Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey. Charl-Pierre Naudé. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Charl-Pierre Naudé
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Контркультура
Год издания: 0
isbn: 9780624084358
Скачать книгу
ander ras só verskyn nie. Maar bediendes staan buite die bladsy geskryf, dank die Vader. Hulle is uit noodsaak met ons.

      Dirkie steier. Hy hou sy arms nog steeds opgelig, al het die twee vroue onder sy sye uitbeweeg. Siena druk die arms weer af.

      Twee is nodig vir die wasritueel.

      Dirkie waggel met kort, onseker treë en tel sy voete lomperig in die stortkom. ’n Muskusreuk vul die vertrek.

      “Dankie, Siena, dankie, meidjie,” sê Ans meganies. “Sê vir die meidjie sy moet versigtig met hom wees,” praat mevrou met Siena. Altyd mos die tussenganger as jy met die meidjie praat. Sy praat nie reguit met ’n ander mens nie. Dis ’n kondisie, soos meneer Visser die sielkundige Ans ingelig het toe sy gaan raad met die meidjie vra het ’n jaar of wat voordat hy haar seun, ewe vrugteloos, op die plaas kom assesseer het.

      Mevrou tik met haar vingerpunte op die meidjie se skouer om haar punt te beklemtoon. “Sal vir haar sê,” sê Siena.

      Ans verlaat toe die vertrek om langsaan te gaan wag totdat alles voltrek is. Eerste, die meidjie wat haar klere uittrek. Sy knoop haar voorskootriem los en laat die oorkleed op die stoel neer. Dan maak Siena die meidjie se lusknope teen haar rug los en sy is met een klimslag uit die eenstukrok. Daarna kom die twee stukke vergeelde onderklere af. Siena neem die kledingstukke by die meidjie en sit dit saam met die ander goed op die badkamerstoel se hopie.

      In die beginweke van die ritueel, toe Mevrou nog tot aan die einde bygestaan het, het die vroue in onderklere gebad. Maar nou is dinge gemakliker. Die meidjie klim in die ruim stort by Dirkie in. Haar stywe borste tril en as sy trap flits daar kepies in haar bobene en kuite. Haar ribbes lig en sak toe die water haar soos ’n ster tref.

      “In die tye dat ek by die huis was, het ek natuurlik my broer self gewas,” het Alwyn my gesê.

      En toe ontklee Siena haar en klim ook in. Sy was meer geset as die naamlose een, maar eweneens ene spiere. Die meidjie trek die stortgordyn toe. Dirkie had ’n goeie lyf en dié wete was elektries tussen die vroue. Een hou hom vas terwyl die ander een hom inseep.

      “Nee, Mevrou, nie kommer nie,” sê Siena van agter die stortgordyn op ’n vraag wat angstig oor die water se geraas uit die ander vertrek kom. Daar sit Mevrou teen dié tyd op ’n regopstoel, hande in die skoot. Die walms walm al hoe verder uit die badkamer tot by Mevrou.

      Soos die vorige kere werk die meidjie die seep tot ’n skuimpie op en doen eerste wat haar behaag. Sy neem die roede en met lang, egalige hale vryf sy die seep in. Terwyl Siena Dirkie se bolyf was. Sy roede swel uit in ’n newelagtige reaksie op die vroue en die vier palinggladde borste wat teen hom glip. Siena was hom tussen die boude, laat gly die sy van haar hand diep in die keep in en die peniskop wip toe sy met opset druk. Maar niks kan Dirkie bewusteliker laat word nie. Alles wat hy voel, is op ’n ánder plek. In ’n ánder stortbad. In sy ander lewe.

      Oor hierdie ander lewe sou ek weldra, God behoede, meer van uitvind in Maria se dagboek.

      Siena voel hoe spuit die taai stof in slierte teen haar. Die meidjie bly die peniskop hard en egalig druk sodat sliert ná sliert spuit. Sy voel hoe beland ’n spatsel op haar wang toe sy afbuk om die seep op te tel.

      Sy druk met ’n plathand teen die waai van Dirkie se rug om te keer dat hy gly. Siena het haar een knie hoog opgetel en sy hou haar bobeen teen Dirkie toe dit lyk of hy sy balans verloor en vooroor wil val. Die uitdrukking in sy oë was so blind soos die walms. Wildeganse was daarin, wat opvlie in die mis. Só het Siena dit aan my beskryf. Siena weet Dirkie is “elders”. “Vandaar ons vrypostigheid, Meneer.”

      Die meidjie druk die laaste druppels uit die penis. En net toe sy dink sy is klaar, skiet ’n laaste sterk straal twee of drie keer tussen haar vingers deur.

      Daarna was sy Dirkie se hare. En sy lyf. Die detail waarmee Siena vertel het, al was sy nou ’n meer bejaarde vrou, het my nie ontgaan nie. Sy had ’n talent vir weef.

