Met liefde wat saamgaan en ander stories. Annalise Wiid. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Annalise Wiid
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796320254
Скачать книгу
jy ’n CD?” vra mense my dikwels. Ek antwoord gewoonlik: “Op honderd-en-een maniere.” Want CD-maak is baie soos dans, en dans … wel, dans is ’n versamelwoord. Dit omarm ploeter en plesier, sowel as professioneel. Jy kry toekatyd se skoffel in die plaasskuur met stof en strooibale. En jy kry deesdae se bondelstaan waar lywe losweg heen en weer wieg met die arms wat swaai. Jy kry krom vooroorskouertjies wat met knak-knieë en ’n doellyn-kyk in die oë om en om aan die buitekant van die baan motor. Jy kry swierige, smeulende glipgladde glyers. Jy kry ongemaklike stram laaistokke. Jy kry slap jelliebene.

      Skud en skommel. Ruk en rol. Sommige is ongekunsteld. Sommige is elegant. Jy kry ontspanners. En jy kry inspanners. Jy kry live bands. Jy kry elektroniese geblikte DJ-musiek. Sakkie-sakkie, twist, samba, tango. Ag, eintlik dans elke ou maar op sy eie wysie.

      Vir my is songs skryf soos swangerskap. Iets groei oor ’n lang tyd in jou. Op ’n dag skop ’n gedagte, ’n paar mooi woorde, ’n melodielyntjie skielik hier binne jou. Jy voed en beskerm dit met jou tyd en aandag. Met ure voor die klavier of agter die kitaar. Met die mildelikheid van woordeboeke, gebede en vrye-teuels verbeelding. Mettertyd kry die lied lyf. Kry dit gesig en karakter. Word woorde en wysie één. En jy weet: jy is deel van die skeppingsproses. Jy is broeiplek en kanaal. Maar lewe, dit wat uit jou gebore word om op sy eie te kan staan, bly ’n wonderwerk. Jy verstom jou, want jy besef: jy word gevorm, verryk en selfs ook verander deur dit wat in jou gevorm word.

      Dan bel jy op ’n waaghalsige dag jou vriend, die Verwerker. Begaafde musikant. Vertroueling. En jy sê die hartstoppende, wildkloppende vryval woorde: “Ek wil weer opneem.”

      Julle sit koppe bymekaar oor tempo en trant. Watter instrumente gaan die beste werk by watter song. Hierdie song smeek vir kitare, daai een kry beslis klavier. Wat van viool by die blommelied? En vir die verlanglied dalk daardie klein traporreltjie met die treurige hees stemmetjie. Die een song kán nie sonder tromme nie. ’n Ander een móét eenvoudig agtergrondstemme ook hê.

      Ná al die vooraf beplanning stap jy die ateljee baie opgewonde en ’n bietjie benoud binne. Wat in jou gegroei het, gaan uiteindelik gebore word. En dáár, met die eerste suiwer noot, oorspoel ’n onbeskryflike lekkerte jou. Jy drink uit ’n feëfontein wat nóú sjokolade, netnou sjampanje, nóú koffie, netnou karamel spuit. Bietjie vir bietjie, laag op laag kry die songs gestalte. Alles word nie sommer gelyk opgeneem nie. Eers die basisinstrument wat die lied gaan dra. Dan die stem. Daarna die ander instrumente wat aanvul en inkleur. Die man met die viool toor ragfyn spinsuikerdraadjies uit die wonderfontein. ’n Vrou se warm Afrika-stem pols gesmelte goud soos lawa daaruit. Die bekwame tromspeler laat skiet vrolike perkussie soos popcorn en sherbet-borrels. Die klavier ritsel blink rivierlopies, die kitare kabbel heuningwyn.

      Ons vang al die fonteinklanke sorgvuldig op. Meng dit noukeurig en geduldig totdat elke noot en nuanse volkome gemaklik voel met mekaar. Kies ’n boeiende titel; ontwerp ’n treffende omslag – amper soos ’n baba wat ’n mooi-in-die-mond-naam kry. En die kordaatste babygrow waarop jy jou hande kan lê.

      Hoe maak jy ’n CD? Net soos jy leef: Jy omhels wat vir jou gegee word. Jy eien en ontgin, bewerk en koester alles. En só word jy weer op jou beurt ’n gawe, ’n geskenk aan jou Skepper en sy skepping terwyl jy eenvoudig, dankbaar en onbevange op jou eie wysie dans.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4Rz6RXhpZgAATU0AKgAAAAgADAEAAAMAAAABBhYAAAEBAAMAAAABCTAAAAECAAMAAAADAAAA ngEGAAMAAAABAAIAAAESAAMAAAABAAEAAAEVAAMAAAABAAMAAAEaAAUAAAABAAAApAEbAAUAAAAB AAAArAEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAmAAAAtAEyAAIAAAAUAAAA2odpAAQAAAABAAAA8AAAASgA CAAIAAgALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTUuNSAoTWFjaW50b3No KQAyMDE2OjA5OjI2IDEwOjQyOjU4AAAAAASQAAAHAAAABDAyMjGgAQADAAAAAQABAACgAgAEAAAA AQAABkCgAwAEAAAAAQAACgAAAAAAAAAABgEDAAMAAAABAAYAAAEaAAUAAAABAAABdgEbAAUAAAAB AAABfgEoAAMAAAABAAIAAAIBAAQAAAABAAABhgICAAQAAAABAAAbbAAAAAAAAABIAAAAAQAAAEgA AAAB/9j/7QAMQWRvYmVfQ00AAf/uAA5BZG9iZQBkgAAAAAH/2wCEAAwICAgJCAwJCQwRCwoLERUP DAwPFRgTExUTExgRDAwMDAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwBDQsLDQ4NEA4O EBQODg4UFA4ODg4UEQwMDAwMEREMDAwMDAwRDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDP/A ABEIAKAAZAMBIgACEQEDEQH/3QAEAAf/xAE/AAABBQEBAQEBAQAAAAAAAAADAAECBAUGBwgJCgsB AAEFAQEBAQEBAAAAAAAAAAEAAgMEBQYHCAkKCxAAAQQBAwIEAgUHBggFAwwzAQACEQMEIRIxBUFR YRMicYEyBhSRobFCIyQVUsFiMzRygtFDByWSU/Dh8WNzNRaisoMmRJNUZEXCo3Q2F9JV4mXys4TD 03Xj80YnlKSFtJXE1OT0pbXF1eX1VmZ2hpamtsbW5vY3R1dnd4eXp7fH1+f3EQACAgECBAQDBAUG BwcGBTUBAAIRAyExEgRBUWFxIhMFMoGRFKGxQiPBUtHwMyRi4XKCkkNTFWNzNPElBhaisoMHJjXC 0kSTVKMXZEVVNnRl4vKzhMPTdePzRpSkhbSVxNTk9KW1xdXl9VZmdoaWprbG1ub2JzdHV2d3h5en t8f/2gAMAwEAAhEDEQA/AO0eCSoitx+Mq16YPbsnFSmtipBXTA+aKKgBwp0Gu2ttlL22sdqx7CHN cP5Lm+1yKAHAlpDgDBIIOv7uiFp4asEbbtf0dfuRRWo25WPTYypxLrLHbGtbBh211rGP1/R+q1v6 JRwM/GzGVhh2XPr9U0u1IG70n+9v6N+x/wC7/wAH/pE3jF1bJ7M+Hj4Tw9/P/wBFZCoKba0OvKe/ N