. Toe begin dit.

      Mans wat sing. ’n Russiese Kosakkekoor. Dreunend soos onweer. In golwe. En dit kom van langsaan.

      Nou sien, die enigste rede waarom ek weet van die singende Kosakke, is omdat my grootoupa dit vir my gespeel het op sy platespeler. Die agtergrondmusiek vir my memories van skoolvakansies in die Strand by my favourite human being, oupa Fanie, was daardie kore en die ongelooflike Ivan Rebroff. Kyk, daai Rus kon groot manne laat huil met sy stem.

      Ek is onmiddellik onredelik kwaad toe ek voel hoe die trane louwarm in my ore begin opdam en agter teen my nek afloop. Was dit nou nodig? Net toe ek begin voel ek is oor die ergste? Oor Eric? Ek gryp die boks tissues op my bedkassie en sit dit op my bors neer.

      Kyk, ek huil nie aldag nie, maar as ek die slag lostrek, maak ek ’n behoorlike job daarvan. Vertroetel elke grief en grawe elke ou koei uit haar individuele sloot om ’n persoonlike roudiens vir elkeen te hou. En daar is baie. Van oupagrootjie Fanie se dood jare gelede tot doer by Kitty die goudvis wat ek in die koshuis se toilet moes afspoel omdat ek haar te veel kos gegee het

      En nee. Ons praat nog nie van my ma en pa nie. Of van Aron nie.

      Ook nie van die meer onlangse goed soos my egskeiding of die laaste gemors by Galerie Zeitgeist nie. Daarvoor sal ’n aparte sessie of drie nodig wees. Eendag. Wanneer daar eers rofies oor gevorm het.

      Sou die verdomde vent met sy stokou Russiese musiek dan nou regtig ’n Rus wees, soos wat Thuli dink? En hoe sal so iemand nogal lyk, wonder ek later, steeds snuiwend terwyl ek die bolle klam sneespapier bymekaar hark en in die vullismandjie se rigting slinger. Miskien soos oorle’ Ivan Rebroff? Soos op die omslag waarin Oupa sy Favourites from Mother Russia-langspeler met groot eerbied laat ingly het, voor hy dit op sy oorlaaide boekrak langs die aardbol gebêre het.

      Van daai tyd af het alles wat uit verre Rusland kom, my nog altyd effens rillings teen die ruggraat af gegee. Fassinerend. Gevaarlik. Anderwêrelds. Daarom onthou ek so goed hoe Ivan Rebroff op daai foto gelyk het.

      Eksoties. Met ’n wolmus op sy donker krulhare, en die helfte van sy gelaatstrekke in misterieuse skadu gehul. Net een donkerbruin oog sigbaar onder een volmaakte wenkbrou, starend na iets op die horison, die neus reguit en die mond ferm. Die enigste teken van genaakbaarheid was die duikie in sy hoekige ken wat net-net bokant sy pelsjas se kraag wys. Selfs as kind kon ek sien dís die gesig van iemand uit die Russiese aristokrasie. Of ’n spioen.

      Of nee. My buurman lyk seker meer na die ander Rus wat my van kleintyd af bekoor. Vladimir Tretchikoff. Wag, laat ek kyk. Ek swaai my voete van die bed af en gaan haal dit. Van die min goed wat ek nie vir Eric gelos het nie, is my boeke.

      Vladimir Grigoryevich Tretchikoff, born December 26, 1913 in Petropavl, Russia, now Kazakhstan, staan voor in my eksemplaar van Pigeon’s Luck.

      Oukei. Dus nie honderd persent nie, maar Russies genoeg.

      Die jong Tretchi is nie sleg nie. Op die foto’s het hy krullerige hare. Tipies Russiese vol gesig. Bietjie aan die mollige kant, maar nogal aantreklik gewees. Ja, gewees. Nes ou Ivan en Oupa Fanie is ou Tretchi nie meer met ons nie.

      Vae klanke van die “Volga Song”, my favourite en die vierde laaste snit op die plaat, sypel klaend in die gang af tot waar ek staan. En net daar oorval ’n tweede golf hartseer my.

      My lyf buig af soos wat geen sterwende swaan my sal kan nadoen nie, tot my voorkop teen die geronde boonste rand van tannie Olga se imbuia-boekrakkie tot ruste kom. Ek is elke stukkie melodrama wat my geliefde Tretchi ooit geskilder het. Die verwerpte orgidee op die trap, die enkele traandruppel op die roos …

      Toe hou dit op. Die musiek. Ek spits my ore en hoor die voordeur langsaan oopgaan.

      “Hei, jy! Speel nog!” roep ek met natgehuilde lippe. “Ek is nog nie klaar nie!”

      Blykbaar hoor hy my nie. Al wat opklink, is die geluid van die langsaanse hekkie se slot, en ek skreef die gordyn snuiwend opsy.