      “Kom julle reg?” vra Mevrou uit die aangrensende kamer.

      “Ja, mevrou,” antwoord Siena. Dirkie se roede het nou slap gehang en die vroue besluit om hulself ’n laaste maal te laat geld. Siena druk ’n middelvinger glad en soepel in sy anus op. Hy gee ’n sagte kreet, gedemp deur die gedreun van die stort. Die roede was oombliklik weer styf en die emaljewit strale skiet vir ’n laaste keer twee of drie maal uit. Dirkie se lieste ruk en hulle hou hom met inspanning staande.

      Ek het die twee natuurlik uitgelok om in te klee, namate hulle op hul gemak geraak het. Die meidjie het nog steeds haar aanwendsel gehad. Praat net met Siena. Kyk nie in my rigting nie, maar die woorde torring in ’n stroom los.

      En só het hulle elke dag gemaak, die modderkleurige plaaswerf-Venusse in die wit stortskulp. Sonder om daaroor te praat, selfs nie met mekaar nie. Behalwe jare daarna, met oom Willempie. Omdat dit so verbode is, was die daad vanselfsprekend as niemand gekyk het nie.

      Siena draai die stortkop se gieterende stroom toe. Die wêreld is herrese en skoon. ’n Dag uit Genesis, eerstehands. En ook onmiddellik vergete, soos álle eerste of tweede of derde dae.

      Toe hulle die stortgordyn ooptrek, staan Mevrou met die skoon gestrykte pakkie slaapklere in haar arms en wag met ’n stram glimlag. Sy het intussen by die badkamer ingekom. Die feit dat hulle, die bruin vroue nou voor haar, Mevrou, sonder ’n draad klere aan gestaan het, het die mevrou nie gepla nie.

      “Want ons is maar skepsels, Meneer weet mos.”

      * * *

      “Jy praat nou oor ’n ding,” het Alwyn gesê toe ek hom oor hierdie insidente pols. Ek wou dubbel seker maak daarvan, en het die onderwerp ter sprake gebring.

      “Ek kon dit nooit bewys nie,” het Alwyn vertel. “Daar was wel dingetjies wat hy kwytgeraak het, wat my laat wonder het. Ek moet eerlik wees, dingetjies wat my gegooi het. Maar ek het die saak daar gelaat. Om dit weer op te haal, om bewyse te kry vir my vermoedens, sou eindelose gevolge gehad het.

      “En soms dink ek: het hulle dit nie dalk goed bedoel nie? As jy weet wat ek bedoel …”

      * * *

      Van waar ek nou skryf, in die middel jare tagtig, met die bladsye van Maria se dagboek oop hier langs my, is ek seker dat beskrywings daarin hul eweknieë in die alledaagse bestaan moes gehad het.

      Ek het altyd gewonder hoe die weerspieëling van hierdie stortbad-insidente waarvan oom Willempie vertel het, vir Maria sou gelyk het, of sy daaroor sou geskryf het in die verdwene dagboek waarvan ek te hore gekom het.

      En toe ek dit twee jaar nadat ek die storie gehoor het, te lese kry in die hergevonde dagboek, gedurende die koeler maande van 1978, sou dit my soos ’n weerligstraal tref: die vermoede oor dieselfde lewens wat in meer as een plek afspeel, die ewekniegebeurtenisse.

      Dié reis in April 1983 na Brandplaas het baie dinge vir my bevestig.

      * * *

      “Dankie,” het mevrou Verwey aan die twee vroue gesê omdat hulle haar seun gewas het.

      “Dankie,” het sy gesê toe sy uiteindelik voor Reent staan. Niemand kon sê hoe oud Reent was nie. Reent was gelyktydig agtien én sewentig. Miskien is sy vandag sowel veertien as tagtig.

      Reent was een van oom Willempie se verbintenisse, ’n medisynevrou, ’n toorvrou, soos sommiges haar sal noem. Dit was ’n erg gekwelde tyd vir Ans, en mens kan haar besoek verstaan. Oom Willempie het my vertel dat sy raad gaan soek het vir haar verwardheid oor Dirkie, en dat dit nie die eerste keer was wat sy Reent besoek het nie.

      Ans was ’n Christen-vrou, maar soms, as die geluk so tref, het die geskeide wêrelde van die land oorvleuel. Net soos die dimensies. Die eerste besoek was etlike jare voor die belangrike opvolgbesoek waaroor ek verderaan skryf.

      Reent se vel het vir Ans soepelsag en glansend gelyk. Die pikswart hare het in dungedraaide kurktrekkervlegsels tot aan haar boude gehang. Ans kon die vet in haar hare ruik. Reent was klein, maar haar kurwes het vol in die donker gedein. Sy het soos ’n jagluiperd geloop. Die skinder in die lokasie was dat Reent met ’n jongetjie