Die volgende Sondagoggend kry Siesie Lena vir Flippus en Bet by die boom. En nou? vra sy.
Bet was eerste om te vertel wat haar ounooi gesê het toe sy haar loon vra: Ons het klaar jou ma gebetaal, en jy is gelukkig om ’n dom kaffir vir ’n man te kry. Vat jou goed en loop na hom toe!
Toe het ek my goed in die kombers toegerol, die vel en ander gemors net so gelos en hier kom sit en wag vir julle.
Flippus het vertel dat hy eers die waterkar gebêre en die perd versorg het voor hy die oubaas gaan sê het sy werk is klaar.
Dan moet jy jou maar gaan was en vir jou kos wag soos altyd.
Nee, my Oubaas, ek wil loop, het ek gesê. Gee my asseblief my geld waarvoor ek al die jare gewerk het.
Toe bly Oom Flip stil, diep ingedagte maar sonder dat hy dink.
Wat het jou oubaas gesê? wou Bet weet. Die trane het uit sy oë begin drup.
Hy het gesê: Loop, jou sleg kaffir! En hy het my weggejaag asof ek die buurman se hond is.
Bet het sy trane met die handdoek afgedroog en gesê: Sy dag sal kom, Ouman.
My mêram het glads vir my padkos gegee, het Siesie Lena gespog.
Sy het ook twee swaar trommels by haar gehad. Met die een het sy aangekom en die ander het haar mêram haar gegee toe sy sien haar goed is te veel vir die een trommel.
Janman het met al sy besittings in sy kombers toegerol daar aangekom. So ook Jakob Kierie. Oom Flip het twee komberse en ’n knapsak van rouleer gehad met ’n platriem om dit oor sy skouer te dra. Dit was ’n taamlike groot sak en hy het die riem altyd oor sy skouer gehaak gehou. Dit het vir Jakob Kierie laat dink die klippe is in die sak.
Oom Neels het my dié sak gegee toe hy by die Oubaas weg is, het Flippus vertel en met sy hand daarop geklop.
Toe sê Siesie Lena vir Bet: Kom ons twee vroumense gaan gooi water weg. Hulle het agter ’n bossie gaan hurk. Toe hulle terugkom, sê Siesie: Bet, laat my die klippe hou.
Maar Bet antwoord: Siesie, ek sal hulle gee as ons hulle by Barkly-Wes verkoop. As net ons vier saam is.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.