      Die een wat in die paadjie afstap, is nie ’n klein mannetjie nie. Sy rug is breed in die donker jas en sy stappie is nie dié van ’n ou man nie. En nee, blykbaar lyk hy ook nie soos ou Ivan Rebroff of Vladimir Tretchikoff nie, want toe hy die hekkie agter hom op knip trek en wegstap, sien ek in die straatlamp se lig die skynsel van ’n digte, krullerige blonde poniestert wat onder sy swart keps uitkruip. Nou toe nou. ’n Blonde Rasputin? Nee wat, Thuli praat strooi. En dit werk glad nie vir my nie. Strook mos nou hoegenaamd nie met my idee van hoe ’n Russiese man moet lyk nie.

      Ek vee my oë met my pajamamoue droog, laat sak die gordyn ietwat teleurgesteld en loop kombuis toe. Blonde mans kon my nog nooit lank interesseer nie. Maar ek bekommer my tóg terwyl ek melk opsit vir Milo. Waantoe is die kamtige kunstenaar-man dan nou op pad? Dalk steek daar waarheid in Dricus of Thuli se stories oor die tjoekie of die loony bin. Dit kan tog net kriminele aktiwiteite of waansin wees wat iemand so laat in die koue uitdryf in dié dorp waar daar ná nege niks aangaan nie?

      “Gooi daa’ vir ons ’n knertsie, jong,” piep Naas verward van onder sy kombersie uit, want selfs hy besef hier gaan nie gou weer geslaap word nie. Ek besluit ek stem saam en gebruik die melk vir ’n Ierse koffie met ’n goeie skoot whiskey. Soos Oupa dit voor slaaptyd gedrink het.

      3

      Ek moes omtrent vas geslaap het van die pilletjie wat ek uit moedeloosheid in die nanag afgesluk het, want ek is baie deurmekaar toe ek wakker word. Maar ek weet dadelik iets is fout. Dis hopeloos te stil. Ek gooi die beddegoed van my af en strompel kombuis toe.

      En daar, breed op my kombuistafel, sit die oorsaak van die stilte en my onrus. ’n Yslike swart kat.

      En nee. Hy skarrel nie weg nie. Sit net daar en staar my aan met geelgroen glow-in-the-dark-oë in die oggendskemerte. Nou kyk, ek is erg mal oor katte, maar nie hiérdie lid van die spesie nie. Nee. Hierdie een het kom moeilikheid soek.

      Ek gryp die groot meelsif wat langs die stoof hang en gooi hom daarmee. Met verstommend akrobatiese grasie seil hy tot bo-op die yskas. Die melkbottels klingel gevaarlik, maar hy glip buitentoe – dwarsdeur die diefwering aan die boonste klein venstertjie, wat altyd oopstaan omdat niemand daar kan bykom nie. En terwyl ek hygend en blasend rondsoek vir nog goed om te gooi, raak ek bewus van die feit dat die slaapkombersie halfpad teen Naas se hok af hang.

      Naas!

      Ek sien die deur van die hok hang ook skeef oop. Seker saam met die kombersie uit die hakies losgeruk. Ek is te bang om te kyk.

      Naas?

      Die hok is leeg. Hy is weg. Ek swaai om en begin koorsagtig oral soek. Bo-op die kaste. Nêrens. Dan laer af. Voëlsaad klou aan my voetsole. En ’n paar veertjies. Ag, genade.

      Ek sak neer op my kniekoppe. Wat gaan ek vir oom Heydenrych sê? Die gedierte het Naas klaar opgevreet. Geen wonder hy het my met soveel genoegdoening aangestaar nie. Derduiwel!

      Die gedagte laat my met ’n vaart orent kom en buitentoe storm. Na my buurman se gedeelte toe, want dis sweerlik waarheen die verdomde kat koers gekies het. Ek ruk die hekkie oop en gaan hamer teen die voordeur. My asem jaag en ek maak my reg om hom behoorlik sy fortuin te vertel. Wie het hom verlof gegee om so ’n roofdier aan te hou? Hier reg langs Naas? Sekerlik nie oom Heydenrych nie?

      Ek laat my vuiste weer tamboer teen die hout. Luister ongeduldig. Magtag! Sou die verdomde man dan nog slaap? Ek merk op daar is wel ’n afgeslyte ou koperdeurklokkie in die dik kosyn, en ek druk dit met mening. Dit raas blikkerig binne die huis, maar niks roer daar binne nie. Het die bleddie mal krimineel ooit van sy nagtelike eskapade teruggekom? Ek het niks gehoor nie.

      Ek tree vorentoe om te kyk of ek iets deur die venster kan uitmaak. En daar is hy! Op die vensterbank sit die kat en kyk my aan. Vermakerig so agter die ruit, met